Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 minutes ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -25 minutes ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -26 minutes ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -42 minutes ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -44 minutes ago
Smaak my ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -45 minutes ago

Godeloses

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Sit ek so op my stoep en kyk hoeveel mense draf deesdae!

Dit is skokkend om te sien hoeveel Godelose mense daar deesdae is, kyk die Groot boek se in Spreuke 28 vers 1, "Slegs die Godelose sal hardloop as niks hom jaag nie"

Nee wat ek lei 'n goeie lewe, dus hoef ek nie weg te hol of draf nie!

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 13/07/2017 - 13:41

Ek het al vergeet wat dit is om te hol, draf kan ek ook nie meer, moet maar deesdae tevrede wees om te stap.   Solank die opdraendes nie te lank is nie.

Ag dankie, Arie, nou voel ek sommer beter oor ek nie meer kan hardloop nie.  Van nou af los ek dit met 'n geruste hart vir die Goddeloses.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 13/07/2017 - 14:28

Dankie Arie, ek voel nou sommer baie beter oor my gedraf, of gebrek daaraan, dan hol ons liewer vir niks weg nie.

Dusty, dan is ek  "oud" want ek hol stadig, maar laat my vrou nou gap kry om te gaan sit en dink, dan hol ek vinnig toolshed toe.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus