Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -36 minutes ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -1 hour ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -1 hour ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -1 hour ago

Welkom

Hartenbos
Submitted by Bouts on
Forums

Welkom aan al die nuwe lede

welkom

Voortrekker - Baie dankie ek moet nou net eers seker maak dat ek op die regte plek die regte dinge tik. Laat weet asb of hierdie reg geplaas is of moet ek 'n ander ding doen?

0

Voortrekker - ek sal later oorskuif na 'n ander afdeling maar vereers net gou update.

Aangesien ek nog van voor Wegsleep dateer is daar baie van die ouer kampers wat my sal onthou as "Skallie" Het vergeet om dit so by registrasie in te vul en weet nou nie hoe om Skallie in pleks van Schalk1 in te kry nie!!

Nouja in kort: ek en die ou belangrikste in my lewe sleep nou kort deuskant 80 jaar(Feb en Nov) maar ons kap dit nog flou. Ons probeer minstens 6 maande elke jaar te staan en kom nou begin Aug terug van Yellow Sands waar ons vanaf Feb daar op 53 gestaan het. Dis net kort by die bruggie af see toe.

Ek dink daar is baie wat ons sal onthou. Die wit Isuzu bakkie met die grys bak tent en dan die tentco diner en gazebo voor.

Om die trap te gebruik moes die ander noodgedwonge voor ons verby loop en dus het ons baie gesien en ontmoet. Groete dus aan almal wat ons ken. Weens my geheue wat 'n bietjie spoed verloor kan ek nie almal se name onthou nie.

Ons is tans besig met voorbereidings vir 2020 Feb se uittog.

Groete vereers aan al die vriende

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 27/10/2019 - 18:10

Baie welkom Skallie👍

Goed, toe was dit nie my fout met die vinger nie, maar Anton se vinnige diens.👍 

In my e-pos stuur ek vir 'n Schalk e-pos, volgende oomblik sien ek dit is verkeerd, en stuur toe maar verskoning😂

EK het jou naam verander na Skallie toe 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 27/10/2019 - 18:46

Baie welkom hier op ons Kampforum, gesels lekker saam.

0
Bethal

Skallie

Mon, 28/10/2019 - 07:22

In reply to by Willem Brits

Baie dankie ook aan die wat ek dalk gemis het. Vraag: Hoekom staan daar "edit reply" by my vorige lang inset?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus