Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -3 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -27 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -40 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -40 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -44 minutes ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -44 minutes ago

Geduld.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Petra was twee weke terug ge- opereer, 5 dae in die Hospitaal deurgebring.

Net oor ń week tuis gewees, en vroeg vamore (6 vm) weer gery na Montana hospitaal om spesialis te sien.

Hy reken sy mowt dadelik opgeneem word, sit nou nog hier en wag vir eerste beskikbare bed, sodat sy kan voorberei word vir teater. 

Klink of sy tot die naweek hier gaan wees.

Sit ek en sy nou hier gesels, oor die laaste 11 jaar wat sy sukkel met haar toestand, hoeveel ure het ons al omgesit by spreek kamers en hospitale. Maak nie saak wat of hoekom maar wag sal jy wag!!!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 24/01/2020 - 13:13

Ons dink baie aan julle en vertrou dit gaan elke dag bietjie beter.   Dit is amper moeilik om te glo dat daar nie 'n plaaslike produk beskikbaar is vir daai pads nie.   Is dit spesiaal gemaak (en gevorm) vir die deel van haar liggaam waar die wond is?   Kan 'n sanitêre doekie nie werk nie?   Ja, dit is 'n probleem, hoop dit word uitsorteer.

Sterkte Arie en liefdegroete

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 26/01/2020 - 15:13

Ons is tydelik weer terug by ons woonwa "huis", sal seker oor 'n week of so weer Pta toe gaan vir 'n paar dae vir nog prosedures.

Ek het baie lank op die internet en op die foon spandeer om te kyk of ons "deressings" teen 'n meer bekostigbare prys kan kry.

Die wat die hospitaal gebruik kos R10,400.00 vir sestig. Ons het gehoop om met sestig per maand reg tekom, maar lyk my nou sy gebruik minimum van 4 per dag, dus 120 dressings dit sal my dan R20,800 per maand kos, dit sal beteken dat ons net elke derde dag kan eet!!

Uiteindelik 'n plaaslike produk wat amper net so goed soos die duitse een is opgespoor, die is baie meer bekostigbaar teen R1200,00 vir sestig, dus sal dit my R2,400 per maand kos, ek het voorlopig 10 gekoop om te toets. Ek moet seker noem die R220 is die groothandel prys, het 'n wond kliniek opgespoor wat self aangebied het om dit vir my kosprys te gee! 

Ek het ook 10 van daai vrek duur Duitse dressing gekoop, dus kon Petra nou lekker toets watse een werk die beste. Die plaaslike een hou nie so baie vog nie en moet sy dan 5 per dag gebruik, nog steeds baie goedkoper!

Met die soektog stel iemand toe babadoeke voor ek dink Stoffel het dit ook voorgestel. Petra sny die doek sodat net die middel stuk met die jel in oorbly, sover lyk dit of dit goed werk en sy kom ook reg met 5 tot 6 per dag. Prys +/- R200.00 vir vyftig so dit sal so omtrent R800. oo per maand kos!! Dan kan ons weer 2 keer per dag eet en 'n glasie wyn geniet!

Die verskil tussen babadoeke en die spesiale dressing is dat die baba doek is evul met 'n tipe jel korreltjies wat vog opneem. die spesiale dressing is gevul met 'n soort "fibre" wat die vog opneem. eintlik ongelooflik. die dressing is 10 cm x 20 cm en so 1 mm dik. Hou dit onder 'n straal water en dit swel van 1 mm tot 30 mm!!! Dit bly kurkdroog buite en jy kan dit druk of draai en geen vog kom uit nie!!

Aangesien die slim mense met die dikbrille en wit jasse met stetoskope om die nek, geen idee het of dit ooit sal opklaar, en as dir opklaar waneer nie, soek ek maar die godkoopste maar tog doeltreffend en veilige opsie. Die mediese fonds weier om vir die dressings te betaal.

Ek het ook met die spesialiste uitgeklaar dat die baba doek geen nadelige gevolge vir die wond sal inhou nie, blykbaar al wat belangrik is, is om die wond droog te hou!

Die vacuum pomp waarop sy was het dit oed droog gehou, maar het die weefsel beskadig, die wond het groter en dieper geword. dit is dan hoekom sy nou weer vir die derde keer vir 10 dae in die hospitaal was. Hulle het die beskadigte wefsel weg gesny, goed skoongemaak sodat dit nou hopelik sal genees.

Dankie vir almal se goeie wense en gebede, sy het dit baie nodig.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 26/01/2020 - 17:37

Dankie vir die terugvoering, bly julle is weer tuis.

Sterkte vorentoe met die herstel proses.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus