Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -4 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -4 hours ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -4 hours ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -11 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -13 hours ago

Voertuig herverkoop waarde?

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Lees ek nou die dag oor herverkoop waardes van voertuie.

Die tien wat die meeste waarde verloor is daar gelys.

Teenstrydig met algeme opvating is Ford toe nie so sleg nie net een Ford is gelys die Kuga?

Nissan het twee oo die lys Navara en  dan die klein sedan?

Jeep doen die slegste verloor amper helfte in 1ste jaar?

Wonder altyd wat beinvloed mense se koop patroon? Van daai voeetuie is immers goeie betroubare voertuie?

Moet erken dat ek nooit na herverkoop waarde kyk as ek koop. Ek koop vir my plesier en nie as ń belleging nie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 14:03

.... herverkoopswaarde en plesier wat die voertuig my kan bied. Ek reken dit is volstruispolitiek as mens nie herverkoopswaarde in berekening bring nie - tensy jy reken jy sal waarskynlik nie maklik weer 'n nuwe voertuig koop nie. Ek het 'n hele lang lys waaraan 'n voertuig moet voldoen alvorens ek sal oorweeg om 'n betrokke 'maak' of spesifieke model te koop. En my huidige ou trokkie voldoen nogal aan meeste van die vereistes wat ek vir myself stel.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 31/03/2019 - 14:35

Cbris ek sien nie die Volstruis beginsel nie?

As n voertuig jou plesier gee en jy het dit goed gebruik dan is wat jy ookal terug kry n bonus?

Jy moet vooraf besluit hoe lank jy die voertuig gaan ry sou jy besluit op 3 jaar deel jy die kooplrys deur 3 .

Besluit dan of daai bedrag per jaar die plrsier werd is. Daarna is enige iets wat jy kry mos n bonus?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 31/03/2019 - 15:55

..... wat hierdie onderwerp aanbetref moet ons dalk maar "agree to disagree".

0

Dit is waarom ek na baie jare se diens met my ou Toy amper net soveel vir hom gekry het as wat ek hom voor gekoop het.

Nee wat, ek bly maar by die safari pak en kam in die kous trokkie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 02/04/2019 - 07:38

Leeu nee Toy is nie op die lys, ek het net n lys van die 10 swakste performers.

Almal vertel altyd dat Ford geen tweedehandse waarde het nie, maar hy word oortref deur Nissan Jeep Kia en nog vele meer.

 

0
Pretoria

leeu

Tue, 02/04/2019 - 08:40

Ek wou eintlik hê jy moet erken dat Toyota die beste voertuie bou, Arie, en nie Ford nie.

Ek dink dit gaan maar oor vraag en aanbod, mag verkeerd wees. Dit het ook natuurlik te doen met betroubaarheid, maar die een ou kan mooi kyk na sy voertuig en die ander kan dit deur sy alie trek, dan dink hy die voertuig is nie betroubaar nie. Die Kuga natuurlik weet almal hoekom hy ongewild is, eintlik 'n baie nice voertuig. Ek stem Frik, ek bly ook maar by Toy.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 02/04/2019 - 08:47

 net een Ford is gelys die Kuga?

Ek het die Kuga gekoop wany op daardie stadium was dit vir my die beste waarde vir geld. Ek beplan nie om dit weer te verkoop nie. Het beplan om dit my aftree voertuig te maak oor 2 jaar. Brandstof verbruik is volgens my nie te sleg nie (8.5l/100km gemiddeld) en sleep ook baie lekker.

Die Kuga natuurlik weet almal hoekom hy ongewild is

Ek verstaan daar het heelwat ander modelle/fabrikate ook gebrand maar omdat iemand in die voertuig dood gebrand het daarom die stigma. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 02/04/2019 - 08:51

Leeu ek weet presies wat jy wou hê maar ek is nie vandag lus vir stir nie.

Ek kan ongelukig nie Toy ry nie, ek besit nie n safarie pak of n ANC hemp nie.

Ek glo verder ook dat daar vandag nie meer swak voertuie is nie, dit gaan meer oor naverkope diens en beskikbaarheid van onderdele en handelaars.

Dit is dan ook hoekom hoe verder Noord jy gaan Afrika hoe meer Toy is daar.

Toy was slim genoeg om jare terug n sterk en betrou bare diens netwerk in Afrika (by ons ook) op te bou.

Mens koop immers iets wat jy weet kan reggemaak word sou dit dalk breek.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 02/04/2019 - 09:20

Stoffel ek dink die grootste probleem was n swak besluit van Ford SA Hulle moes dadelik die Kuga terug geroep het en uitvind wat was die fout en dit regstel?

Ek kan nog nie verstaan hoe die ou kon doodbrand nie, die motor het mos nie ontplof nie, surely kon hy uitklim toe die ding begin brand het?

Maar ja Ford het die aangeleentheid baie swak hanteer en dit het hul duur te staan gekom?

Besigheid gaan baie oor persepsies en dit is iets wat baie versigtig hanteer moet word.

Vervaardigers moet uiters versigtig wees om nie n persepsie te skep dat hul dalk die klient n kouë skouer gee nie, ongelukig is dit presies wat Ford gedoen het.

Dit gaan hul jare vat om van daai persepsie ontslae te raak.

NS groete vir Alta van Petra en ek.

0

Ek kan ongelukig nie Toy ry nie, ek besit nie n safarie pak of n ANC hemp nie.

 

Die ANC manne ry beslis nie Toyota nie, meer iets swarts en Duits! 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 02/04/2019 - 14:16

Frik ek dink Voorie het n draad opgesit "Absurd of Toy Toy" of so iets.

Daar is n ver regse wat gal braak oor Toyota SA wat borgskap terug getrek het vir A is G.

Hy reken as jy wil Toy ry moet jy ook n ANC hemp aantrek?

Ek spot maar so bietjie met daai man.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 02/04/2019 - 14:55

...............draad het my nou laat dink aan my koop-gedrag as dit kom by voertuie.

Ek vermoed ek is redelik "brand"-gebonde want as 'n "brand" vir my goeie diens geggee het, bly dit my voorkeur.  Ek het in die verlede 4 Toyotas in 'n ry gekoop en besit omdat ek van hulle gehou het en hulle my nooit in die steek gelaat het nie.  Toe kry ek 'n geleentheid om my Pa se Mervedes oor te neem en van toe af ry ek 'n Mercede, tans my 6de ene.  Ek wou baie graag 'n SUV gehad het om my Penta te sleep en toe 'n geleentheid hom voordoen in 1998 net voor ek Zimbabwe toe verplaas is, om 'n gebruikte V6 Nissan Sani te koop, raak ek verlief op Nissan.  Ek is nou by my 3de Nissan, is gek oor hom en my Merc en sal beswaarlik iets anders ry.

Volstruis-gedrag of nie, ek steur my min aan herverkoop-waardes, verkoopsyfers en motorjoernaliste se opinies oor "motors van die jaar" of ander nonsens.  Ek koop 'n motor waarvan ek hou en wat my die hoogste moontlike bevrediging gee as ek in hom klim, asook ek behou hom terwyl hy my nie in die steek laat nie.  My mikpunt is gewoonlik 10 jaar eienaarskap en daarna tel herverkoopwaarde buitendien nie veel nie.  Mercedes en Nissan voldoen op hierdie oomblik aan hierdie vereiste van my.

Hier is my 9-jaar oue Merc :-

.

En my 6-jaar oue Nissan Pathfinder :-

.

Herverkoopwaarde belangrik ?  Watwou !

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 02/04/2019 - 15:10

Len ek stem honderd saam met jou.

Ook maar brand gebonde en het baie Ford in my lewe gery, ek wou n SUV gekoop het in 1997. Ford het nie so iets gehad nie toe besluit ek op Pajero , 22 jaar later en ek ry haar nog steeds. Boekie warde nou R50,000 dus glo ek ek het my waarde uit haar gekry.

Ek het die draad begin, na ek die syfers gekry het, was vir my net baie interesant hoekom sekere beter vaaras ander.

Ek self is baie lief vir Nissan myvrou het n Exa gery vir baie lank en sy was mal oor haar, ek ook baie lekker mooi sporty en nippy motor.

As ek in 97 kon bekostig sou ek n Nissan Patrol gekoop het, in my opinie een van die mees onderskatte 4x4s. Daai ding loop enige plek. Die Pajero was my tweede keuse omdat syvir my net meer bekostigbaar was.

Ek glo nog, sou ek die lotto wen ek tog n Patrol sal koop.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 02/04/2019 - 15:19

Ja, so verskil ons maar - gelukkig. Ek poog (ek weet nie vir hoe lank dit nog moontlik gaan wees nie) om 'n voertuig 'n maksimum van 3 jaar te ry. Daarom is inruilwaarde vir my van groot belang.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 02/04/2019 - 18:14

Gewoonlik as ek n voertuig koop, koop ek om lank te hou en kyk nie regtig na herverkoop waarde nie.

Len daai is darem maar n mooi Mercedes.

My 2006 Hilux gaan nou vir 13 jaar 90k km op

My 2000 Suzuki Vitara gaan nou vir 19 jaar 155k km op.

Froggy 1997 jaar gaan nou vir 22 jaar 370k km op.

Nissan Hardbody 2009 gaan nou vir 10 jaar 266k op klok

Run X 2003 nou amper 16 jaar amper 300k op klok

Ens.

Het nog nie die gevoel gekry om iets anders te koop nie.

Stem saam met Arie, jy kry nie regtig meer slegte voertuie nie, net slegte drywers. smiley

Het ook so paar Fords gery, seker so 6 Ford Ranger lights (Bantams) Geen probleme met hulle gehad nie.

Moet erken die voertuie wat ek verkoop het, het my Toyotas die beste herverkoop  geld ingebring. Van hulle het ek meer gekry as wat ek voor betaal het. Veral die wat al n paar jaar oud was.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus