Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -4 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Waar stem ek op stemdag as ek met vakansie is ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Ek was verkeerdelik onder die indruk dat ek in my woonarea MOET stem.

Ek is op stemdag, 8 Mei 2019 oppad Kruger Wildtuin toe  -  trouens, dis die dag net voor ons by Phalborwa-hek van die Wildtuin ingaan en ons oornag by Forever Resorts Safari, Phalaborwa.

Al woon ek in die Wes-Kaap, kan ek op enige plek in die land deelneem aan die nasionale verkiesing, maar ongelukkig nie aan die provinsiale verkiesing nie.  Volgens die Electoral Commission of South Africa se webblad kan ek met my i/d by enige stemlokaal aanmeld wat dan rekenaarmatig sal kontroleer of ek in my tuisdorp op die verkiesingsrol geregistreer is.  Indien in orde, moet ek ook 'n vorm VEC4 voltooi en sal dan van 'n stembrief vir die nasionale verkiesing voorsien word. Daarna stem ek op die gewone manier.

Ek wil graag my demokratiese reg uitoefen en is bly dit word nie deur my vakansieplanne omver gewerp nie.  Ek gaan dus op stemdag in Phalaborwa stem.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 20/02/2019 - 21:19

Ek gaan tog op 'n lekkerder plek as jy stem - Punda Maria

Toe ons nou onlangs in die wildtuin was, was dit die laaste naweek van algemene kiesersregistrasie. In Letaba sowel as Olifants het ons kiesers-registrasielokale gesien. Ja -jammer dat ons nie provinsiaal sal kan stem nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 21/02/2019 - 12:56

..............beslis gaan jy op 'n lekkerder plek as ek stem !

OnsWes-Kapenaars hoef darem nie te sleg te voel omdat ons nie kan stem nie want ons provinsie is darem in redelike goeie hande !

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 21/02/2019 - 13:02

Dankie vir die inligting oom Len

Ons is ook op vakansie in Natal op stemdag en gaan dit ook doen. Het die vakansie bespreek en betaal voor die stemdag datum aangekondig was

 

Groetnis

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus