Ek soek nog plek vir die winter skoolvakansie.
Iets waar 'n warm binne huis swembad is.
Eiland Spa. Of andersins…
Eiland Spa. Of andersins Eiland Spa. En as jy nog nie kan regkom nie, probeer Eiland Spa. As laaste alternatief - probeer Eiland Spa.
Shaun, oorweeg dit sterk,…
Shaun, oorweeg dit sterk, die supertubes sal nie dan lekker wees nie.
Chris, ek sal enigetyd gaan maar Surette sê dit was vir eers genoeg en September skool vakansie gaan ons weer daai rigting in Letaba toe. Wonder of daar nog plek gaan wees ?
Dit sal seker maar terg om…
Dit sal seker maar terg om nog plek by Eiland te kry vir die wintervakansie.
Winter skoolvakansie
Middag Willem
Ek gaan probeer om nie soos ander te hakkel nie.
As jy warmplek soek, oorweeg Tshipise. Daar is/was lank terug baie warm swem opsies. Van lekker opelug bad buite tot privaat sauna vertrekke waar jy kan lê tot 'n diep pienk skynsel.
Daardie natuurlike warmbron is so warm, mens loop sommer net in swembroek terug woonwa toe, al is dit al donker-laat.
Ek dink jy sal moet spring om nog staanplek te kry tussen die "swaeltjies".
Groete
Wessel
Mense verskil (dankie tog).
Om een of ander rede kon Tshipise net nog nooit onder my vel inkruip nie. Sommige geswore Tsiphise-gangers sê weer dieselfde van Eiland. Sommiges hou van beide.
Dit is amper soos ek oor Addo voel. Ek's gek oor baie Nasionale Parke (Kruger, Kgalagadi, Karoo, Mokala en Bontebok). Oor andere voel ek apaties. Sommiges ken ek glad nie. Maar ek het geen affiniteit met Addo nie.
Skilfers op die water
Middag vriende
Ek was al tevore by Warmbad, Klein Kariba en ook Tshipise, en ek het 'n effe renons in die verhitte baddens. Dit is seker gatkrulle, maar die opdrifsels soos byvoorbeeld skilfers ensovoorts op die water, lyk vir my al te veel na 'n geil teelaarde vir siektes.
Veral as dit binne-huise baddens is waar mens nie kan speel, spat en bommies maak nie.
My kinders het lankgelede by Badplaas lewensredding diens gedoen, en hulle waarneming was;
hulle moes veral by die binne baddens baie meer oplettend wees, want die mense gaan in 'n tipe ontspanne beswyming en sak/glip sonder 'n geluid of spatsel net onder die water in.
Dus julle klomp koulikes moet maar die warmbaddens geniet, ek sal eerder 'n koue bier geniet.
Groete
Wessel
Wessel ....
... ek kuier graag by Eiland, maar in die water kry jy my nie maklik nie - ook maar grillerig vir die ou spulletjie. Die ou pens (wat groter as 'n "pregnant fairy" s'n is), is in elk geval te groot om in 'n swembroek te paradeer en die ou rug is só vol hare - mense sal dink dit is 'n makgemaakte bobbejaan wat daar rondloop.
Ek geniet net Eiland se uitstekende winterklimaat en die ander uitstekende geriewe, waaronder hul uitstekende ablusies-fasiliteite.
Ek weet dit is te laat vir…
Ek weet dit is te laat vir een van die swaeltjies se plekke, plek te kry 😭.
Gehoop daar is 'n plek wat ek nie van weet nie.
Willem, wat van Lekkerrus…
Willem, wat van Lekkerrus. Hul het baie n lekker warm swembaddens. Hoor ou mense by die kerk praat lof van Rhemardo. Ek het in 2009 laas by Lekkerrus gekamp maar nooit by Rhemardo gekamp nie. Hoop iemand sal jou bevestig van die albei kampplekke !!
mense sal dink dit is 'n…
mense sal dink dit is 'n makgemaakte bobbejaan
Ag nee wat se nonsies is dit! Te Hel met wat die mense dink
- inelkgeval, ek het gehoor dat baie girls vreeslik baie van haririge mans hou ![]()
Wenk vir die dag...probeer…
Wenk vir die dag...probeer gerus volgende keer.
As jy by 'n warm binnehuis swembad kom en dis heeltemal crowded en jy voel lus om om te draai en later weer te kom as daar minder mense is......moenie.......klim rustig in en sak af tot die water so oor die skouers is en beweeg so stadig na die gedeelte waar die meeste mense is. Sê dan sommer so vir die persoon naaste aan jou (maar redelik hard) dat die warm water darem maar wondere doen vir jou vel siekte.......hehehe.... nie lank nie en jy kan rustig rond dobber waar jy wil ![]()
Chris, jy slaan die spyker…
Chris, jy slaan die spyker op die kop, ek is net so gek oor ons nasionale parke, maar snaaks genoeg, daar is twee parke wat my koud laat die Umfolozi en sy boetie. Hulle is op my deurstoep maar daar is net een Oom Paul se plaas.
Te Hel met wat die mense…
Te Hel met wat die mense dink
Hierdie outoppie was as kind maar 'n skamerige laaitie - o.a. baie selfbewus gewees oor verskeie ou dingetjies. En as ouballie het ek nog nie dit afgeskud nie.
Chris, dit is hoekom ek myne…
Chris, dit is hoekom ek myne maar af krap.
Dankie vir die raat G-G ![]()
Willem ek ondergaan ook so …
Willem ek ondergaan ook so 'once in a blue moon' 'n ontbobbejaans-sessie wanneer ek buite op die grasperk gaan staan en ma my met die elektriese haarknipper bydam.
Smaak my die hare wat ek op my kop verloor het groei deesdae op my rug. Ek sal 'n groot bobbejaanmannetjie jaloers maak.
Chris, jy moet dalk gaan…
Chris, jy moet dalk gaan aanlê vir 'n "wax" sessie.![]()
![]()





Willem n ou ene
Wat van De Voetpadkloof Willem hulle het nou super tupes ook