6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -14 minutes ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago

ForumLid Geografie

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

SUID AFRIKA - 92%

geo

PROVINSIALE DEELNAME

geo

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 18/08/2017 - 06:31

Is ek die enigste Vrystater hier,

Johann ek het die storie ook so gekyk gister toe ek die data sien.  Dit lyk my so?   Ek wil nog vanoggend 'n draad begin om te vra of Vrystaters nie kamp nie?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 18/08/2017 - 07:57

Wonder waar is ander Johan van Bloem dan of het hy hier ook geloop soos wat hy maar orals doen as sy gemied nie lekker is nie ?  

Daar behoor 'n paar van WegSleep te wees.

Centurion

Voortrekker

Fri, 18/08/2017 - 08:05

Ek moet byvoeg dat bogenemde statistieke is oor die laaste 2 dae geneem.   Dit sluit alle deelname in, en nie net Aangetekende lede nie.    So daar is moontlik lede of deelname wat in die toekoms mag wys.

Wilsur, ek dink daai ander Oom Johan wil nie meer saam met ons gesels nie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/08/2017 - 08:25

Na aanleiding van die inleiding het ek 'n bietjie deur die lys van lede wat op die forum geregitreer het, deurgegaan.  Dis 'n verstommende lang lys met baie bekende forumname en as ons hierdie mense aan die praat kan kry, dan gaan jy 'n ding sien !

Van die lede op die lys het voorheen by die WegSleep-forum baie aktief deelgeneem met 'n wye verskeidenheid van kennis en ervaring, altyd uiters interessant, leersaam en soms pittig.

In plaas daarvan om redes te soek hoekom die meerderheid lede swyg soos die graf, moet ons  eerder dink aan wat kan gedoen word om die ouens aan die praat te kry. Byvoorbeeld :

  • Kan ons hierdie ouens op een of ander manier kontak ?
  • Moet ons op Kampforum se FB-blad vra hoekom gesels hulle nie op die forum webblad nie ? (Of is hulle ook maar daar afwesig ?)
  • Kan ons dalk by die nuwe Weg Ry & Sleep vra vir 'n artikel oor die aanvanklike sukses van die destydse WegSleep-forum en die oorgaan na en ontstaan van Kampforum, veral met die doel om die las van die bestuur van die tydskrif te verlig en dit op 'n heeltemal onafhanklike wyse te bestuur.  Die sukses van hierdie forum is tog ook 'n bron van nuttige inligting wat Weg Ry & Sleep met groot vrug kan gebruik

Enige ander idees ?

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 18/08/2017 - 08:40

Dankie Len.

Het jy die onlangse nuusbrief gekry?  Die eerste een was 'n proeflopie en ek het ... wag.... 17 afwesige lede sien aanteken as gevolg daarvan.    Volgende stap is om 'n beter "mailer" te gebruik (en nie weer die fout maak om 50 lede te Cc nie, maar eerder Bc )

In elk geval -  ek het epos adresse en dus gaan daar in die toekoms meer kontak gemaak word asook met 'n lekker nuusbrief wat terug kliek na die forum toe!

FB Blad - het al probeer, hou aan probeer (-;

Wegsleep tydskrif Hmmmm....    Daar is nog nie "ofisieel" 'n ooreenkoms gemaak nie, maar ons werk aan iets en hopelik gaan ons 'n manier vind om GROOT dinge saam Wegsleep&Ry saam te bereik (-;

Vaalpark

Johann L

Fri, 18/08/2017 - 18:26

Ek glo nie ek is alleensaam hier van die mooiste, platste, lekkerste Vrystaat nie. Geen ander Vrystaat nie? 

Johan het kwaad geword vir die gespottery, en besluit hy gaan maar net op die engelse forum kuier.

Hoe dit ookal sy, kom ons probeer om die geselsies aan die gang te hou, dit sal toeneem soos wat die warmer weer gaan aan kom. Dit is 'n nuwe forum, dinge sal stadig optrl soos wat mense eers wil "toets"

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 26/08/2017 - 12:49

Aits, die Ooskaap is nogal oulik om derde te lê.   Ons is gewoond daaraan om half laer af op lysies genoem te word.   Behalwe ekself, weet ek van 2 of 3 uit die Ooskaap wat hier gesels.  Nou waar is die ander?   Komaan, Ooskappers, laat hoor 'n bietjie van julle!

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus