Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 19/11/2019 - 09:35

Willem as jy by Jurgens is vir die klap van die koppelstuk, en jy sien dalk vir Brink van Niekerk stuur groete.

Dis my skoonseun se broer, hy werk by Jurgens van die begin van die jaar as boekhouer.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 19/11/2019 - 10:06

More aan almal sterkte daar Arie ek wens almal wat lid is vannie forum klim op en gesels vandag saam lekke dag vrede

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 20/11/2019 - 05:11

Goeie môre almal.

Tee is gemaak en die koffie is aan die gang. Moes eers gister die koffie masjien regmaak. Sy hitte skakelaar het die gees gegee.

Lekker dag vir elkeen

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 20/11/2019 - 08:08

Rusige oorslaap nag gehad hier hy Koppiesol, net ek in die park.

.
Kyk my nice tafel wat ek as geskenk gekry het by Johann

Geniet jou Woensdag voluit in vrede.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/11/2019 - 10:16

Wow, ek sou wat wou gee om so 'n ou Jurgens tafel in die hande te kry !

Goeie môre almal !

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 21/11/2019 - 03:44

Goeie môre almal.

Lekker gereen gister en so ook deur die nag. Sien alles tot hier by die kantoor is nat. Het tot gistermiddag laat so 35mm gemeet.

Tee is gemaak en die koffie masjien is aan die gang.

Lekker dag vie elkeen

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 21/11/2019 - 05:59

Ook lekker hier hy ons gereen.

Ons krag was nou die afgelope 24 uur 5 keer af. As dit lyk na reen gaan dit af.

Hulle het ons nuwe smart meters vervang met nuwe prepaid meters. Nou hoor ons dit is nie SABS goedgekeer en moet ook dalk weer uitgehaal word. Ek veg nou vir die meer as R9000 wat op my vorrige smart meter was. Dink dit gaan n lang geveg wees.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 21/11/2019 - 06:12

Goeie môre almal, geniet 'n lekker koel /nat Donderdag, hier het dit ook lekker gereen. Sal net nou gaan meet.

Sterkte Harry, ja dit gaan 'n hewige geveg wees.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 21/11/2019 - 06:43

Goeiemôre almal hier op kampforum smiley  Julle moet die dag geniet yes   Gister my vlugte bespreek want ek moet komende Sondag en Maandag weer in Zim wees, Bulawayo.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 21/11/2019 - 07:01

Gaan die wa Jurgens toe vat vandag, hulle het gesê hulle sal na die inloop kyk wat steeds klap as ek wegtrek.  Hoop nie hulle sê en moet met die Ford se handrem op getrek ry nie.  wink

Geniet julle Donderdag voluit in vrede.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 22/11/2019 - 06:54

Ek kamp darem weer die naweek saam motorhome klub. Dit is hulle kersfunksie naweek en Yvonne moet die kos maak.

Ons veg tans teen n myn wat hulle in die middel van die woonbuurtes wil oop maak. Nogal n steenkool oop groef myn. Dink net aan al die "blasting" stof, geraas en groot steenkool trokke wat hier gaan rond sluip. smiley

Julle moet julle naweek geniet en wees veilig.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 22/11/2019 - 09:08

Goeie môre julle goeie mense, ek gaan op die pad wees maar nie om te gaan kamp nie. Die kleinseun was woensdag die 20ste 1 jaar oud en gaan saam met hom partytjie hou die naweek. Baie opgewonde en het sommer vir hom 2 persente gekoop want ek mag mos.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus