Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Wat maak jy met jou oorskiet braaivleis

Pretoria Tuine
Submitted by DK on
Forums

Wie gooi hulle vorige aand se braaivleis weg en weier om oorskiet kos te eet.

Nooit! Moreoggend is daai koue tjoppie darem wragtag lekker.

Ook - sny daai oorskiet vleis blokkies en gooi in die pan saam met die roer eiers....roer eiers word gaar en vleisies word warm. Lekker kamp ontbyt.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/04/2017 - 09:49

Ek weet baie ouens eet nie "left overs" nie, maar om dit weg te gooi ?......nooit nie, daar is net te veel hongersnood in die wêreld en beslis ook in Suid-Afrika !

Ek persoonlik hou baie van ietsie (veral wat gebraai is) wat gisteraand oorgebly het, om  die volgende oggend aan te peusel  -  wat is nou lekkerder as 'n koue tjoppie, worsie of braai-broodjie uit die yskas ?

Omdat ons meestal net ons twee is as ons kamp, braai ons gewoonlik vir twee aande en hou dus braaivleis oor tot die volgende aand.

Ek sal graag wou hoor van ouens wat anders hieroot dink.

 

0

Len, ons is ook net die twee. Om eerlik te wees, is ons veral ek nie 'n baie groot voorstaander vir vleis braai nie. 

'n Groot ontbyt of ''brunch'' en dan iets ligs vir die aand doen die ding vir ons.

Ook moet ek noem dat ek geensins oorskiet eet wat langer as slegs een dag oorgestaan het nie omrede ek op 'n tyd erg siek geraak het van braai vleis wat langer as een dag gestaan het. Dit mag dalk ook wees dat die vleis moontlik alreeds nie volgens standaard gewees het met aankoop nie.

Indien daar vleis oorbly van die vorige aand en ons het alreeds weer daarvan ge-eet, gee ons gewoonlik die res wat oorbly aan die werkers van die oord en noem ook net vir veiligheid dat dit vleis van die vorige aand is.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 07/04/2017 - 10:10

Len, ons is ook net twee, en alhoewel ons nie meer kamp nie, doen ons tuis die selfde, bêre vir volgende dag, of, sit in vrieskas (vleisie of worsie), en gebruik later, soms in die week, as die tyd effe beperk is om kos te maak vir die aand. Ons het ook dan probleem dat my vrou BITTER klein porsies eet, vernaamlik vleis/wors en paar ander kossoorte, as gevolg van slukderm probleme.

Dit het ook tot gevolg dat die lekker braai-tye al minder raak, ek voel soms ek maak net rooster vuil!!! MAAR, ons gooi GEEN kos weg nie, wanneer iets nie geskik is vir vries nie, bly dit in yskas totdat tuin-ingenieur kom, normaalweg Dinsdae of Donderdae, en die oorskietkos maak dan deel uit van sy bord kos. MAAR, oorskiet kos is nie miderwaardige kos nie!!!

0

101 gebruike vir oorskiet braaivleis, as a matter of fact, ek braai altyd te veel vleis want as my se oge oopmaak in oggend soek ek daai vleisbak en steek my hand diep in daai genot in.

0
Meyerton

Segekok

Fri, 07/04/2017 - 10:53

Daai vleisie op gesny en saam met uie gebraai in n pan op n stukkie roosterbrood is mos konings kos vir ontbyt.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Fri, 07/04/2017 - 12:51

Janee,

Ons gooi ook niks weg nie, more se ontbyt met n sousie.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/04/2017 - 13:15

Ons maak presies soos Johan K, en dit koningskos ontbyt, Die braaivleis smaak vir my heerliker die volgende oggend om die waarheid te se.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 07/04/2017 - 16:33

Ons het al geleer om nie meer so baie vleis te braai nie.   Colin is in dieselfde bootjie as Linda, Frans se vrou, met slukprobleme.  So ons braai meestal net vir my.  :-)  Wat oorbly eet ek die volgende dag of vries.  Daai gevriesde braaivleis smaak of dit nou gebraai is as jy dit net ontdooi en weer warm maak.  

DK, daai braaipaais is iets wat ek al baie wou probeer maar nog nooit sovêr gekom nie.   Op Kampkos gisteraand was daar juis 'n braaipaai gemaak.  

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 08/04/2017 - 13:27

Baie lekker die volgende oggend.

Braai Broodjies sit ek in die "fan" oond, dan is hy weer kraakvars

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 09/04/2017 - 20:00

Hier waar ons kamp by Cannon Rocks is 'n man wat elke nag die nagwag is.  Sout van die aarde goeie mens.   Hy het homself kom voorstel die eerste aand en doen gereeld rondtes.  Hy sit oral ligte aan by die leë staanplekke en elke nou en dan sien jy net sy flitslig soos hy deur die kamp loop.   Ons gee elke aand vir hom iets om te eet.  As ek nie oorskietkos het nie, maak ek toebroodjies.   Gisteraand het ons spesiaal vir hom 'n braaibroodjie gemaak en 'n ekstra stuk wors gebraai.  Hy is so dankbaar daarvoor en dit is in elk geval lekker om te weet jy kan die kos vir hom gee, eerder as om dit te mors.   Hy het gisteraand vir ons vertel hy hou net van een rugbyspan : Die All Blacks.  En hy is baie ernstig daaroor.  :-)  :-)  

0
Pretoria Tuine

DK

Sun, 09/04/2017 - 20:46

Daar was nou gepraat oor kos wat oorbly, maar die volgende vermy ek:

1) Absoluut Rys

2) Veral Pasta na slegs 2 dae

3) Hoender en Vis.

As my vrou dit gaar maak is dit aanvaarbaar.

4) Absoluut Nooit in my lewe ń Roadhouse Sunday lunch nie, die Goed Stink.

3) Bully Beef.

4) Baked Beans.

5) Roomys.

Gee my eerder ń tuisgemaakte koeksister en slegs wat my vrou maak.

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 10/04/2017 - 16:50

Ek eet dit alles op!    Daai volgende oggend braai broodjie is my favourite.  Solank dit die volgende oggend is.  Sal dit nie sommer vir langer laat staan nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 10/04/2017 - 17:02

Omdat ek so lekker eet!!!!!

Na my siekte van verlede jaar, wat vooraf gegaan was met maag wat ongesteld was vir langer as 3 maande, en ek uiteindelik deur 6 maande se chemo was, het ek begin EET!!!! Blikses, nou gaan ek sukkel om gewig af te gooi!!!!!....

MAAR, soms is daardie braaibroodjies by ons eers na dag 3 lekker!!! Wanneer ons bv moet Jaansberg of Petoorsdorp toe moet gaan (gewoonlik vir Dr"s of so-iets) gaan daai braaibroodjie en stukkie wors en of vleisie nog lekekr af op 'n Woensdag!!!!

Gewoonlik met huis toe gaan tyd, so een of twee uur, Op Makro Centurion of die Eenstop vulstasie so entjie nader aan Krugersdorp!!! 

DK, ja, soms moet mens maar kosse uitsny wat nie akkordeer nie, maar gelukkig is ek heel goed toegerus met die ingewande soos 'n . . . . .   OK ons los dit!!! En, daarby gesê, nadat ek gesond geword het!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/04/2017 - 17:28

Frans, dit is so lekker om te hoor dat jy weer gesond kan eet en 'n eetlus het.  Ons gebede is verhoor, my vriend.   Nou is dit net Linda en Colin wat nog sukkel met die etery, maar dit lyk my ek en jy maak sommer op vir hulle part ook.  :-)

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 10/04/2017 - 18:49

Freda, gee kans!!! Jy sal oor effe meer as 'n maand sien!!!, met jou eie oge!!!

Sien, ekke is mos aan die een kant "ASBLIK"ook!!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 11/04/2017 - 05:41

Dis reg so, Frans.  Jy sal ook sien met jou eie oge!   Jy sien dan ek is die vacuum cleaner wat al die oorskiet moet eet.  :-)   :-)  

Sien uit om julle te ontmoet by Hartenbos.

0

Jaco Hattingh

Thu, 04/05/2017 - 12:47

Baie keer as ons so week aaneen te veel braai,vries ons elke keer al die oorskiet vleisies en dan as die geleentheid hom voordoen koop ons so 2 puffpastry deegrolle en maak sommer 'n pakkie gravy, en maak 'n lekker pasty!

0
Florauna, Pretoria

chris dupreez

Thu, 04/05/2017 - 13:00

Ek vat van die vleis wat oorbly en sny dit fyn , gooi dit in die voedsel verwerker en maak dit baie fyner, gooi n stuk botter by en meng dit goed en jy het n lekker regte vleis smeeer vir n broodjie. Skilpadjies (lewer in netvet ) werk baie lekker , dan maak jy n lekker lewer smeer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus