Ek weet nie of ek meer in weervoorspellings glo nie. Die afgelope dae word daar baie reën en koue vir die Baai voorspel. Dit was veronderstel om voordag vanoggend te begin en heeldag te reën, deur die nag en ook more. 80% kans!!
Vanoggend het die son geskyn en toe het dit weldra begin om meer bewolk te raak en ook kouer te word. Twee-uur vanmiddag toe val daar druppels en ons dog hier is die reën nou. Daarna het daar seker twee of drie keer weer net 'n bietjie druppels geval. Die laaste reën wat hier geval het was seker so rondom 5 uur vanmiddag.
Die wind het nie eers gewaai nie, so ons kan ook nie sê dit het weggewaai nie.
Ek weet darem nie, ek gaan my nie meer steur aan wat die weermense sê nie.
En hier...........
En hier by ons in Brakkies moes dit ook gister en vandag heeldag gereën het - dit het toe wel met rukke en stote gereën en ons het darem 15mm oor die twee dae gekry waarvoor ons baie dankbaar is. As die sneeu ook net kwaai wil val, behoort die riviere in die klowe darem ook water te kry as dit begin smelt.
En ek wag nogsteeds vir die…
En ek wag nogsteeds vir die skelm koue
Freda, ek het 'n klopie jare…
Freda, ek het 'n klopie jare gelede 'n spotprent gesien van 2 manne wat uit 'n gebou gehardloop het. Elkeen het 'n sambreel gehad en dit het hard gereen. Sê die een vir die ander dat hy nie gedink het dat dit die dag gaan reen nie. Die gebou waaruit hulle kom, bo-aan staan dat dit die weerburo gebou is.
Reën in die nag.
Dit het toe hard gereën gedurende die nag. Die eerste bui wat ek gehoor het was 4 uur vanoggend en daarna nog paar buie. Regtig goeie, harde reën. Die lug trek nou oop, dit lyk of dit verby is.
Dit is darem 'n groot seën en plesier om in 'n koue nag in 'n warm bed te lê en sulke reën te hoor. Wat is nou lekkerder as dit? ![]()
Wat is nou lekkerder as dit?…
Wat is nou lekkerder as dit?
Om in 'n koue nag in 'n warm bed in jou "karavaan" te lê en luister hoe die reen val?
Seker waar Voortrekker! …
Seker waar Voortrekker! Behalwe as jy die volgende dag moet oppak en weet alles gaan nat wees. ![]()
Alhoewel, dit klink nog steeds mooi, net jou gemoedstoestand is nie so salig nie.
Solank daar nie hael in die…
Solank daar nie hael in die reen is nie. Nat tente is nie 'n te groot probleem nie.
Reen op die dak is baie lekker
Nog reën, lieflike reën
Nadat dit vanoggend heeltemal opgeklaar het, het dit so twee ure gelede weer hier by ons begin reën. Lekker harde reën en die lug is 'n donkergrys, lyk of dit lank gaan aanhou. Die water loop strome in die pad. Dit is wonderlik, ons dank die Vader daarvoor.
Nou gaan ons weer vuur aansteek in die binnebraai en vanaand vir die derde aand na mekaar braai vir aandete.
Vanoggend voel ons hom…
Vanoggend voel ons hom behoorlik hier in Pretoria byt.
Eish, en more gaan ek met…
Eish, en more gaan ek met die motorfiets boskamp maak in die Naboomspruit bosveld.
Hopelik is die weer dan biki beter....
Daar is darem hoop dat van…
Daar is darem hoop dat van ons damme water gaan kry. Die Kareedouw opvangsgebied, wat die Churchill Dam voer, het 44mm reën gekry. Die dam was verlede week net 7.6% vol. Uitenhage en Patensie, ons ander groot opvangsgebiede vir ons damme, het 16 - 18 mm gekry. Dit sal nie genoeg wees om die droogte te breek nie, maar sal darem help.
Frikadel pak maar warm klere in en genoeg komberse. En 'n paar bottels OB's.
Geniet jou vakansie, in elk geval.
Weet, daar het ek die eerste…
Weet, daar het ek die eerste keer sneeu/kapok gesien het. Was daar van September '81 tot Maart '87, Beplanner by Sasol III.
Weervoorspelling
Ek weet nie of ek hierdié draad of Die Weer draad moet gebruik nie, altwee is van 2017.
Dit wil vir my voorkom of daar baie hout gebruik gaan word dié naweek, moet seker OBS gaan kry voor julle dit ook weer stop
.
Glo my dit voel baie kouer as die Kaap se weer.
Ja Willem
Ja Willem, hier by ons is groot reën en storms oppad vanaf môreaand !
Ek sien nogal uit daarna en sal bly wees as ons damme gou-gou kan vol word - tans so gemiddeld 50% vol.
My drie reëntenks is nog elk so ½ vol en ek wonder nog of ek dit nie maar dolleeg moet maak nie en weer vul met vars reënwater. Dit pla my gewete egter om die water in die straat se stormwater te stort.
Kry n waarskuwing dat die…
Kry n waarskuwing dat die weerpatroon dieselfde is toe Knysna gebrand het. Hier by my is die warm bergwind al klaar by 40km/h, en dit gaan glo nog sterker word. Ongelukkig is daar nie reen by nie, so erge brandgevaar.





Freda die is soos jy seg.. …
Freda die is soos jy seg.. Weervoorspelling... Nie weer defnetief nie...