Ek het nou op die koffiedraad kommentaar gelewer maar dit het net weggeraak. Anton, ek weet nie eintlik hoe om te verduidelik nie. Drie van jou foto's, die bakkie sonder wiel, Tietiesbaai en die Zebra, verskyn bo-oor die drade by my. Ook die kortpad simbole, links is daar 'n kamera, rooi karretjie, weegskaal en nog 2 goed dink ek, en regs van dit 'n vuurtjie en nog iets. Dit verskyn bo-oor die kommentare. Ek het verby dit alles gescrol en kommentaar gelewer, die kommentaar het deurgegaan maar is nou nie meer daar nie.
Soos ek altyd sê, ek is dom met die goed, maar vir my kom dit voor of daar te veel groot foto's is waar ons kommentare lewer en dit dring in op ons spasie? Dalk is dit net my rekenaar wat vol nonsense is, ek sukkel maar hier by Cannon Rocks met internetverbinding en alles is baie stadig. As niemand anders so probleem het nie, moet dit aan my kant wees. Ek het al re-boot maar dit bly dieselfde. Hier waar ek nou tik, verskyn dit nie, net op ou drade.
Foto's en Kortpad links
As ek hiervandaan verder afscroll sien ek ook die foto's en die links. Dit is omdat die draad nog kort is. As die draad sou lank word, verskyn die foto's en die links bo-oor dit. Die vuurtjie wat brand en die nar se gesig is op die plek waar kommentare moet verskyn. Laer af is jou drie foto's.
Foto's en Kortpad links
Frans, sien jy die Kortpad prentjies en die foto's van Anton op jou blad as jy hiervandaan afscroll na onder? By my verskyn ander foto's regs van hier waar ons kommentaar lewer. Tans is dit van 'n karavaan se agterent en foto's van Lennie. Maar die wat ek van praat verskyn hier waar ons kommentare lewer. Ek hoop julle verstaan dit nou?
Freda. nee, die goeters wat…
Freda. nee, die goeters wat LINKS is, bly links, en die wat REGS is, bly regs kommentaar spasie bly OOP, en die profielfotos sit neffens die boonste kommentare, soos ditnog altyd was. Mens (jy) moet eintlik "screens shots"neem en vir Anton per e-pos stuur. Ek is ongelukkig te rekenaar ongletterd om te kan help!!!
Ek weet net dat die fotos soms verkeerd "kleiner"gemaak word, soos ek reeds genoem het. Ek doen fotoverwerkings op daaglikse basis, en het seker omtrent 4 pgoramme waarmee ek gereeld werk.
Freda ek dink ek weet…
Freda ek dink ek weet waarvan jy praat. Dit het te doen met jou browser en die conversion om op jou browser vs PC skerm resolusie te wys.
Indien moontlik, op watse rekenaar lees jy die forum. Klink amper vir my dit is 'n Tablet? Of ou rekenaar?
Dankie Anton dit is nou reg
By my huis het ek 'n nuwe rekenaar op ADSL lyn. As ons kamp gebruik ek 'n skootrekenaar wat ek al lank het. Toe jy nou van die browser storie praat, onthou ek dat my seun nou die dag vir my gesê het ek moet sekere programme op Google Chrome ingaan. Ek het nou verander na dit en nou is alles reg. Netjies uiteengesit en al die groot foto's langs die kante is mooi klein. Ag, jammer julle, ek is maar 'n lost case met die goeters.
Ek is net bly dit is nou reg.
Die webwerf bladsye mag ook snaaks of anders vertoon op fone en tablette, om een platform formaat te kry om op alle toestelle regte wys is nogal moeilik.
Stem saam met Freda !
Freda, ek ervaar dieselfde. Onthou, die afbeen voertuig op die een foto waarna jy verwys is nie 'n bakkie nie, dit is my Pathfinder ! Die Zebra is ook een van my fotos wat hier tussen-in verskyn het.
Op die hoëskooldraad het ek 'n foto van myself in matriek geplaas en dit het as 'n reuse foto uitgekom. Intussen het dit reggekom, maar nou is die regterkant van die kommentaar afgesny.
Lennie
Ek het al genoeg ondervinding van forums om te weet die manne hou nie daarvan hul voertuie moet "bakkies" genoem word nie. :-) Leer ook nie!! Jammer, Lennie, jou Pathfinder se foto het bo-oor my kommentare verskyn.
Op daardie hoërskoolfoto lyk jy na hoofseun materiaal. Baie voorbeeldig. Ek dink nie jy het veel verander oor die jare nie? :-) :-)
Wel, my probleem was opgelos toe ek opgehou het om deur Explorer in te gaan op die forum en Google Chrome gebruik het. Weet nie of dit 'n oplossing is vir jou nie, maar ek dink dit bewys die fout moet iewers by jou kant wees. Alles is nou netjies en op sy plek hier by my.
Fotos plaas
Ek is baie jammer om weer 'n oorlas te wees maar kan iemand asb nie net nog een keer vir my verduidelik (stap vir stap) hoe laai ek fotos nie. Sal dit waardeer.
Servaas, jy moet op die foto…
Servaas, jy moet op die foto knoppie op die inset editor kliek
Servaas, as jy klaar op hom…
Servaas, as jy klaar op hom gekliek het sal daar n nuwe venster oopmaak met 'n knoppie wat se "choose file" Kliek op hom en kies dan die foto op jou PC of tablet wat jy wil laai. Kliek Open of OK.
Jy moet dan vir die foto 'n naam gee, enige naam of nommer en kliek dan "Save"
Die foto word dan in die "editor" gelaai. Kliek weer "Save" om die inset te plaas.
Servaas, ons wag vir daai…
Servaas, ons wag vir daai fotos.
Glo jy gaan jou reg kom.





Freda, ek vind niks fout aan…
Freda, ek vind niks fout aan my kant nie, so ek wonder of daar dalk iemand anders is wat so 'n probleem het.
Wat fotos aanbetref, ek sien iemand stel voor van "kleiner"maar met regs klik erens op hoekie en met muis kleiner maak, dit werk nie regtig so nie, die pixels bly selfde, en gaan weer groot vertoon. Mens is veronderstel om met foto verwerkingsprogram die foto te "resize", met ander woorde die pixels moet verminder word ten einde minder geheuespasie te kry, en ek vind dat 30 to 40kb is heeltemaal genoeg.
Kom ons hoor maar wat die eksperts sê!!!