Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Die Hardste Val Ooit

Durban
Profile picture for user dassie
Submitted by dassie on
Forums

Vertel asseblief die hardste wat julle al ooit geval het . Ek was so 15 jaar oud en nie ver van ons huis was daar n parkie gewees met " swings " en n wip plank . My meisie het oorkant die parkie gewoon en dit was skool vakansie so ons kinders was vroeg dag al uit op straat en in die park. My meisie se kamer venster het na die park se kant toe gekyk en ek kon sien sy loer deur die gordyn na die park om te sien wie is al daar . Nou seuns is maar seuns wil altyd ' brag " en ek staan op die swing se plank en begin om my self hoer en hoer te swaai . Ek hang al amper gelyk met dwarspaal en ek sien die gordyn ritsel so lovvie loer vir my .Met 1 laaste poging forseer ek daai swing met volle mag om nog hoer te gaan .Nou kyk omdat dit nog so vroeg was ,was daar dou op die gras en my skoene was nat .Ek dog nog ek gee n allemintige poging toe gly my skoene van die swaai plank af en ek hang aan die kettings .Die swaai was op sy hoogste punt en die hout plank skiet nou sommer nog hoer met my wat soos n aap aan die kettings vasklou . Maar soos met Newton se law what goes up must come down slaan daai plank my op my maer merries en alle fokus om te bly hang aan die kettings gaan verlore met die PYN . Op daai stad stadium was die swaai op pad terug grond toe ek laat los soos die kettings asof dit n giftige slang was .Val my desmoers op die grond wind uit en met 2 maer merries wat lyk asof daar hoender eiers op gegroei het .Ek moes hande viervoet huistoe kruip want ek kon wragtig nie staan nie die pyn was oorweldigend .Of lovvie my sien val het weet ek tot vandag nog nie sy het dit nooit genoem nie miskien wou sy my die vernedering spaar My storie oor en uit  

Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 29/06/2017 - 14:34

Anton ons sal vir jou in die intensiewe saal kom kuier se my is jy allergies vir peanuts laugh

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 29/06/2017 - 15:38

Arme Dassie!!   Dit is ook maar swaar as jy so hard terug moet aarde toe kom oor 'n meisie.  Dalk het sy darem gedink jy is 'n vreeslike waalshalsige outjie.

Voories, probeer jy nou in Lolla se goeie boekies kom vandag??

So 22 jaar gelede besluit 'n groep van 10 vrouens ons gaan alleen Sun City toe.  Met 'n bus, die pakket sluit in verblyf en kaartjies na 'n Extragavanga show.  Almal ken nie mekaar nie en ons besluit om 'n braai te hou by die een vrou se huis voor ons vertrek sodat almal mekaar kan leer ken.  Ons braai op 'n groot stoep wat geteel is.  Toe dit begin jollie raak, begin ons grappe vertel.  Ek het hoëhakskoene aan en my grappie vereis dat ek bewegings ook moet maak.  Die teels is bietjie natterig van die dou en met die een beweging slaan ek neer, nes 'n os.  Die oomblik toe ek lê voel ek hier is iets nie lekker in my linkerknie nie.   Maar ek staan op en toe ek my gewig op my bene sit, slaan ek weer neer.  Nou lag die vrouens dat hulle skeeflê vir my manewales.  Weer staan ek op en weer val ek neer.  Toe lag hulle eers.  Ek sê vir hulle, julle lag, maar dit voel of my knie weg is en ek bly lê, weier om op te staan.  Om 'n lang storie kort te maak, hulle moes my huistoe vat, in die huis inhelp en volgende oggend  dokter toe.  Al die ligamente geskeur.  Ek huil by die dokter dat die trane loop, want die bus vertrek oor 'n week.  Hy kry my jammer en gee my 'n verskriklike stywe beenstut om te dra, trek water af net voor ons vertrek en so is ek op die bus met geskeurde ligamente.  Dit was nou gladnie maklik nie, ek kon gladnie opstaan op die bus nie en by Sun City maar met 'n gesukkel oral gekom, maar gaan het ek gegaan.   En dit baie geniet.  Daarna moes die knie reggemaak word.  Daardie val sal ek nooit vergeet nie en daardie grap sal ek nooit weer vertel nie!

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 29/06/2017 - 15:44

En hier dog die dames jou val storie is alles deel van jou grap vertel laughMaar vertel ons ook jou grap jy mag maar sit hierdie keer lol

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 29/06/2017 - 15:46

Freda ek hoor die dobbel koors is hoog in Sun City .Ek gaan ook soontoe en sit geld in die parkeer meter en daar verloor ek my kar smiley

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 29/06/2017 - 16:58

My hardste val was met `n trapfiets. Was laat vir klas en ek het met my getroue pers nogal Peugeot resiesfiets soos `n ware Ertjies Bezuidenhout die pad afgesuiker. My lekker misgis met die voetganger hekkie se wydte en een van die pale getref.

Julle manne sal onthou dat daai handlebars so gebuig was om jou rug krom te trek ( seker om meer spoed te kon vang) en die deel wat na jou op die saal gewys het het so vieslike skept punt gehad waar dit aan die vurk vasmaak.

Nodeloos om te sê die fiets het die paal getref en die handelbar het my getref om `n vreeslik ongemaklike plek. Man ek het daar gelê en brul en sommer so soutsmaak in my mond gekry.

Dit het `n helse ruk geneem om daar op te staan die pyn was so erg dat die vernedering van die studente meisies se gelag nie eers saak gemaak het nie.

Die mislike prof wou my nie in die klas toelaat nie. Het maar daar gewag tot die klas uitkom want daar was `n belangrike werkstuk wat ingehandig moes word wat hy toe ook weier om te aanvaar. Vertel hom toe die storie soos hierbo (Met meer kleur en geur) en sê selfs ek sal maar die broek laat sak as hy die bewyse wou sien.

Genadiglik het hy dit aanvaar en ek hoor vandag nog sy gelag soos ek in die gang afstrompel.......

 

Groetnis

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/06/2017 - 17:41

Was seker so Std.5 gewees in Phalaborwa. Hulle was besig om die pad agter ons huis te teer.  My een neef het by ons kom kuier en ek het hom met my nuwe fiets op die raam saam rond gery (lift).

Die eerste vasl was nie seer nie.  Voor ons huis was die Engelse laerskool en onder deur die hekkie was daar so dam wal waar oor ons altyd gery het om in die veld te kom.  Dié dag was 'n Sondag oggend en ek wou gou 'n draai gaan ry met die nuwe fiets voor ons kerk toe is maar iets het verkeerd gegaan met my berekeningds want die voor wiel was op die wal en die agterwiel het kort pad links lans die muur gevat en daar staan ek half lyf in die water.  Dit was nie reen water nie maar soerage water, staan toe by die werker daar se vuur om die kort broek pak klere droog te maak.  In die kar op pad kerk toe vra my Pa wie van ons het in ons broeke geskuit ?

Terug by die pad wat hulle besig was om te teer.  Hulle het hom vas getrap met daai groot tonnepoelers.  Stop by die bo punt met neef op die raam, skuif reg en daar terk ons pad af.  Ek gewaar toe daar kom een van daai pens skraapers van onder af op en vir die eerste kerr sê ek vir neef moet nie jou voet in die speke laat kom nie (al het hy skoenne aan gehad).  Hoe vinneger ek trap hoe merr sê ek hy moet sy voete weg hou.  Hy het seker gedink kom ons kyk wat gebeur as hy sy hak daar indruk, wat hy toe doen.  Met die kom 'n vriend van voor af en wat sien hy ?  Ek wat soos 'n wafferse ding do oor neef gevlieg kom.  Toe ek grond vat voel ek hoe die aarde dreun want daai groot ding is hier neffens my verby.

Sit nou nog met so agterstevoor L om my wang.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/06/2017 - 17:58

Dan was daar die tyd '72 wat ek my linker been van onder to bo nerf af geval het met doe 50cc motor fiets (2 keer op die selfde plek nogal). Was die Saterdag die bike voor en na die girl toe is, stop voor die woonstel gebou en gaan kuier.  Later begin dit reen en ek hardloop af om die fiets onder die gebou te stop draai links in die straat agter die woonstel in, met die nat modder op die wiel skuif die fiets onder my uit en ek koop 'n stuk teer.

Net toe die rowe weg is gebeur die selfde, hardloop uit maar besluit om die fiets maar daar te los.  Dit was net 'n vinnige bui reen, later stap ek uit om te ry en merk dat die grond als droog is. Klim op en kom weer om daai draai en wil toe mooi af show want die girl en haar ma staan op die balkon.  Met die kom daai stuk band wat op die grond gestaan het en nog lekker nat is op die teer en die agterwiel met daai windgat van my gepad onder my en ek slaan weer daar neer.

Staan op en waai maar en ry huis toe.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 29/06/2017 - 18:55

Ekke vertel niks, dan slaap jy nie vanaand nie, dink net aan al daai eina!!!, maar ek het ook al MOER hard geval!!!!!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 29/06/2017 - 18:58

By die klein plekkie waar ek groot geword het ons nog melk in kannetjies gekry. Dit was so 2 liter houers gewees. Die melk was direk nadat die beeste gemelk was aan ons verkoop.

Ons het gewoonlik in die namiddag die melk gekry. Wanneer daar nie genoeg melk was nie moes jy dit in die oggend gaan kry. Dan het ek die emmertjie in die middag by die melkery gaan los en dan in die oggend gaan afhaal. 

Ek het die besondere middag on emmertjie gevat, halpad sommer ook my suster sin op getel om ook daar te gaan los. Was so 500 meter van die melkery af toe iets gebeur het. Tot vandag weet ek nie wat gebeur het nie. Ek het myself bewusteloos geval. En dit was nogal op n gruis pad en die pad was reguit

Toe ek bykom was daar heelwat mense om my gewees. My neef het my fiets gevat en vir my pa by die huis gaan vertel en op daardie stadium was my ma in die hospitaal gewees.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 29/06/2017 - 20:44

My hardste val was op so 55 jarige ouderdom, in my erf had ek een groot peper boom van twintig plus jaar.

Die boom het begin breek, en ek was bang dit voeter om op die grens muur. Vat my ketting saag op, en sny die heel boonste takke af, toe ek die tou laat sak waaraan die saag is (jy wil nie met 'n kettingsaag in jou hande boom klim nie), gly my voet en ek is met saag, tou en al tussen daai takke af grond toe.

Skouer ligamente almal af, blad gekraak en my nek ernstig beseer.

My regter arm, nadat hulle ankers in gesit het, is steeds langer is die linker arm. Langmou klere laat my gebreklik lyk??

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 29/06/2017 - 22:22

Netso Dassie, want toe ek probeer opkom, toe praat ek in tale wat nie vir kinder ore bedoel is nie.

Op 63 wil ek toe die huis se dak verf, laaste stukkie trap ek op 'n nat teel, (hoe dit moontlik is, weet ek nie), en val paar teel vlenters, beland gelukkig bo-op die afdak om die val te stop. Gelukkig nie te seer gekry nie, net my vertroue in my vermoeëns is meor toe.

Soos hulle sê, as 'n perd jou afgooi, klim dadelik weer op en ry daai perd. Week later is alle gebreekte teels vervang en geverf.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 30/06/2017 - 05:50

Ek het 'n klompie jare gelede was seker so 51 jaar oud gewees 'n vriend gehelp om 'n waaier palm se stomp te verwyder. Die boom het mos hordes van daai senerige wortels. Het die koevoet onder 'n paar wortels in gedruk en 'n pyp oor die koevoet. Het aan die pyp gehang en toe breek die koevoet. Dit was nogal 'n dik koevoet gewees. Val toe met my kop teen die muur agter my dat jy net semet sien spat. Gelukkig niks oor gekom nie. Vriend het groot geskrik

0

Laasjaar February op ons motorfiets toe daai d%@#%$& Vlakvark beer op n stil windlose Saterdag oggend op n stil grondpad iewers in die Marico bosveld voor my en Tannie Poppie ingehardloop het.

Gelukkig het ek juis vir die gevalle altyd my Ginekoloog se nommer op speed dial op my foon..............toe ek swak, bebloed, op my laaste asem (het ek iets gese van n helder lig rondom n pragtige goudvervulde hek met mesne wat vlerkies het en sulke with lakens dra) die nommer bel toe lui Tannie Poppie se foon iewers in die nabye bos!!!

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 30/06/2017 - 09:25

Nee,  ph...t, julle het my nou so vol pyne, ek gaan vir volgende paar dae nie forum lees nie, MAAR, sal net dit noem - EK MOET ook maar so van tyd tot  self op die dak klim, gelukkig plat dak, MAAR, dan moet ek teen die A-raam gedeelte ook op!!!, het leer wat uitskuif, so 7.8meter hoog, teen dak op. 

Laaste paar jaar klim ek, wanneer en MOET, opklim, soos verkleurmannetjie, trappie vir trappie  STADIIGGGGGGG!!! Wanner ek bo uitkom, is ek omtrent 11meter van die grond af!!!!, DIS moer hoog!!!!, glo my!!!

Het twee weke terug, by Dischem hier in Pothole City, stuk plaveisel gekoop!!! reg vooroor neergeslaan toe voet swik (linkervoet het raktuur sedert September 2015) nerwe het gewaai, amper bril ook in sy glorie, neus het kontak gemaak met plaveisel. Regterskouer weer van voor af in sy maai!!!

Arme karwag vra: oomk, kan ek ophelp? seg ek, nee dankie, ek het self geval, sal self opstaan WANNEER ek WIL, maar het darem fooitjie gegee vir "hulpvaardigheid". 

Goed, ons word oud, maar ek voorsien moerse probleme vorentoe, as man nie eers meer kan vinnig uit kar klim om êrens heen te loop nie!!!, maar EK DINK, daai dêm plaveisel is nie GELYK nie!!!!
Dankie, nou kan julle maar verder val, dit het   bôggerol met my uit te waai!!!, GAAN NIE MEER HIER LEES NIE!!!!!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 30/06/2017 - 10:32

Toe ek nog konstruksie gewerk het, bou ons toe die Louis Pastuer mediese sentrum in Pretoria, dit was in 1969.

Val ek toe van die derde verdieping af, 7 dae in die hospitaal - vrek seer.

Natuurlik al heelwat met motorfietse geval, die hardste was in Pta Wes toe 'n klein keffertjie voor my 450 Honda in gehardloop het!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 30/06/2017 - 12:52

Ja Oom Arie daai motorfietse.  toe ek 17 was geval met my 125 DT, innie reen daar by Gordons Baai se vloot basis, te vinnig om die draai gegaan.  6 weke in hospitaal, linker femus gebreur op 26 plekke.  Staal plaat en 16 skroewe later, 3 maande rehabilitasie en leer loop van voor af - eina -    suffer ek mos nou nog as dit koud word

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 24/07/2017 - 20:45

Het innie vroe 80 met tjopper fiets hoorskool toe gery. So staan ek toe regop en volgende oomblik gly ketting af ek druk toe op die voorste handles res is giskiedenis hard baie hard neer gekom

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus