SUID AFRIKA - 92%

PROVINSIALE DEELNAME

Is ek die enigste Vrystater…
Is ek die enigste Vrystater hier,
Johann ek het die storie ook so gekyk gister toe ek die data sien. Dit lyk my so? Ek wil nog vanoggend 'n draad begin om te vra of Vrystaters nie kamp nie?
Anton, jy kan gerus die…
Anton, jy kan gerus die insette na jou draad toe skuif, dan belemmer ons nie die stats nie, die inset kan jy ook dan delete.
Wonder waar is ander Johan…
Wonder waar is ander Johan van Bloem dan of het hy hier ook geloop soos wat hy maar orals doen as sy gemied nie lekker is nie ?
Daar behoor 'n paar van WegSleep te wees.
Ek moet byvoeg dat bogenemde…
Ek moet byvoeg dat bogenemde statistieke is oor die laaste 2 dae geneem. Dit sluit alle deelname in, en nie net Aangetekende lede nie. So daar is moontlik lede of deelname wat in die toekoms mag wys.
Wilsur, ek dink daai ander Oom Johan wil nie meer saam met ons gesels nie.
Na aanleiding..................
Na aanleiding van die inleiding het ek 'n bietjie deur die lys van lede wat op die forum geregitreer het, deurgegaan. Dis 'n verstommende lang lys met baie bekende forumname en as ons hierdie mense aan die praat kan kry, dan gaan jy 'n ding sien !
Van die lede op die lys het voorheen by die WegSleep-forum baie aktief deelgeneem met 'n wye verskeidenheid van kennis en ervaring, altyd uiters interessant, leersaam en soms pittig.
In plaas daarvan om redes te soek hoekom die meerderheid lede swyg soos die graf, moet ons eerder dink aan wat kan gedoen word om die ouens aan die praat te kry. Byvoorbeeld :
- Kan ons hierdie ouens op een of ander manier kontak ?
- Moet ons op Kampforum se FB-blad vra hoekom gesels hulle nie op die forum webblad nie ? (Of is hulle ook maar daar afwesig ?)
- Kan ons dalk by die nuwe Weg Ry & Sleep vra vir 'n artikel oor die aanvanklike sukses van die destydse WegSleep-forum en die oorgaan na en ontstaan van Kampforum, veral met die doel om die las van die bestuur van die tydskrif te verlig en dit op 'n heeltemal onafhanklike wyse te bestuur. Die sukses van hierdie forum is tog ook 'n bron van nuttige inligting wat Weg Ry & Sleep met groot vrug kan gebruik
Enige ander idees ?
Dankie Len…
Dankie Len.
Het jy die onlangse nuusbrief gekry? Die eerste een was 'n proeflopie en ek het ... wag.... 17 afwesige lede sien aanteken as gevolg daarvan. Volgende stap is om 'n beter "mailer" te gebruik (en nie weer die fout maak om 50 lede te Cc nie, maar eerder Bc )
In elk geval - ek het epos adresse en dus gaan daar in die toekoms meer kontak gemaak word asook met 'n lekker nuusbrief wat terug kliek na die forum toe!
FB Blad - het al probeer, hou aan probeer (-;
Wegsleep tydskrif Hmmmm.... Daar is nog nie "ofisieel" 'n ooreenkoms gemaak nie, maar ons werk aan iets en hopelik gaan ons 'n manier vind om GROOT dinge saam Wegsleep&Ry saam te bereik (-;
Len dit was die 9de gestuur…
Len dit was die 9de gestuur. Ek het nou bevestig, jy was ingesluit. Ek het nou weer vir jou gestuur.
Ek glo nie ek is alleensaam…
Ek glo nie ek is alleensaam hier van die mooiste, platste, lekkerste Vrystaat nie. Geen ander Vrystaat nie?
Johan het kwaad geword vir die gespottery, en besluit hy gaan maar net op die engelse forum kuier.
Hoe dit ookal sy, kom ons probeer om die geselsies aan die gang te hou, dit sal toeneem soos wat die warmer weer gaan aan kom. Dit is 'n nuwe forum, dinge sal stadig optrl soos wat mense eers wil "toets"
Prentjie lyk so bietjie…
Prentjie lyk so bietjie anders oor 2 weke se monitor:

Sie dit help as Len saam…
Sie dit help as Len saam gesels met 'n goeie gemoed ![]()
en lyk my dis eintlik die…
en lyk my dis eintlik die manne in die noord kaap , en nie vrystaat nie, wat kort kom...
Aits, die Ooskaap is nogal…
Aits, die Ooskaap is nogal oulik om derde te lê. Ons is gewoond daaraan om half laer af op lysies genoem te word. Behalwe ekself, weet ek van 2 of 3 uit die Ooskaap wat hier gesels. Nou waar is die ander? Komaan, Ooskappers, laat hoor 'n bietjie van julle!
Moet sê ek stem saam, kyk…
Moet sê ek stem saam, kyk baie beter.
Uhm, nou lyk dit beter met 9…
Uhm, nou lyk dit beter met 9 mense uit die Vrystaat. My eensaamheid is aant kwyn.







Is ek die enigste Vrystater…
Is ek die enigste Vrystater hier, dem geen wonder ons rugby kry so swaar nie.