Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
N1 vs N12 Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Dankie Goeie Hout Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Chris en Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Mopani Restaurant Kruger 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Nossob Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Mopanie restaurant Kruger 2026 Geert -1 hour ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Besluit vanoggend om die lente te vier, spring op my scooter en slaan die pad Pretoria toe.

Kry n papwiel net voor die Engen Garage, agterwiel shot, bel Outsurance, toutrok oppad.........hulle bel SANRAL, sluit die highway om my fiets aan die anderkant van die pad te kry vir veilige oplaai.

Vat scooter BMW toe, vat my huistoe, klim in Hilux terug PTA toe.

BMW laat weet, skade met diens (wat ek toe nou sommer ook doen terwyl hy daar is) R 6000.

Kom by werk, Dell laptop blaas op.

12 uur tandarts toe, wat n Vrydag!!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 12/07/2019 - 11:44

Nou kan dit net beter gaan.

Genoeg het vir jou verkeerd gegaan vir jou

Sterkte daar

0

(amper) Mirrag!! Wou nou net sê lekker Vrydag vir almal maar dit wil my voorkom oom Vleisbal kort dringend 'n dop.

Sterkte ook daar by julle Antie F.

Oom Harry, daai ou wat nie wou werk nie is seker 'n weepee supporter en dis ook hy wat jou kombuis vuil gemors het.  Dit gaan nou beter gaanwink

Geniet julle naweek mense!!!cool

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 13/07/2019 - 05:42

More, geniet jul Saterdag.

Die Vuil Driehoek lug het jy vroeg al wakker, ek kry omtrend nie asem met die steenkool rook wat so in die lug hang nie, nou kom sit ek maar stoksiel alleen en praat met myself 😂

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 13/07/2019 - 07:27

Gaan dit goed met almal vanoggend?   Met my sou dit beter gegaan het as Rafa gister gewen het maar wat 'n briljante wedstryd.   Albei het fantasties gespeel.   Nou moet Roger net so aanhou en môre teen Djokovic in die finaal wen.

Happy Saturday everyone!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 13/07/2019 - 08:00

Good morning almal!   Mag elkeen 'n heerlike Saterdag beleef!  yes

Ek gaan nou bietjie fiets trap om gisteraand se worsrolletjies werk te gee en plek te maak vir bier smiley

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 13/07/2019 - 10:18

Dagsê mense !  Weer eens 'n heerlike, windstil, sonskyn wintersmôre hier by ons in Brackenfell.  Alles lyk mooi groen, nat en skoon met 'n lekker vars reuk in die lug  -  wat 'n besonderse voorreg !

Ek hoop jy geniet 'n heerlike Saterdag netsoos ek.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 14/07/2019 - 05:45

Goeie môre almal. 

Wonder wat het van Meraai vannie Baai geword. Sy is baie stil. 

Glo dat elkeen 'n goeie nagrus gehad het en geniet die Sondag. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/07/2019 - 06:24

Ek sit nou hier in my studeerkamer (net in naam, hier is jare laas in hierdie vertrek gestudeer) met 'n beker koffie en 'n titseltjie koffiekapitaal......ryk en lekkerrrrrrrrrrr !

Goeie môre Kampforum-vriende !  Ek kyk hier na buite en kan net 'n tree of wat sien, dik mis tot op die grond  -  dis op die oomblik 8º met 'n voorspelling van 16º vir die dag.  Die wetenskaplike afleiding wat hieruit gemaak kan word is : "dit is beslis winter !"

Geniet 'n rustige Sondag daar waar jy kamp of tuis by die huis sit.

Ns. Dusty, Freda het heelwat tennis-trane om af te vee nadat haar tennis-held dit nie gemaak het nie. In die omstandighede moet ons begrip toon vir haar stilte.  Ek wonder wat sê sy van die nuwe vroue-kampioen?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus