Ek was verkeerdelik onder die indruk dat ek in my woonarea MOET stem.
Ek is op stemdag, 8 Mei 2019 oppad Kruger Wildtuin toe - trouens, dis die dag net voor ons by Phalborwa-hek van die Wildtuin ingaan en ons oornag by Forever Resorts Safari, Phalaborwa.
Al woon ek in die Wes-Kaap, kan ek op enige plek in die land deelneem aan die nasionale verkiesing, maar ongelukkig nie aan die provinsiale verkiesing nie. Volgens die Electoral Commission of South Africa se webblad kan ek met my i/d by enige stemlokaal aanmeld wat dan rekenaarmatig sal kontroleer of ek in my tuisdorp op die verkiesingsrol geregistreer is. Indien in orde, moet ek ook 'n vorm VEC4 voltooi en sal dan van 'n stembrief vir die nasionale verkiesing voorsien word. Daarna stem ek op die gewone manier.
Ek wil graag my demokratiese reg uitoefen en is bly dit word nie deur my vakansieplanne omver gewerp nie. Ek gaan dus op stemdag in Phalaborwa stem.
Dankie vir die inligting oom…
Dankie vir die inligting oom Len
Ons is ook op vakansie in Natal op stemdag en gaan dit ook doen. Het die vakansie bespreek en betaal voor die stemdag datum aangekondig was
Groetnis





Ek gaan tog op 'n lekkerder…
Ek gaan tog op 'n lekkerder plek as jy stem - Punda Maria
Toe ons nou onlangs in die wildtuin was, was dit die laaste naweek van algemene kiesersregistrasie. In Letaba sowel as Olifants het ons kiesers-registrasielokale gesien. Ja -jammer dat ons nie provinsiaal sal kan stem nie.