Ek en die wederhelfte het van toentertyd af die ding dat ons elkeen eenkeer per jaar (dit sluit natuurlik my jaarlikse jag en visvang trippies na Mosambiek uit!!) ons eie vakansie ding doen.
Sy gaan gewoonlik vir so tydjie see toe en ek het die jaar vir my n plekkie bespreek in Satara waar ek my ou getroue dome sal vasslaan langs die draad.
Ek, myself en Frik.
Lekker man, kannie wag nie!!
Ek doen gewoonlik `n bike…
Ek doen gewoonlik `n bike trip van so 4-6 dae Ek my 2 man tentjie en so veel as moontlik grondpad. Ook maar goed ek is alleen want soms word daar net so een of twee keer gebad in daai tyd. Stop waar ek wil slaap waar ek plek kry en eet alles wat ek nie by die huis mag nie.
Die wederhelfte gaan meestal na `n "fatfarm" toe waar hulle haar niks gee om te eet nie met modder gooi ens ens en dan betaal sy nog goeie geld daarvoor.
Alleentyd volgens my is tog nodig maar ek geniet dit ook as sy saamry op die fiets maar daai "fatfarm sien my nooit
Groetnis
Alleen kamp
Nee, ons het nog nooit apart gaan kamp nie. Ek glo nie ek sal daarvan hou om sonder Colin te kamp nie. In sy jonger dae sou hy dit dalk geniet het maar ek glo nie nou meer nie. Nou sal hy verlore wees sonder my.![]()
![]()
Freda, daar moet ek met jou…
Freda, daar moet ek met jou saamstem. As ek met vakansie gaan dan gaan my wederhelf saam. Ek kan my nie n vakansie sonder haar voorstel nie. Sy is deel van my en andersom ook
Stem saam met die saam…
Stem saam met die saam kampering, kan nie dink wat ek sal doen sonder my beterweter nie.
ek gaan fish eenmaal n jaar…
ek gaan fish eenmaal n jaar sonder my vrou ma dit is haar keuse sy verkies die gerief van krag en daar waar ons fish is gewoonlik niks so dan gaan ek ma aleen en sy gaan kuier by skoonma ma langer as n naweek sal ek nie sonder haar kan gaan nie
kamp is ma n familie en friende ding hoe meer pelle hoe lekerder kuier ons
Nee ek sal myself dood…
Nee ek sal myself dood verlang na klein warm asempies!
Slowstrike, ek het ook elke…
Slowstrike, ek het ook elke jaar die bike trip gedoen vir so 4-6 dae net om kop skoon te maak, presies soos jy dit doen - spartaans!!
Vandat die vlakvark my laasjaar gewhitewash het op my bike daar naby niks op n grondpad gaan ek nou biki die mudus operandi verander.
Onthou dat al die ander kampe en vakansies die hele familie insluit behalwe die jag waar net ek en die manne gaan want die twee vroue like dit niks.
Ons gaan weer as familie almal die Desember Thailand toe vir 10 dae.
Ek dink net n man moet nou en dan gaan dink onder n boom, alleen.
Nee ek gaan nie alleen kamp…
Nee ek gaan nie alleen kamp nie dan moet ek dalk iets doen. Wie gaan die tent opslaan en my bier aandra as sy by die huis bly? Nee sy gaan saam.
Frik…
Frik
Ja so ongeluk alleen op `n grondpad is nie `n man se maat nie ek het ook al daaraan begin dink om `n mede biker te kry om saam te ry dan is daar darm backup as iets gebeur.
Kyk ek het seker een van die mees avontuurlistige vroue in die wêreld getrou en daar is niks wat sy nie sal probeer nie. Ons vorige trip (14 dae) en 6800 km Kaap toe met die fiets het ons gekamp gehotel in die veld geslaap ge skinnydip in watervalle en plaasdamme langs die pad en seker 20 keer omgeneuk in die sandpaaie en nog steeds sal en wil sy saamry.
Ek waardeer haar gesindheid om my alleentyd te gun en sy weet ek het nie nodig om van "haar af weg te kom" nie. En ja soos die ander noem dat hulle nie sonder die wederhalftes sal of wil kamp nie wil ek ook graag alles saam haar doen maar geniet ook tyd alleen.
Ons moet `n trip reel.........
Groetnis





Kyk as ek nou permanent…
Kyk as ek nou permanent alleen wil gaan kamp moet ek dit net eenkeer sonder Hel1 try....