Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -50 minutes ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Goeie nuus Rona Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -9 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago

Godeloses

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Sit ek so op my stoep en kyk hoeveel mense draf deesdae!

Dit is skokkend om te sien hoeveel Godelose mense daar deesdae is, kyk die Groot boek se in Spreuke 28 vers 1, "Slegs die Godelose sal hardloop as niks hom jaag nie"

Nee wat ek lei 'n goeie lewe, dus hoef ek nie weg te hol of draf nie!

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 13/07/2017 - 13:41

Ek het al vergeet wat dit is om te hol, draf kan ek ook nie meer, moet maar deesdae tevrede wees om te stap.   Solank die opdraendes nie te lank is nie.

Ag dankie, Arie, nou voel ek sommer beter oor ek nie meer kan hardloop nie.  Van nou af los ek dit met 'n geruste hart vir die Goddeloses.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 13/07/2017 - 14:28

Dankie Arie, ek voel nou sommer baie beter oor my gedraf, of gebrek daaraan, dan hol ons liewer vir niks weg nie.

Dusty, dan is ek  "oud" want ek hol stadig, maar laat my vrou nou gap kry om te gaan sit en dink, dan hol ek vinnig toolshed toe.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus