Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -2 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -2 hours ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -2 hours ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -9 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago

Nog 'n algemene persepsie byt in die stof!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Daar is al vir jare 'n persepsie dat ford geen tweedehandse waarde het nie? Nooit iets wat my gepla het nie, ek koop 'n voertuig vir y genot en nie vir 'n belleging nie, anders sou ek 'n Ferrari gekoop het.

Sien Ford se tweedehandse waarde is maar net so 6.5% laer as die gewilde Toy bakkie?? Regtig nie iets om oor opgewonde te raak nie? Ford se tweedehandse waarde is ook nog heelwat beter as die Amakrok, Navara en so.

Lees gerus die artikel;

https://businesstech.co…

 

Pretoria

leeu

Wed, 24/04/2019 - 13:49

Hi Arie, 6,5% is darem nie 'n groot verskil nie, hang seker af hoe haastig is jy om te verkoop. Wonder hoe het hulle hierby uitgekom, seker boekie waardes....dis vêr van die werklikheid af?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/04/2019 - 15:48

As jy 'n voertuig koop met die doel om dit weer te verkoop (tensy jy spekuleer) sê dit nie veel van jou vertroue in die voertuig nie.

Ek is seker maar 'n armgat maar ek koop 'n voertuig om dit te ry tot solank as wat dit betroubaar en veilig is. Deesdae bly die meeste bekende fabrikate dit vir baie lank solank hulle getrou onderhou word.

Ek is ook nie gepla oor diensplanne nie want sodra my fabriekswaarborg verstryk het vat ek my voertuie na 'n eerlike werktuigkundige wat trots is op sy werk en nie onnodig werk doen of onderdele vervang nie. Hy doen in elk geval baie beter werk as die agent. Hulle werktuigkundiges is nie vreeslik kundig nie. 

My naweek- en vakansievoertuig is 'n 2011 Ford Everest 4x4 (127 00km op) en my dorpskar is 'n 2007 Toyota RAV4 (179 000km op). Beide dien hulle onderskeie doele goed en sal eers vervang word as hulle dit nie meer doen nie. Ek vermoed die Ford het nog so 15 jaar se diens oor en die Toyota so 7 jaar. Teen daardie tyd is herverkoopwaarde van bitter min belang. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus