
Ek weet Jan Braai promoveer…
Ek weet Jan Braai promoveer ook die smeer van botter aan die buitekant. Maar ek dink in elk geval maar min van Jan Braai se maniere van braai.
Chris ek en my vrou het ook …
Chris ek en my vrou het ook 'n debat wat nie einde kry nie. Ek glo daaraan om nie die braaibroodjie aan die buitekant te botter nie, maar vroulief stry my teen dat dit gebotter moet word aan die buitekant. Ek eis dat ons kapernaars weet van braaibroodjies maak en dat sy maar eerder moet hou by pap maak proses.
Die botter buitekant is…
Die botter buitekant is veronderstel om die kors sagter te hou.
En die botter keer dat dit…
En die botter keer dat dit nie aan die rooster vassit nie. Soos wanneer jy jou broodpan smeer sodat die brood nie vassit nie
Ek soek juis 'n mate van …
Ek soek juis 'n mate van "crispy"-heid aan die broodjie. Maar nou ja, smaak verskil.
En ek het ook nooit probleme dat die brood aan die rooster vassit nie.
Maar soos Anton sê, ons Kapenaars is dalk meer gekonfyt in braaibroodjies maak. Ons noordelike vriende, wat oor die algemeen "experts" is met pap, het mos graag verwys na "Kapenaars se pap" wanneer hulle verwys het na braaibroodjies.
Hallo oom Frans! Dit is…
Hallo oom Frans! Dit is goed om weer van jou te hoor ![]()
Ek stem Chris - Transvalers moet maar eerder pap maak en los die braaibroodjies vir die kapernaars ![]()
Neef vang n gly in daai…
Neef vang n gly in daai braaibroodjies wat die tandvleis krap. Hier word hy so gebraai, krisp aan die buitekant met n papperige stuk tamatie, en so effe sagte kasie, ek verpes die goete, maar ter wille van oorlewing en familie vreugde, knars ek hom.
Perfekte braaibroodjie. In n toeknyp elktriese rooster, van amper 50 jaar oud. Kry n lagie botter buite op, net so goed as n Wimpy van der Merwetjie.
Dagse Frans, die Witfliegies gee my hel in die kweekhuisie.
Hy sal loop
Die resep sal loop soos stroop braai is soos kamp jou lekke ding
Met of sonder botter aan die…
Met of sonder botter aan die buitekant, braaibroodjies is nog steeds 'n wenner






Klink na iets om te probeer…
Klink na iets om te probeer. Maar ek wonder, waarom dan die brood ook aan die buitekant smeer? Ek glo aan lae hitte vir die eerste klompie minute - om die "binnegoed" (kaas, tamatie, ui) warm en gaar te maak voordat ek warmer kole bysit om die brood te "tan". En ek "tan" dit maklik sonder botter aan die buitekant. Wonder maar net?