Môre vriende
Ek sleep môre so bietjie Manyane toe. Dit is my beurt om so bietjie leeg te lê en hopenlik diere te kyk.
Hopenlik onthou ek die keer die kameras en om paar fotos te neem. Ek het juis 'n poolnoodle opgesny om oor die venster te plaas sodat die kamera daarop kan rus. Mens kan nie die goedjies vashou. korrel en zoem, sonder om te bewe nie.
Groete
Wessel
Kaap na Pilansberg
Middag Len
Ek het gou met Google maps geloer na paaie.
Dalk moet jy oorweeg en navraag doen oor die volgende opsie;
ry met N12 vanaf Kimberley tot by Klerksdorp. Kry daar die pad na Ventersdorp, en dan na Rustenburg en Pilansberg. Ek wil voorstel dat ons forumlede van daardie omgewing jou moet help in die verband.
Jy kan dan soos ek voorgestel het skuins ry in Brits se rigting om by die N4 aan te sluit. Of terug in Rustenburg rigting om N4 te kry. Beide opsies neem mens deur die ou Bop-tuisland.
Ek dink ten minste 2 vol dae is voldoende om daar te kamp. Arriveer op dag 1, kamp dag 2 en 3 en vertrek weer op dag 4.
In die wintermaande is Manyane tariewe vir pensioenarisse veral laer as parkeraad. Die omgewingsfooi/dag ontbreek ook. Dan betaal jy net vir die aantal dae wat jy in die wildtuin wil ingaan. Ek het nou R50/dag per persoon betaal.
Groete
Wessel
Manyane Pilansberg
Naand vriende
Hierby hopenlik aangeheg nog 'n paar fotos van Pilansberg. Aangesien ek maar 'n skaam ouman is, het ek nie nog fotos van Manyane kampterrein nie.
Pilansberg is bekend vir sy baie renosters,en soos julle kan sien aan die horings, word dit soos goud opgepas. Mens mag gladnie meld presies waar in wildtuin mens hulle raakloop nie.
Die versteekte olifant foto is bloot om die grootte van die olifant in perspektief met die kar te plaas.
Len: Die prys vir 'n staanplek die afgelope naweek was;
Donderdagaand--R257
Vrydag en Saterdag-aand--R325/aand
Die pryse kom heelwat laer in wintermaande.
Groete
Wessel
Pragtige foto's,
dankie Wessel. Ons gaan Pilanesber beslis by ons volgende trippie insluit.
Ek moet ook weer daar 'n…
Ek moet ook weer daar 'n draai gaan maak.
Dankie..........
.................Wessel, ek begin alhoemeer oorreed word om my volgende Kruger Wildtuin-trippie te kombineer met 'n vooraf Pilansberg besoek. Dan, in plaas daarvan om in Pretoria-Noord by ons familie te kuier, kan ons familie mos saam kom kamp in Pilansberg !
Manyane bespreking
Môre Len
Ek bel sommer die volgende nommers vir 'n bespreking of verdere inligting;
014 555 1000
072 707 4216
Google is effe verwarrend, want die kampe val onder die naam Golden Leopard Resorts. Ek sal jou aanraai om sommer te bel sodat hulle vir jou tariewe en ander inligting kan epos.
Groete
Wessel
Manyane, is nou ook op my…
Manyane, is nou ook op my wenslys, dalk die winter nog daar gaan draai maak.👍
Onthou dit kan ook maar…
Onthou dit kan ook maar lekker koud word daar al lyk dit lekker Noord. ![]()
Willem, ek is nie bang vir…
Willem, ek is nie bang vir koue nie.😀
Manyane--Pilansberg
Môre vriende
Ek wil net noem dat ek van more af so bietjie in Pilansberg gaan koud kry. Ek het so effe kamp onttrekkingssimptome en daarom moet ek wegbreek.
Hoekom alweer soheentoe sal julle wonder, wel dis maklik om te verklaar;
naby aan my huis,
Manyane kampterrein en ablusies is steeds netjies, skoon en in werkende toestand,
en hopenlik sien mens wild.
Ek hoop net die "stadslawaai" uit Mokwase is opgelos.
My paklys, kameras ingesluit, is teen yskas opgeplak vir die inpak vanaand.
Groete
Wessel
Wessel, julle moet dit…
Wessel, julle moet dit voluit geniet. Ons gaan Augustus Sondéla toe vir daai lang naweek.
Ai tog..............
Ai tog, die naaste "werklike" Wildtuin aan ons is 500km ver. Jy is bevoorreg Wessel, geniet daardie wegbreek en hou ons op die hoogte met wild en jou kampopset fotos. Ek kan nie onthou dat iemand al 'n mooi foto van Manyane se kampterrein geplaas het nie sodat ons ou spulletjie wat nog nie daar was nie, kan sien hoe dit lyk.
GENIET Wessel!
Mooi ry en onthou die koue kan julle besweer met n lekker vuurtjie en dan helaas onthou dat n koue kamp dag in die bosveld altyd beter is as n goeie dag op kantoor in n rokerige stad..
Julle moet dit geniet Wessel…
Julle moet dit geniet Wessel! Dink aan ons arme tuisblyers ![]()
Wessel, wees maar versigtig…
Wessel, wees maar versigtig daar, dit gebeur al hoe meer. Hierdie is 'n artikel was laasmaand geskryf is op media, volg die "link"
Persoonlik het ek myself…
Persoonlik het ek myself reeds baie lank gelede reeds voorgeneem om nie in Pilanesberg te gaan kamp nie. Die twee keer wat ek as dagbesoeker daar was, het ook my lus vir die plek bevredig. Ek ry met graagte eerder die langer afstand na Marakele. Maar - so verskil voorkeure en ek hoop hulle kan, ter wille van diegene wat die oord geniet, hulle probleme uitsorteer.





Dankie...........
Wessel, jare gelede het ek die Rustenburg - Northam pad baie gery toe my skoonouers op Swartklip gebly het. Van die Kaap af sal ek by Warrenton afdraai vanaf die N12 en oor Vryburg, Lichtenburg, Koster tot in Rustenburg kan kom. Van Pilansberg Kruger Wildtuin toe sal ek dan maar ook eerder terugry Rustenburg toe en dan verder op die N4.
Hoe het jy Pilansberg en Manyane se tariewe ervaar en hoeveel dae sou jy aanbeveel om daar te kamp ?
Ns. Ek onthou Willem Brits gee ook meer voorkeur aan Manyane as kampterrein.