So lyk die wa
Net so idee van die toestand. Ek het fotos van elke hoekie en draaitjie en die bande en spaarwiel maar sal julle nie verveel met al die detail nie.
Dit lyk nog netjies. Jy gaan…
Dit lyk nog netjies. Jy gaan dit baie geniet.
Baie geluk Chris, nou is jy…
Baie geluk Chris, nou is jy reg vir 'n begin van lekker droom vakansies, jy sien, die forum werk vir ons toekoms drome![]()
Ek is sommer saam met julle opgewonde.
Kavango wense
Môre Chris
Baie geluk met jou rykmanspeelding![]()
Ek hoop jy gaan dit net soveel geniet as wat ek myne geniet. Mag jy net vreugde ervaar en veilig sleep.
Waarheen gaan julle die naweek???
Groete
Baie geluk en geniet hom…
Baie geluk en geniet hom voluit met vreugde ![]()
Baie geluk Wildehont, skep…
Baie geluk Wildehont, skep ewige herinniringe by awesome oorde met die nuwe karavaan. Dis elke sent werd, moet nie eers skuldig voel nie.
Wildehont se Kavango
Môre Wildehont
Ek wil voorstel dat jy nou 'n nuwe onderwerp begin, sodat ons kan wegstap van die huidige "effe af" titel.
Begin dit sommer met fotos en vertelling vanaf die ontvangs daarvan by jou huis.
Groete
Wildehont (Chris)
Baie geluk mag die wa net vrede en vreugte vir julle bring jy kan verseker nie meer wag om hom te haak en te sleep nie jy gaan nou n hond uit n bos kamp![]()
Dankie vir almal se goeie…
Dankie vir almal se goeie raad en wense deur die reis. Soos ek gisteraand vir my vrou (wat baie opgewonde is) sê; mens lewe net een keer. Maar as jy dit reg doen is een keer genoeg.
Ek het die draad se onderwerp verander aangesien ek besig is om die ou onderwerp verkeerd te bewys. Ek glo steeds nuwe waens se pryse is heeltemal buitensporig, maar dit daar gelaat...
Baie geluk Chris. Ek is saam…
Baie geluk Chris. Ek is saam met jou opgewonde. Mag julle baie kampvreugde en goeie herreringe opbou met jul boskaravaan ![]()
Waarheen gaan julle die…
Waarheen gaan julle die naweek???
Dis die gemors! ‘n Universiteitsvriend wat al 12 jaar in Skotland bly is in die land vir sy pa se begrafnis (reeds verby) en kom Vrydagaand by ons kuier. Ek dink ons sal maar Saterdag na hy weg is by ‘n vriend se kamp langs die Breede rivier gaan staan. Dis darem net so halfuur se ry Rivierplaas toe.
Chris, dit is aktyd goeie…
Chris, dit is aktyd goeie praktyd om jou eerste kamp met 'n nuwe wa, so naby as moontlik aan die huis te doen, dit gee jou die geleentheid om die dinge mooi uit te kyk en seker te maak jy verstaan wat waar gaan. Merke te maak aan die pale ens. ens. om dit vir die toekoms makliker te maak.
Chris ,kamp kan net lekker…
Chris ,kamp kan net lekker wees met lekker mense rondom jou,geluk met jou bederf.Ons kan gerus bladskut en n moontlike kampie inwerk.As dit jou pas 072 739 846 4 sal aangenaam wees.
Daar hy hou, julle moet…
Daar hy hou, julle moet kennis maak Chris, Dirk is 'n baie aangename vriend, werk sommer al die kapernaars so ou moontlik in by 'n kampforum saamtrek.
The Echo has landed
Na ‘n spannende 24 uur het Achmat die wa so uur gelede afgelewer. Alhoewel ek hom so goed as moontlik ondersoek het om seker te maak hy is nie ‘n skelm nie, ken ek hom van geen kant af nie. Dit was dus ‘n saak van geloof om die kopie aan hom toe te vertrou, maar ek kan hom nou aanbeveel.
Soos ‘n kind met ‘n nuwe speelding het ek eers gou die dak opgeslaan en die tent oopgemaak. Die kleintjies het natuurlik baie lekker gespeel en wil vanaand al in die wa slaap.
Chris, baie geluk
Mag julle vele jare se gelukkige kampe met daardie pragtige wa beleef
Nou kan ons sê BAIE GELUK en…
Nou kan ons sê BAIE GELUK en geniet hom waarvoor hy daar is ten volle.





Om te wa of nie
Soos julle weet wik en weeg ek nou al 'n geruime tyd oor of ek 'n wa moet koop. Die forum is hoofsaaklik te blameer vir die behoefte wat ek ontwikkel het om 'n wa aan te skaf, dankie julle
Ek soek al lank en alhoewel ek moet leen uit my bykans opbetaalde verband om die wa te koop, is dit darem net die tweede duurste voertuig wat ek nog ooit gekoop het, en ek glo dit sal ten minste vir my en my gesin die tweede meeste genot bring van enige voertuig wat ek nog gekoop het, indien nie die meeste nie.
My boesemvriend van 39 jaar het gister na die wa gaan kyk. Hy het self al bos karavane gehuur om Mabuasehube toe te gaan so is darem nie 'n totale leek in die opsig nie. Hy sê hierdie wa is pragtig opgepas en in 'n puik toestand. Die verkopers is welaf Engelse mense wat baie lief is vir kampeer en hy het sommer lekker gekuier en gesels daaroor met hulle. Ek het dus vrymoedigheid om die betaalknoppie te druk wanneer die vervoerkontrakteur hopelik later vanoggend die wa gaan haal om dit môre in Worcester te kom aflewer.