Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -4 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -4 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Secunda

Sleep nou

Tue, 08/08/2017 - 07:32

Julle almal moet n gat skop dag he

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 10/08/2017 - 05:52

More Voortrekker, ek sien jy is aanlyn.   Dusty is stil, het Maandag laas saam kom koffie drink.  Ek hoop hy is OK.   Laat weet ons, Dusty.

Voortrekker, ek het jou nuusbrief ontvang, baie dankie.   Ek hoop as lede dit kry, moedig dit hulle aan om te kom saamgesels.   Dankie vir alles wat jy doen.

Geniet jul koffie/tee almal en mag jul 'n besonderse aangename dag hê.   More is Vrydag!

0
Centurion

Dusty

Thu, 10/08/2017 - 06:20

Goeie more almal en Freda,

Het 'n krisis op kantoor gehad wat vanoggend af gehandel moet wees. Het dit darem gemaak.

Sopas my eerste koppie koffie gehad. Amper naweek.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 10/08/2017 - 06:55

Goeie more almal!  Hello Freda en Dusty, ek het vir Deon ook sien inloer.

Dankie vir die nuusbrief terugvoer Freda, ek is bly jy het dit gekry.

 Toe ek vir die toets my hotmail epos ook op die lys sit om te sien of ek die nuusbrief kry, toe beland dit in my "spam" folder!  Ek het na 10 min toe ek nog nie die epos ontvang my spam folder oopgemaak en toe wraggies daar sit die nuusbrief!  Ek glo dit gebeur gereeld en daarom die opvolgende epos wat ek vannaf kampforum@gmail na almal gestuur het om te vra dat hulle spam folders monitor - het jy hom ook gekry?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/08/2017 - 07:38

More sê aan almal.

Dankie koffie was sommer lekker op hierdie heerlike oggend,  mooi dag aan julle.

Dankie Anton, ek het ook twee e-posse ontvang vanaf Kampforum.?

0
Centurion

Dusty

Fri, 11/08/2017 - 05:38

Goeie more hier op 'n Vrydagoggend.

Vanoggend is dit nogal warmer as die vorige dae. Tee is ook lekker vanoggend.

Gister het die brug wat geval het 'n klomp mense vertraag en het later op kantoor verskyn.

Die stukke is darem gou verwyder en die pad weer oop gestel.

Geniet die dag en so ook die naweek

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 11/08/2017 - 06:45

Goeie more!

Dusty, gister laat middag en aand het dit vir my amper gevoel soos lente daar in centurion.

Ek gaan nou af kombuis toe en vir my 'n lekker Vrydag oggend koffietjie aanmekaar slaan.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 11/08/2017 - 07:31

Die week is alweer verby.   Dit is 'n mooi dag in die Baai en ons kan ook gladnie kla oor die weer die afgelope tyd nie.  Dit is beslis nie soos winter nie en gewoonlik is Augustus nog koud hier by ons.   Mens wonder of dit 'n vroeë somer beteken en of die koue nog weer gaan kom.

Dusty, het hul toe uitgevind waarom die brug inmekaar gestort het?   Dit moet erg wees om op 'n brug te loop en hier gebeur so 'n ding.

Lekker Vrydag vir almal.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 11/08/2017 - 07:36

Goeie more mede kampeerders, wat 'n lieflike dag hier in die Vuil Driehoek.

Freda dink net jy kom teen 120kpu aan gery en hier val die brug voor jou oë in een??

 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 11/08/2017 - 07:37

Freda dis hoekom ek maar nie te gou wil getuig van 'n winter wat verby is nie.  Ons het al baie keer so gedink en dan kom slaan die koue deur to in September toe!

Wat die brug aanbetref word 'n ligte aarbewing van 1 of 2 ure vroeer blammeer.  Of dit so is of nie weet ek nie.  Daar is wel berigte van 'n ligte aarbewing.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 11/08/2017 - 07:37

Lekke koppie koffie vir almal en die wat gaan kamp vat my saam asb ek is goed met skottelgoed

0

Hoza, Friday my darling!! Lekker dag vir julle almal en geniet die naweek!!!

Ek is hoeka besig om die volgende kamp te beplan as Comet nou eendag my XT 140 se tent vir my terug bring van Howling Moon af.

0
Centurion

Dusty

Sat, 12/08/2017 - 06:05

Goeie more almal en Harry. 

Sit met n beker koffie en beplan die dag. Wil alles agtermekaar kry om die dag se werk gedoen te kry

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 12/08/2017 - 06:39

More sê, dis Saterdag!   Ek onthou, toe ek nog gewerk het, die lekker gevoel as ek op 'n Saterdagoggend wakker word en besef, dis Saterdag!   Soos Johann sê, Maandag is weer Saterdag vir sommige van ons, maar ons gun julle ouens julle Saterdag.laugh

Voor die droogte so erg geword het in die Baai, het molle omtrent oorgevat op ons voorste grasperk.   Dit was omtrent erg.  Dit het veroorsaak dat sekere bakstene van  plaveisel onder die afdak begin insak het.  Ons kry vandag twee manne wat dit kom opvul en regmaak.   Ons was so gelukkig om die man te ontdek, 'n paar jaar gelede.  Hy het al drie keer vir ons gewerk, ook by 'n ander huis.  Sy werk is uitstekend en hy is gladnie duur nie.

Dan kry ek ook 'n bediende wat kom vensters was.  So, ek het werkers om kos te gee vandag.wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus