6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

My sonder-om-te-sleep kombuisgoed

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

kombuis

So met die gewonder en soek na idees hoe om ons "sonder-om-te-sleep" kombuis kompak maar doeltreffend toe te rus,  word ons toe hierdie oulike eenheid geskenk gegee deur Lolla se ouma.  Dit was 'n geskenk aan haar vannaf haar broer toe hulle nog destyds gekamp het.   Sy is nou 89 jr oud so ek neem aan die eenheid kom al 'n hele paar jaar saam.

Kyk net hoe oulik, reg vir 4 mense:

4 x borde, kleinbordjies en nagereg / pap borde.  Twee lekker groot plastiek skottels.

sleep

Maar dit is nie al nie!  Ek sien daar binne loer nog iets:

'n Pan met oulike oopvou handvatsel, 4 x messe, vurke lepels en teelepels en 'n handvatsel vir potte.  Is daar nog iets daarin?

sleep

Binne in die groot pot is nog 'n kleiner een en binne hom is 'n ketel.  Binne die ketel kruip daar 4  bekers weg!   Kyk die ketel se kort tuit!  smiley

sleep

Die produk kom vanuit Noorweë en se naam is ILoVan -  ken iemand dit?

sleep

Dankie ouma, dit is nou presies wat ons nodig het vir ons "sonder-om-te-sleep" kamp avonture.    

Die grootte van die eenheid is slegs 26 cm x 30 cm hoog!   surprise

The kettle is exactly the same as a Trangia cookset kettle, Trangia is from Switzerland, seems the kit incorporated the kettle rather than hav to make their own....

I don't have a photo of my trangia kettle here at work, I'lll try for this evening. My kettle's lid is not original.

It's a jolly nice set that.... Pity it does not incorporate a cooker as well

JEALOUS.....

 

Middag Voortrekker

Dis nou mooi, rerig baie netjiese samestel.

Gaan jy dit oor jou hart kry, om te gebruik. Dit lyk darem baie nuut en ongebruik.

Groete

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/02/2020 - 14:21

Daardie oulike stelletjie sal netso goed te pas kom in enige karavaan-"kampkombuis".  Baie smart !

Vaalpark

Johann L

Mon, 03/02/2020 - 16:45

Heng, dit is nou 'n nice geskenkyes

Ek wonder wat het van my skoonouers sin geword het, ek vermoed iemand het dit maar onwederegtelik ge-erf.

Anron, ek dink daai stel is meer as 30 jaar oud.

Secunda

Sleep nou

Mon, 03/02/2020 - 17:55

Anton wys jou net die senior mense baie slim gekamp / gepak dis nou regtig netjies eetgery met n ketel awsome

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 03/02/2020 - 18:26

Wragties sommer n oulike stelletjie, mengbak en opwasbak is die houers, uitstekend. Hoop jy het mooi opgelet met om daai "puzzle" se uitmekaarhaal, daai Swede is slimmer as ons klomp Vaalpense.

Die kampkombuis moet prakties wees.

Ons werk so, langerige patio tipe plastiek tafel waarvan die pote uittrek.

Bo-op hom, tweeplaat castiron gasstoof, die tipe wat jy by die Indiers koop, beste ooit.

Stainless steel ketel met stoomfluit gekry vir my biffday by Wouter Gerber van Gerbers 4x4.

Twee Hart potte, een grote en een kleine.

Een ou groot Bauerpan gekry as trougeskenk.

Cutlery en plastiek crockery in die ammo krat en by die kamp sit jy al die cutlery in n houer, ons het so sink emmertjie houer en die borde en glase gaan in n opslaan koskassie saam met die ander kos wat jy wil mierdig hou.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus