Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Hallo Almal November 2026 Goeie Hout -10 hours ago
eendag was daar 3 rampokkers/kaartmanetjies November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Februarie 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre medekampers.

Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.

Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.

Lekker dag en naweek vir elkeen.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 23/02/2019 - 08:42

More my aunty en al die ander mooi mense, ok more aan oom Arie en oom Warren ook. smiley. Liewe vet, hy het daai baber gesoen. cheeky

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 24/02/2019 - 04:44

Goeie more Kampforumiete.

Almal by Sionberg, pak maar rustig op en ry veilig huis toe. Dit was n rustige tydjie gewees.

Lekker dag  ir ieder en elk

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 24/02/2019 - 06:11

Ek hoop almal gaan 'n rustige Sondag geniet.

Die saamtrekkers by SionBergh moet lekker oppak en veilig terugry huis toe.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 24/02/2019 - 06:55

Goeie môre almal, rustige dag vir elkeen.

Die saamtrek was 'n groot sukses, gisteraand leker saam gebraai, vandag se op pak  - niemand lyk of hulle haastig is nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 24/02/2019 - 07:07

Geniet julle dag.

Die wat terug reis na julle kamp naweek, veilig ry

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 25/02/2019 - 04:08

Goeie more Noddy en ook die ander wat hier lees.

Die laaste week van die tweede maand van die jaar het weer aan gebreek. Mag elkeen n lekker dag en week geniet

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 25/02/2019 - 06:30

Bly almal het lekker gekamp.

Antie kan nou nog nie glo hoe jou naweek verloop het nie.

Dit is nou die 4 de keer in 48 ure wat ons krag af is.

Vrydag/saterdag was dit af vir 8 ure en my 24V battery laaier op my battery pak het gegroet met die aan kom. Is nou besig om ou kar bande op te hoop vir aksie.

Geniet julle dag en wees veilig

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 25/02/2019 - 06:43

Goeiemôre almal!   Julle moet 'n lekker week hé!!  smiley

My gesig is rooi en my neus besig om af te dop van al die lekker son wat ek die naweek gekry het. Dit was nou lekker om al die mense te sien.   Bekendes weer te kan sien en dan al die nuwe gesigte waarmee ek kon blad skud!

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/02/2019 - 07:12

Goeie môre kampforum, lekker dag vir elkeen, laaste par dae van Februarie, waar gaan tyd heen.

Harry, daar moet groot fout wees dat julle so baie sukkel met krag toevoer, beurt krag is mos weer gestop want eskom het glo verhoging en 'n redings boei van ons belasting geld gekry.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 25/02/2019 - 07:24

Hier begin ons met 'n nuwe week.   Ek hoop dit gaan 'n goeie een wees vir almal en geniet julle Maandag.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/02/2019 - 09:01

Goeie môre Kampforum !

Ek moet erken, ek is stom verbaas : Nie eers een persoon het gereageer op 'n baie goed voel, trots op ons Suid-Afrikaners, dramatiese storie wat ek onder die draad "Kruger Wildtuin Redding" geplaas het nie.

Miskien maar tog my eie skuld  -  heeltemal te veel Wildtuin-stories van my kant af.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/02/2019 - 09:19

Môre sê Kampforum.

Len ek dink die wat gaan kamphet het nog baie om op te vang want ek het geen opvang of tyd gehad om daar aandag aan die Kampforum te geen nie.  Jy was 'n ruk lank skaars en nou is jy haastig wink

Geniet jou dag vol uit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 25/02/2019 - 12:01

Nie eers een persoon het gereageer op 'n baie goed voel, trots op ons Suid-Afrikaners, dramatiesestorie wat ek onder die draad "Kruger Wildtuin Redding" geplaas het nie

Ek sien nou hierdie net nadat ek wel gereageer het. Het juis die hele bydrae netnou vir Ralie gelees. Ek het vroeër oor die voorval verneem. Nie een van ons twee kan amper glo dat die Sabledam só vol kan raak nie.

Jammer vir die laat reaksie. wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus