Dagsê manne en mannine
Ek is op soek na ou hooi vurke soos die in die foto. Daar is wat baie breër is en ook van die wat net 3 tande het.
As daar enige lede is wat sulke vurke het wat hulle bereid is om te verkoop ek sal dit met graagte neem en ook alle pos/koerier gelde betaal

Danie, ek dink amper in die…
Danie, ek dink amper in die jare 60's is dit ook gebruik in die kole industrie. As my geheue my nie in die steek laat nie dink ek dat ek dit toe gesien het
Dit is hoedat die kolevurk…
Dit is hoedat die kolevurk gelyk het wat ek onthou

Dis nou gawe inligting…
Dis nou gawe inligting dankie Dusty. Ja die goed is skaars ek het so 8 ou staal trekker sitplekke wat stoele geword het vir ons onthaal area en nou kort die ander trimmings (Ou implemente) Grawe spitvurke ens is volop maar die tipe van vurke is skaars.
Sleep nou
Dankie Enige hulp om `n paar op te spoor sal vreeslik waardeer word
Groetnis
Ek sien op ebay is daar een…
Ek sien op ebay is daar een.
Ek het weer 'n ou muil ploeg…
Ek het weer 'n ou muil ploeg in my tuin. ek het as kind 'n soortgelyke een gebruik om ons landjie (so 1 morg) langs die huis met die muile te ploeg.






Slowstrike
Hulle is nogal skaars sal bietjie rondvra