Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -20 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -21 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Wie doen "me time" kamp

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Ek en die wederhelfte het van toentertyd af die ding dat ons elkeen eenkeer per jaar (dit sluit natuurlik my jaarlikse jag en visvang trippies na Mosambiek uit!!) ons eie vakansie ding doen.

Sy gaan gewoonlik vir so tydjie see toe en ek het die jaar vir my n plekkie bespreek in Satara waar ek my ou getroue dome sal vasslaan langs die draad.

Ek, myself en Frik.

Lekker man, kannie wag nie!!

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 01/08/2017 - 16:11

Ek doen gewoonlik `n bike trip van so 4-6 dae Ek my 2 man tentjie en so veel as moontlik grondpad. Ook maar goed ek is alleen want soms word daar net so een of twee keer gebad in daai tyd. Stop waar ek wil slaap waar ek plek kry en eet alles wat ek nie by die huis mag nie.

Die wederhelfte gaan meestal na `n "fatfarm" toe waar hulle haar niks gee om te eet nie met modder gooi ens ens en dan betaal sy nog goeie geld daarvoor.

Alleentyd volgens my is tog nodig maar ek geniet dit ook as sy saamry op die fiets maar daai "fatfarm sien my nooit

 

Groetnis

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 01/08/2017 - 16:29

Nee, ons het nog nooit apart gaan kamp nie.    Ek glo nie ek sal daarvan hou om sonder Colin te kamp nie.  In sy jonger dae sou hy dit dalk geniet het maar ek glo nie nou meer nie.  Nou sal hy verlore wees sonder my.winklaugh

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 01/08/2017 - 17:21

Freda, daar moet ek met jou saamstem. As ek met vakansie gaan dan gaan my wederhelf saam. Ek kan my nie n vakansie sonder haar voorstel nie. Sy is deel van my en andersom ook

0
afrika

Bena

Tue, 01/08/2017 - 20:55

ek gaan fish eenmaal n jaar sonder my vrou ma dit is haar keuse sy verkies die gerief van krag en daar waar ons fish is gewoonlik niks so dan gaan ek ma aleen en sy gaan kuier by skoonma ma langer as n naweek sal ek nie sonder haar kan gaan nie

 

kamp is ma n familie en friende ding hoe meer pelle hoe lekerder kuier ons

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 02/08/2017 - 07:31

Toe ek alleen was het ek die alleen kamp gedoen maar vandat ek getrou het nog nooit weer alleen

0

Slowstrike, ek het ook elke jaar die bike trip gedoen vir so 4-6 dae net om kop skoon te maak, presies soos jy dit doen - spartaans!!

Vandat die vlakvark my laasjaar gewhitewash het op my bike daar naby niks op n grondpad gaan ek nou biki die mudus operandi verander.

Onthou dat al die ander kampe en vakansies die hele familie insluit behalwe die jag waar net ek en die manne gaan want die twee vroue like dit niks.

Ons gaan weer as familie almal die Desember Thailand toe vir 10 dae.

Ek dink net n man moet nou en dan gaan dink onder n boom, alleen.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 02/08/2017 - 09:02

Frik

Ja so ongeluk alleen op `n grondpad is nie `n man se maat nie ek het ook al daaraan begin dink om `n mede biker te kry om saam te ry dan is daar darm backup as iets gebeur.

Kyk ek het seker een van die mees avontuurlistige vroue in die wêreld getrou en daar is niks wat sy nie sal probeer nie. Ons vorige trip (14 dae) en 6800 km Kaap toe met die fiets het ons gekamp gehotel in die veld geslaap ge skinnydip in watervalle en plaasdamme langs die pad en seker 20 keer omgeneuk in die sandpaaie en nog steeds sal en wil sy saamry.

Ek waardeer haar gesindheid om my alleentyd te gun en sy weet ek het nie nodig om van "haar af weg te kom" nie. En ja soos die ander noem dat hulle nie sonder die wederhalftes sal of wil kamp nie wil ek ook graag alles saam haar doen maar geniet ook tyd alleen.

Ons moet `n trip reel.........

Groetnis

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus