Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Goeie more almal. Julle moet…
Goeie more almal. Julle moet julle dag geniet.
Oom Warren moet maar…
Oom Warren moet maar soentjies inkry waar hy kan.
Haai shame, sê vir hom ek…
Haai shame, sê vir hom ek stuur 'n soentjie!!![]()
Goeie more Kampforumiete. …
Goeie more Kampforumiete.
Almal by Sionberg, pak maar rustig op en ry veilig huis toe. Dit was n rustige tydjie gewees.
Lekker dag ir ieder en elk
Goeiemôre maters! Lekker dag…
Goeiemôre maters! Lekker dag vir julle ![]()
Goeie môre almal, rustige…
Goeie môre almal, rustige dag vir elkeen.
Die saamtrek was 'n groot sukses, gisteraand leker saam gebraai, vandag se op pak - niemand lyk of hulle haastig is nie.
More almal
Geniet julle dag.
Die wat terug reis na julle kamp naweek, veilig ry
More more almal. Ek glo…
More more almal.
Ek glo almal het `n wonderlike naweek gehad.
Mag julle `n verwoede week hê
Goeie more Noddy en ook die…
Goeie more Noddy en ook die ander wat hier lees.
Die laaste week van die tweede maand van die jaar het weer aan gebreek. Mag elkeen n lekker dag en week geniet
Goeie môre almal. Ek vertrou…
Goeie môre almal. Ek vertrou julle het wonderlike naweek gehad. Geniet die dag en week wat voorlê.
More Almal
Bly almal het lekker gekamp.
Antie kan nou nog nie glo hoe jou naweek verloop het nie.
Dit is nou die 4 de keer in 48 ure wat ons krag af is.
Vrydag/saterdag was dit af vir 8 ure en my 24V battery laaier op my battery pak het gegroet met die aan kom. Is nou besig om ou kar bande op te hoop vir aksie.
Geniet julle dag en wees veilig
Goeiemôre almal! Julle…
Goeiemôre almal! Julle moet 'n lekker week hé!! ![]()
My gesig is rooi en my neus besig om af te dop van al die lekker son wat ek die naweek gekry het. Dit was nou lekker om al die mense te sien. Bekendes weer te kan sien en dan al die nuwe gesigte waarmee ek kon blad skud!
Goeie môre kampforum, lekker…
Goeie môre kampforum, lekker dag vir elkeen, laaste par dae van Februarie, waar gaan tyd heen.
Harry, daar moet groot fout wees dat julle so baie sukkel met krag toevoer, beurt krag is mos weer gestop want eskom het glo verhoging en 'n redings boei van ons belasting geld gekry.
Môre almal
Hier begin ons met 'n nuwe week. Ek hoop dit gaan 'n goeie een wees vir almal en geniet julle Maandag.
GM
Goeie môre Kampforum !
Ek moet erken, ek is stom verbaas : Nie eers een persoon het gereageer op 'n baie goed voel, trots op ons Suid-Afrikaners, dramatiese storie wat ek onder die draad "Kruger Wildtuin Redding" geplaas het nie.
Miskien maar tog my eie skuld - heeltemal te veel Wildtuin-stories van my kant af.
Môre sê Kampforum.Len ek…
Môre sê Kampforum.
Len ek dink die wat gaan kamphet het nog baie om op te vang want ek het geen opvang of tyd gehad om daar aandag aan die Kampforum te geen nie. Jy was 'n ruk lank skaars en nou is jy haastig ![]()
Geniet jou dag vol uit.
Len...
Nie eers een persoon het gereageer op 'n baie goed voel, trots op ons Suid-Afrikaners, dramatiesestorie wat ek onder die draad "Kruger Wildtuin Redding" geplaas het nie
Ek sien nou hierdie net nadat ek wel gereageer het. Het juis die hele bydrae netnou vir Ralie gelees. Ek het vroeër oor die voorval verneem. Nie een van ons twee kan amper glo dat die Sabledam só vol kan raak nie.
Jammer vir die laat reaksie. ![]()





More my aunty en al die…
More my aunty en al die ander mooi mense, ok more aan oom Arie en oom Warren ook.
. Liewe vet, hy het daai baber gesoen. 