Goeie môre medekampers.
Kan amper nie glo dat dit al Februarie is nie. Die tyd snel nou vinnig verby.
Dit lyk my klaasvakie se sand werk ook nie meer so goed nie. Lê maar en wag vir die tyd om op te staan.
Lekker dag en naweek vir elkeen.
Miraaaggggg...goed en self? …
Miraaaggggg...goed en self?
Môre kan ons darem sê môre is Vrydag!!![]()
![]()
Hennie
Ek het n goeie bestuurder op die oomblik, nou al seker so 24 jaar saam met my.
Hy is meer oor produksie (verdien ook meer geld as ek hier
)
Omdat die staf van 7 van my huis afwerk, sal ek nog steeds betrokke wees, vir eers. Gaan hulle ook nie toegang gee tot besigheid se bank rekening nie. Sal nog steeds betrokke wees bet betalings en die boeke. Gelukkig is dit iets wat mens deesdae op n afstand kan doen, waar ook jy al is.
Gaan beslis dan meer toer en kamp. Yvonne is nog steeds besig met haar dinge en ek sal om haar moet werk, vir eers.
Wilsure ons sal maar die kop skuif stadig vat en nie alles so los op eenslag nie. Dink aan ander projekte om my besig te hou. Wil net nie vas wees nie. Sal dalk so 1 dag n week werk vir eers.
Ons sal maar sien hoe dinge gaan loop.
"VIR EERS"
Is daar so woord ?
Harry, lekker as jy so…
Harry, lekker as jy so iemand het wat wel kan aangaan.
Goeie môre kampvrinne. Sit…
Goeie môre kampvrinne.
Sit nou in die sitkamer en koffie drink. Is doodstil in die huis. Hoor net so af en toe n voertuig.
Lekker dag vir elkeen
More julle almal
More Stoffel en vriende ja ek le al van net na 2 ook wakker wie drink koffie saam my vanoggend lekke dag vir julle vrede
More Shaun, Ek drink maar…
More Shaun, Ek drink maar vanoggend tee terwyl jy jou koffie drink.
Darem so 2 ure geslaap. Sal sien hoe die dag vorder
Goeie more Shaun en Stoffel…
Goeie more Shaun en Stoffel. So het die einde van die maand ook aangebreek.
Geniet julle dag vir almal wat ook later kom inloer.
Goeie môre Stoffel, Hennie,…
Goeie môre Stoffel, Hennie, Shaun, en almal wat nog lê en poep ruik, julle moet hierdie laaste dag van die korste maand geniet.
Begin vir my al meer lyk of my beplande April toer nie gaan realiseer nie, ek kry nêrens staan plek vir paas naweek nie. De Hollabdse Molen is ook vol oor daai tyd, so is almal wat ek sover gekontak het.
Ek soek veilige hawe vir drie weke naby Kaapstad.
More Johann, nee dit is 'n…
More Johann, nee dit is 'n BROEKIE HOES. My 6 jarige sê nou die dag vir my dogter die seuns doen 'n BROEKIE HOES.![]()
Goeiemôre almal, en die wat…
Goeiemôre almal, en die wat nog hulle BroekieHoesse ruik!
Lekker dag! ![]()
Goeiemôre
Ek hoop almal is gesond en op en wakker vanoggend.
Ek het Sondag vir my 2de Rabies inspuiting gegaan en moes weer 2 ure sit en wag by ongevalle. Vandag gaan ek vir die 3de een, hoop dit gaan vinniger aangesien dit nie oor 'n naweek is nie.
Einde van die finansiële jaar vandag vir al julle ryk mense!!
Lekker dag en hou die blink kant bo!
Môre môre almal. Die verkeer…
Môre môre almal. Die verkeer hier in JHB gaan erger raak met die snelweg wat gesluit is van vandag af, ek ry gelukkig vroeg van Pretoria af en sal my hopenlik nie pla nie.
Sterkte Frieda, hoop jy word gou gehelp, jy het gelukkig mos die wêreld se tyd, of hoe?
Sterkte Freda
Sterkte daar Freda Hennie ek hou van daai gesegte broekie hoes![]()
More Almal
broekie hoes ![]()
Gaan gou vandag Heilbron toe om my 10 Claasens Design "Friendship"potjies te gaan haal.
Geniet julle dag en wees veilig.
Môre sê Kampforum. Dankie…
Môre sê Kampforum.
Dankie Antie, as hy so lank vat help dit nie.
Harry, jy joet die af tyd en toere voluit geniet.
Lyk my ek kry nie klaar geverf nie, elke keer nog iets.
Genietmjou dag in vrede.
Ek het nou genoeg gedoen vir…
Ek het nou genoeg gedoen vir een dag. Gaan nou oppak en huiswaarts keer.
Lekker middag en 'n rustige aand vir elkeen.





Middag al die mense
Ek kom groet nou eers, was weer aan die gang vanoggend. Bietjie laat geslaap en na die gewone take eers sop gekook vir die Ingelsman. My elektriese stoompot, my gunsteling gadget in my huis, het na jarelange gereelde gebruik verlede week die gees gegee. Het net geweier om warm te word en die agente sê R800 om reg te maak. 'n Nuwe een, Defy, kos R1000. So, vanoggend het ek my nuwe stoompot gebruik en hy werk soos 'n bom.
Baie geluk Harry, dit wil gedoen wees, veral in die swak eknonomiese tye. Ek glo jy het die personeel goed bederf, eerder as om IRS te voer.
Willem, die pille se naam is Circadin Melatonin 2mg. Ek het gisteraand (9.30) een gedrink en seker 2 uur vanoggend eers aan die slaap geraak.
Ek weet nie of die ding 'n tyd vat om in te skop nie. Ek sal maar sien wat hy doen en die apteker of dokter vra daaroor. Sal jou verder inlig. Ek moet ook eerlik wees, ek was so 10 uur vaak en in plaas van die lig afsit en slaap, toe lees ek eers verder aan my boek.
Ek hoop almal is besig om hulle dag te geniet. Mooi loop verder!