Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -2 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 05/07/2019 - 04:12

Goeie môre almal hier op 'n Vrydagoggend. 

Vandag is kleindogter 'n hele 10 jaar oud. 

Mag elkeen 'n lekker dag geniet en 'n wonderlike naweek. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 05/07/2019 - 06:34

More Stoffel en die wat nog gaan opdaag.

Sien die kombuis is lekker deurmekaar hier en hier is net n klomp vuil BlouBull koffie bekers wat die hele wereld volstaan. Al een wat mooi skoon is, is die WP een. Wonder wie se een is dit.

Die naweek het aangebreek.

Een van my "staflede" het bedank en ek gaan dronk word smiley Dink ek het my les geleer. "Screen beter en laat gaan vir mediese toetse.

Nogsteeds lekker koud. Ek dink daar aan om vir my neefs te gaan kuier in die Oos Kaap waar dit weer spier wit is. Rhodes omgewing. Ongelukkig is ek nie meer so lief vir die koue soos in die ou dae nie. Dalk het oudword iets met dit te doen smiley

Hier by die werk raak dit ook nou stil en ek hoop een van ons groot tenders kom af  voor die jaar draai.

Geniet die dag en naweek en wees veilig.

Hoop nie my plasing was vervelig nie. KOES !!!  cheeky

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 05/07/2019 - 06:54

Die naweek lê alweer voor ons.   Ek hoop almal gaan vandag en die naweek baie geniet.

Lekker bly en soet wees.yeslaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 05/07/2019 - 06:59

Nee wag, laat ek behoorlik dag sê, goeie more almal, julle moet 'n awsome dag, en naweek, geniet.👍 

Hier is dit lekker koud, maar, ons moet dit maar vat, een van die dae kry ons weer so warm dat ons tam is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 05/07/2019 - 10:20

Ek sien die stigter van hierdie draad is laat, of dink hy dit is nie meer nodig om te groet nie ?  Dit is mos "kommen of tappit" wink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 05/07/2019 - 17:19

Ai tog, baie bly my afwesigheid word deur sommiges opgemerk.

Korrek, wel 'n bietjie laat maar darem nie te laat om te groet nie.  Goeie middag/naand Kampforum !

Ek het 'n baie goeie verskoning, maar niemand sal my glo nie so ons los dit maar daar.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 06/07/2019 - 04:48

Goeie môre op hierdie Saterdag oggend. 

Rustige en stil hier in die kombuis waar ek staan en koffie drink. In die somer hoor ek net die voëls sing maar in die winter is dit doodstil.

Beplan 'n besige dag vandag. Om 8 uur is dit "parkrun" of in my geval net 'n stappie.

Vanaf 9 uur is dit tyd om die 2 potte te maak. Dit is net 2 nommer 3 potte. Een hoender en een bees. Hou vandag kleindogter se verjaarsdag en sy het heelwat mense genooi.

Mag elkeen 'n wonderlike Saterdag geniet. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 06/07/2019 - 06:07

Lekke stap en potte brou Stoffel hier in petrol dorp lekke koel ek by werk koffie loop soos stroop wie drink saam my vanoggend lekke dag vir almal vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 06/07/2019 - 07:20

Goeie môre kampforum, julle moet hierdie dag geniet.👍 

Stoffel, geniet jul kleindogter se verjaardag partytjie, vir ons a groot ouers, is dit amper net so 'n groot ding soos vir hulle. 

Shaun, ek drink saam, sterk moer koffie met drie suiker, heerlik lekker. Its not inside...its onnn top.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 06/07/2019 - 07:23

Goeiemôre almal op die forum.   Dit is weer lekker koud in die Baai vanoggend.   Die dae is egter lieflik met 'n warm winterson.   Ek was nogal besig die week met kuiermense, fisio en Wimbledon. Sien uit na 'n rustige naweek.  Miskien vanmiddag vroeg al 'n lekker vuur stook in die binnebraai.  Ek het by my slagter sosaties gekoop, 'medallions of pork filet wrapped in bacon".   Klink lekker né.

Ek hoop julle het almal 'n gatskop Saterdag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus