Algemene Inligting
Resensies
Baie dankie Theo, die lede,…
Baie dankie Theo, die lede, is dit steeds "Transvaal Onderwys", of is dit nou 'n privaat oord met lede?
Ons het, danksy Voortrekker,…
Ons het, danksy Voortrekker, wat ons voor getrek het, 3 Jan 2020 by TO Strand in geklok.
Dit is 'n puik oord, en behoort aan die "Department of Education" (vroeër was dit Transvaal Onderwys) privaat persone mag ook daarheen gaan.
Eers die negatiewe;
1. Paaitjies is baie smal en mens sukkel so bietjie met 'n lang kombinasie (ek moes omdraai op 'n staanplek na ek die verkeerde pad gevat het), dit was moelik.
2. Moet nie in reen tyd ol B14 staan nie, dit word'n modder massa.
3. Die restourant se ure is bietjie vroeg vir hoog seisoen, (5 uur maak hul toe)
Positief;
Puik oord met baie geriewe vir kinders, hulle reel tot 'n bussie om die kinders op te tel en vermaak te word.
Streng toegangs beheer, ook by die hek na die strand, ons het met oop deur en vensters geslaap. Dit was ondraaglik warm vir hierdie vaalpens.
Ablusies was deurgaans baie skoon en netjies, die skoonmakers loop eers laat aand, en begin sommer vroeg.
Ek het by bestuur gaan noem dat een van die tuimel droërs nie werk nie, dit is diesefde dag reg gemaak.
Mens kan met 'n geruste hart daarheen gaan.
ons het weens omstandighede, in 'n moddergat gestaan.
Ons het heerlik gekamp by TO…
Ons het heerlik gekamp by TO Strand.
Dit was nou werklik een van ons lekkerste jaar einde vakansie kampe ooit. Ons staanplek was A14 in die "bo-dorp" of ek noem dit sommer die hoofstraat.
Fasiliteite en toegang tot die strand is baie goed. Kinders speel rond en ry fiets in die kampterrein en kan hulself geniet.
Daar is ook staanplekke langs die rivier waar mense lekker kan visvang en die rivier uitsig kan geniet.
Putt putt, kanoes, speel parke, groot grasperke, zip-line en vele georganiseerde aktiwieteite soos bv. Poppekas, sokkie aand, bonfires met marshmallows, mej TO Strand en swembad kaskenades ens maak vir lekker plesierigheid tydens hoogseisoen besoeke. ![]()
Inwoners ontvang 'n TO Strand rubber bandjie wanneer hulle by een van die 3 uitgangspunte / strand toegang punte in- en uitgaan en moet dit dan weer inhandig as hulle terugkom. Die 2 direkte Strand toegang heklke is altyd beman deur sekuriteit wat die bandjies uithandig en monitor en die betrokke hekke is slegs oop tussen 7am en 6pm.
Neem kennis dat jy jou eie braaier moet verskaf of andersins kan een gehuur word teen R30 / dag.
Die winkel dra goeie voorraad en die daar is 'n restaurant en "Take-away" en ek dink die pryse en kwaliteit is baie goed.
Een ding wat ek vreeslik graag sal wil sien is 'n opwas area by die Blok A ablusie. Daar is wel warm water beskibaar maar nie opwasbakke nie en mens moet dus verder loop tot by 'n opwas gebou om skottelgoed te was. Ek hou mos baie daarvan om te sosialiseer by die opwas areas ![]()
Ek sal nog 'n artikel bou met foto's en dit hier plaas.
Ons is alreeds bespreek vir Jan 2021 vannaf die 4de tot die 12de. ![]()





TO Strand oord
Strand oord met direkte toegang tot swemstrand. Bestaan uit 135 staanplekke wat in ‘n A en B blok verdeel is.Geen see uitsig.
Gelee tussen Trafalgar en Port Edward naby baie besienswaardighede wat die Wildekus bied.
Oord is privaat met gekontroleerde toegang vanaf Strand en hoof ingang geen publiek word toegelaat sonder bespreking.
Vakansie program vir gaste met vermaak en pret vir jongspan binne seisoen.
Hulle besprekings beleid bied eerste voorkeur aan lede met afsluit datum waarna nie lede dan kans kry.
Die opsie om jou kamp plek te reseveer vir volgende jaar word ook aan gaste gebied wat vroegtydig so reel.