Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -35 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Middelburg

Noel

Sun, 03/02/2019 - 11:07

Goeie more maters. Sien karoo en klein karoo het reen gekry. Baie dankbaar en mag dit nog meer reen bring om damme op te vul. Heerlike rustige dag vir almal 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 03/02/2019 - 13:00

Goeie middag mense, vandag is vir my 'n heerlike dag.

My dogter het haar derde graad gevang, ons het die plegtigheid op "live streaming" gevolg, die Karoo het goeie reen gekry, en dit is lekker bewolk en koel hier, EN ek sleep Vrydag oggend Eastco Magalies toe.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 04/02/2019 - 05:17

Goeie môre almal.

Lekker gereen vanoggend. sien die pad is nat tot hier in Kempton.

Tee gemaak en koffie aan die gang.

Lekker week vir elkeen

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 04/02/2019 - 06:17

...... hier vanuit Shingwedzi (waar dit selfs vanoggend nog warm is). Ons begin vandag suidwaarts keer na die beskawing daar aan die suidepunt van Suid-Afrika. Maar ons neem met 'n swaar hart afskeid van hierdie deel van ons mooi land. Mik vir Dullstroom vanaand, waar dit hopelik 'n bietjie lafenis sal bring van die afgelope paar dae se erge hitte.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 04/02/2019 - 06:19

Goeiemôre!   Ek Bid 'n heerlike vrugtevolle en geseënde week toe aan almal wat hier oppie kampforum kuier!

My ouers is weg, maar, weens onbeplande dinge bly hulle nog 'n week en is nou by my pa se broer tot Vrydag en dan kom hulle darem weer hier aan vir die komende naweek.

Ek moet vandag bevestig of ek volgende week in Vietnam moet wees en dan my vlugte en Visa reël - die week daarna is uit vir reis, want dan is dit die Sionbergh buitelug skou! smiley

Groete!

Anton

 

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 04/02/2019 - 06:48

Stil naaweek gehad, reen af-en-toe het my camp-goed projekte (ek't soo paar van hulle anni go) bellemmer,

Came into our dead end after dog training yesterday, and standing on the corner was a car advertising "sewing machine mechanic"..... Now I've been searching high & low to find somebody to sort out the timing on that Husquerverna that I picked up at the rubbish dump, since I found a bobbin that works in the shuttle....

Can you believe..... searching the net / everywhere..... coulden't find a goast of a sewing machine repair person, and one comes right into our dead-end street.

Husquerverna's one of the very best of sewing machines money can buy.... bet a pound to a shilling I'll be able to sew medium canvas with that...

Skoondogter weer terug by die huis maar dit voel soos n rekkie wat tot sy uiterste getrek is....

ons sal maar sien.

Sewing machine as I got it, all closed up in the tassie. "Shopkeeper" did not know what was inside, but I paid him something like R10 for the tassie. It's complete with all the tools / platten and feet.

 

]\'[''p]pp

kipil

0
Alberton
Profile picture for user Tuinslang

Tuinslang

Mon, 04/02/2019 - 06:50

lekke dag span

Voel soos ‘n aap vandag.  

Gister bietjie te veel gevat nadat ons die krieket gewen  en Thor vir Captain America geboelie het.  Gevolg is dat ek die groote van my Zulu se slaapplek bietjie misjudge het en nou sit die man net krap merke op die linker bumper

Sal maar moet gaan hoor wat dit my gaan kos om reg te maak 😢😢

Wonderlike dag vir almal

 

 

0

Ja ja dag tog maar....heerlike week vir almal toegewens

Oom Chris, veilig reis en geniet ten volle! 

Ai ou hosepipe, lawaai sap en bestuur gaan mos nie saam nie hoor......

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 04/02/2019 - 07:09

Vandag pure winter weer.   Toegetrek en so sagte misreentjie, te lekker. Gistermiddag weer lekker gereen, 26mm, nou staan ons op 48mm vanaf Saterdag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus