Ons het so 11:00 hier gestop en gehoor daar is 'n klomp staanplekke wat ons uit kan kies tot my guns is die gras staanplekke beskikbaar vir uit ruil. Maar hulle is nie beskikbaar vir nuwe besprekings nie. Surette wou nog 2 vat vir die fedammelie.
Ek is in my noppies, geen grond seil nodig.

Lankal besig met die ys 🍻 gaan nou vuur aansteek 🔥.
Dube hakplekke
Middag Leeu, Willem
Sulke optredes laat mens nogal dink. Wou die personeel huistoe gaan, moes hulle jou hand vashou [sekerlik nie].
Ek vermoed dat Dube baie gewild is, en seker dan wel oor vakansies. Duidelik is sommige van hulle personeel dus nie begaan oor klientediens nie.
Dit spreek boekdele om gasvry en akkomoderend op te tree teenoor persone wat jou plek wye blootstelling bied, maar as mens in jou privaat/persoonlike kapasiteit daar kom, ander diens ontvang.
Daarom heg ek meer waarde aan terugvoer wat ek van mense ontvang wat maar net incognito by 'n plek was.
Gewoonlik by sulke gewilde plekke help dit weinig om sulke diens onder die bestuur/eienaar se aandag te bring.
Groete
Wessel
Hi Wessel, Dube is baie…
Hi Wessel, Dube is baie gewild, meeste ervaar dit baie lekker en het nie hakplekke met die bestuur ondervind nie. Daarom moet jy self ondersoek instel, miskien beleef jy dit anders.
Dit is so dat hulle baie…
Dit is so dat hulle baie gewild is, maar dit kom teen 'n prys.
Voorbeeld, Dinokeng Resort het ook baie glybane (5) selfde as Dube. Dinokeng hulle swembaddes is egter vir jy beter want die een buite se kou is net gehreek en maak dit lekkerder om te swem. Dan die prys, Dinokeng vra my R500/n oor Desember maand teen Dube se R650 in Maart se skool vakansie.
En toe ek hulle bel want ek wil gaankyk na die staanplekke vir Desember omdat ek nie die oord ken nie was hulle baie gemaklik en die Sondag toe ek dasr onverwags opdaag was hulle baie gemaklik en het my die groot staanplekke gaan wys en gesĂŞ ekmkan gaan rondloop in die park. Ek het gevra om my grasie te gee tot einde Februarie om die deposito te betaal wat ook nie 'n probleem was nie.
Hoekom het ek dan Dube toe gegaan, wel ek was laas 2013 daar en ek wou gaan kyk hoekom is almal so gaande oor die plek, so nou is dit ook agter die rug. Sal ek weer gaan, ek glo nie gou nie, daar is ander oorde met netso baie om te doen en goedkoper.
Dube versus Dinokeng
MĂ´re Willem
Dit is altyd baie moeilik om plekke te vergelyk, en as mens dan nog persone se unieke voor/af-keure in agneem, raak dit baie kompleks.
Prys/staanplek bly 'n goeie maatstaf, veral as mens dit direk kan vergelyk vir jou gesin. Met ander woorde Koste vir staanplek per nag soos van toepassing vir aantal gesinslede.
Dan het ek al vergeet om die omgewingsbewarings fooi by te werk waar van toepassing. Byvoorbeeld die groter Dinogeng vra 'n koste per dag per persoon wat mens eintlik moet bytel by byvoorbeeld Willemsrus se staanplek tarief. Dan eers vergelyk mens appels met appels.
As jy verwys na Dinokeng, na watter kampplek spesifiek daarbinne ,het jy verwys?
Ek weet darem nie of jy by Dinokeng plekke sulke lowergroen staanplekke gaan kry nie, of dit die prys regverdig, is elke ou se saak.
Groete
Wessel
Tussen Dinokeng Resort en…
Tussen Dinokeng Resort en Dube sal my keuse gaan aan Drie Berge ![]()
Draadsitter??
MĂ´re Voortrekker
Probeer jy nou in vandag se klimaat 'n politiese korrekte antwoord gee?
ek dog jy is 'n voortrekker wat sy standpunt kan staan maar ai.....![]()
Wessel
Hahaha Wessel, ja jy raak…
Hahaha Wessel, ja jy raak darem nou 'n teer puntjie ![]()
Wessel, ek praat van…
Wessel, ek praat van Dinokeng Resort self en ja hulle het ook sulke groen gras. Ek het die vergelyking gemaak op koste vir wat ons gebruik.
Eish ek betaal nie maklik…
Eish ek betaal nie maklik R650 n nag nie dit is darem baie geld. Ons betaal desember maar R517 n dag vir 4 by die see. Ons gemidelde kamp deur die jaar is tussen R600 en R700 n naweek.
Dan kan ek ook maar skeef…
Dan kan ek ook maar skeef trek hier en saam Voortrekker stem vir Drie Berge...![]()
Dan kan mens nog Hartbeeshoek net oorkant Dube nie vergeet nie, maak net afspraak met Braam en jy kan gaan besoek en rond kyk. Was lank laas daar maar het die privaatheid lekker geniet, ook skoon en groen.





Hi Wessel, ek wou soontoe ry…
Hi Wessel, ek wou soontoe ry om te gaan kyk hoe die plek lyk. Ek skakel gewoonlik nooit 'n oord voordat ek ry om te gaan kyk nie en 100% van die kere laat hulle my toe. Dube sĂŞ toe half hartig dit is reg so ek moet deurkom Sondag wanneer dit dan stiller is. Oppad skakel ek hulle om seker te maak hulle sal vir my oopmaak, vertel die dame dis eintlik al te laat.
Ek besluit toe maar om nog steeds aan te ry aangesien ek amper daar is. Hulle laat my toe inkom maar is baie ongeskik. Daardie dag het ek besluit om die plek te vermy, as dit dieselfde mense is wat die plek bestuur sal ek nooit daar gaan kamp nie.