Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... November 2026 Wessel Strydom -57 minutes ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -9 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
NB. Dit sal dalk nodig wees… November 2026 Johann L -1 day ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 04/02/2019 - 07:19

Lekker gereen gister aand. So amper 30mm.

Ai Tuinslag, nie lekker nie. Jy weet mos. smiley

Geniet julle dag en wees veilig.

0

Baie bly vir julle ouens daar in die Klein-Karoo!

Vandag pure winter weer.   Toegetrek en so sagte misreentjie, te lekker. Gistermiddag weer lekker gereen, 26mm, nou staan ons op 48mm vanaf Saterdag.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 04/02/2019 - 10:17

Goeie môre Suid-Afrika !

Baie bly vir die heerlike reën wat oral geval het  -  ongelukkig nie een druppel hier by ons nie, maar ons beurt sal ook eendag kom.

Vir die slapeloses onder ons :-

In gister se Rapport se bylae (bl.16) is daar 'n artikel oor slapeloosheid.  Onder andere sê die artikel :-

  • Te min slaap veroorsaak dat jou kognitiewe en fisieke denke dieselfde is as 'n persoon wat wetlik dronk is !
  • Volwassenes benodig minstens 8 uur slaap elke 24 uur om optimaal te funksioneer.  Met minder as dit slaap verneuk jy jouself om te dink jy funksioneer optimaal
  • Moenies : slaappille, oefening saans (draf en gym);  elektroniese middele saans (selfone, tablette,TV) sal jou brein so stimuleer dat jy nie kan slaap nie;   kaffeïen drankies bnnie 5 uur voor slapenstyd;  groot maatye voor slapenstyd;  alkohol kort voor slapenstyd
0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 04/02/2019 - 11:25

Moenies :

 kaffeïen drankies bnnie 5 uur voor slapenstyd

Dit laat my nou dink aan 'n man wat nuwejaars voorneme gemaak het:

Hy gaan ophou drank drink

Hy gaan ophou rook.

Hy gaan nie meer meisies uitvat in die aande nie.

Sê hy toe vir homself:"Hierdie gaan nie 'n lekker jaar wees nie"

Ek drink soms koffie 10 minute voor ek gaan slaap en slaap dan vas vir tenminste 4 ure

0

......darem min dinge wat so mooi is as reen tydens 'n droogte. Omdat die Klein- en Groot Karoo vir my so na aan die hart lê, is ek sommer saam met julle bly.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 04/02/2019 - 21:32

Die hofsaak:  Die verhoordatums is vasgestel in Mei.  Die landdros het gewaarsku dat dit dan finaal afgehandel sal word.

Voories, dit gaan goed met ons 2tjies.laugh   Ons leef nog en is nog lief vir mekaar.wink  Ons is tans besig met 'n baie groot uitdaging in ons lewe, nie maklik nie, maar ons is goed op dreef en byt vas.  Miskien vertel ek anderdag daaroor.smiley

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 05/02/2019 - 05:13

Goeie more almal.

Sit reeds met 'n beker tee voor my. Die koffie is ook aan die gang. Sal nou nou kan skink.

Antie, glo dat die hofsaak nou einde se kant toe staan.

Lekker dag vir elkeen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus