Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Gistermiddag weer lekker…
Gistermiddag weer lekker gereen, 26mm, nou staan ons op 48mm vanaf Saterdag.
So bly vir julle.
Baie bly vir julle ouens…
Baie bly vir julle ouens daar in die Klein-Karoo!
Vandag pure winter weer. Toegetrek en so sagte misreentjie, te lekker. Gistermiddag weer lekker gereen, 26mm, nou staan ons op 48mm vanaf Saterdag.
Hartlike goeie môre vir…
Hartlike goeie môre vir almal, hoop die dag en week wat voorlê is vol vreugde en seëninge. Gaan voluit en geniet elke oomblik.
GM !
Goeie môre Suid-Afrika !
Baie bly vir die heerlike reën wat oral geval het - ongelukkig nie een druppel hier by ons nie, maar ons beurt sal ook eendag kom.
Vir die slapeloses onder ons :-
In gister se Rapport se bylae (bl.16) is daar 'n artikel oor slapeloosheid. Onder andere sê die artikel :-
- Te min slaap veroorsaak dat jou kognitiewe en fisieke denke dieselfde is as 'n persoon wat wetlik dronk is !
- Volwassenes benodig minstens 8 uur slaap elke 24 uur om optimaal te funksioneer. Met minder as dit slaap verneuk jy jouself om te dink jy funksioneer optimaal
- Moenies : slaappille, oefening saans (draf en gym); elektroniese middele saans (selfone, tablette,TV) sal jou brein so stimuleer dat jy nie kan slaap nie; kaffeïen drankies bnnie 5 uur voor slapenstyd; groot maatye voor slapenstyd; alkohol kort voor slapenstyd
Dankie vir hierdie. Ek kan…
Dankie vir hierdie. Ek kan nou sien hoekom ek sukkel met slaap.
Wanneer lewe jy as jy nie sekere dinge kan doen voor slapenstyd![]()
Moenies : kaffeïen…
Moenies :
kaffeïen drankies bnnie 5 uur voor slapenstyd
Dit laat my nou dink aan 'n man wat nuwejaars voorneme gemaak het:
Hy gaan ophou drank drink
Hy gaan ophou rook.
Hy gaan nie meer meisies uitvat in die aande nie.
Sê hy toe vir homself:"Hierdie gaan nie 'n lekker jaar wees nie"
Ek drink soms koffie 10 minute voor ek gaan slaap en slaap dan vas vir tenminste 4 ure
En daar reen dit, 50mm vir…
En daar reen dit, 50mm vir die naweek.

Hier is reen so skaars, ons neem maar n foto, weet nie waneer dit weer kom nie.![]()
Jou gras is tog mooi groen…
Jou gras is tog mooi groen tenspyte van die droogte.
Herman, ons is saam met jou…
Herman, ons is saam met jou opgewonde vir die reen, hier in Vaalpark is dit ook maar skaars, maar dir omgewing se boere kry darrm baie meer.
Goeiemiddag almal. Ek hoop…
Goeiemiddag almal. Ek hoop dit gaan goed met julle.
Antie, ek kan nie mooi…
Antie, ek kan nie mooi onthou nie. Is die hof stories nou klaar ? Hoe gaan dit met die Uncle ?
Ek hoop dit gaan goed met…
Ek hoop dit gaan goed met julle.
Goeienaand Freda. Dit gaan goed dankie. En daar met julle 2tjies?
Willem & Voories
Die hofsaak: Die verhoordatums is vasgestel in Mei. Die landdros het gewaarsku dat dit dan finaal afgehandel sal word.
Voories, dit gaan goed met ons 2tjies.
Ons leef nog en is nog lief vir mekaar.
Ons is tans besig met 'n baie groot uitdaging in ons lewe, nie maklik nie, maar ons is goed op dreef en byt vas. Miskien vertel ek anderdag daaroor.![]()
Goeie more almal. Sit reeds…
Goeie more almal.
Sit reeds met 'n beker tee voor my. Die koffie is ook aan die gang. Sal nou nou kan skink.
Antie, glo dat die hofsaak nou einde se kant toe staan.
Lekker dag vir elkeen





More almal
Lekker gereen gister aand. So amper 30mm.
Ai Tuinslag, nie lekker nie. Jy weet mos.
Geniet julle dag en wees veilig.