Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -3 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -4 hours ago

So Dankbaar

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on

Ek het donderdag op my verjaarsdag seker die heel beste geskenk gekry wat mens voor mag hoop.

Petra en ek sit Donderdagmiddag by die onkoloog om na die uitslae van haar PET en CT scan te kyk wat sy Dinsdag laat doen het. Daar is nie die kleinste aanduiding van enige kwaadaardig gewasse erens op haar lyf nie!!!!!

Dit is die eerste keer in 11 jaar wat die scans skoon wys!!! Die onkoloog wil egter he dat Petra weer 'n scan oor drie maande doen om te kyk of daar dalkies weer ietsie gekom het, ons is vol vertroue dat dit weer skoon sal wees.

Petra het 11 jaar gelede begin met ovariese kanker, terwyl sy nog daarvoor behandelword kry sy toe plaveisel kanker in haar mond. Die het hulle darem na daar 'n groot edeelte van haar tong verwyder is en na twee jaar se bestraling en chemo in remisie gekry. Sy het nog steeds klein groeisels van die ovarriese kanker gehad. 

Toe kry sy karsinoom op twee plekke, gelukig is die kanker nie eintlik agresief en kon maklik uitgesny word, geen probleme.

Toe kry sy 'n melamoon op haar binne been net bo die knie. Die kanker is baie agresief, hulle het uit haar been verwyder, maar het toe klaar na haar lies van die limph modes aangetas.

Omdat sy daar 35 bestraling sessies gehad het is die weefsel so erg beskading dat die sjirurg lank met ons epraat het. Blykbaar sit die nodes reg langs die slagaar en omdat die weefsel erg beskadig is, is die aar bros en kan mens ook nie mooi sien waar jy sny nie. Hy het ons duidelik laat verstaan dat sy 'n 80% kans het om op die operasie tafel uit te bloei. Nouja 5 jaar terug het hulle haar net ses maande ge-gee om te leef en sy is nog steeds hier. so besluit on hulle moet maar voortgaan!

Nou kry hulle glad nie die wond om toe te groei nie en lek dit so 500ml limph vloeistof per dag.

Die dressing op die wond moet elke drie uur vervang word [deur die nag ook] want hulle is sopnat na so drie uur. Beide die onkoloog en die sny dr is vas oortuig dat die wond met tyd sal genees, maar of dit drie maande of drie jaar [of langer] sal neem kan niemand se nie.

Die groot ding is dat die kanker klaarblyklik oorwin is.

Sy het ongelukig redelik pyn [maar soos sy se pyn het sy al vir 11 jaar en is al ewoond daaraan] en dan natuurlik erg ongemak met die wond wat so lek.

Ek het lank met haar gepraat, of ons maar moet terug trek in ons huis in, sy voel egter dat die kamp lewe baie lekerder is en wil niks weet van tussen vier mure gaan sit nie.

Ons sal voorlopig maar hier bly staan tot sy makliker kan beweeg en ry, hoelank weet ons nie maar ons het niks wat ons jaag nie!?

Ek wil dan al ons vriende hier op die forum hartelik bedank vir jul gebede, dit het [en doen nog  steed] haar gedra tot hier!

En dan alle eer en totale dankbaarheid aan ons Hemelse Vader, wat vir haar die verlossing gebring het. Ons Vader het haar al die jare die krag gegee om aan te gaan en haar las te dra, met omtrent nooit 'n klagte of opstandigheid van haar af!

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/02/2020 - 13:28

Goeie middag Arie  -  en dit is werklik 'n goeie middag met sulke goeie nuus !

Baie bly vir julle albei se onthalwe en sterkte op die pad vorentoe !

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/02/2020 - 13:37

... wanneer ek lees, wat jy alles hierbo beskryf, wat Petra al moes deurmaak, kan ek nie anders as om die grootste respek vir haar deursettingsvermoë te kry nie. Ek's bly vir julle onthalwe vir die goeie nuus en wens julle alles van die mooiste toe.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 08/02/2020 - 15:30

Dit is wonderlik om sulke goeie nuus te hoor en dit maak mens net weer besef dat daar is genade vir ons deur onse Vader.  Sterkte met Petra se herstel proses.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 09/02/2020 - 13:46

Dit is wonderlik en sulke goeie nuus, al is daar nog probleme wat oorbrug moet word.   Julle was gedra en genade tot hier ontvang,  ek glo dit sal vorentoe aanmekaar net beter gaan.

Baie sterkte aan Petra wat al die dinge al vir so lank moet verduur en ook aan jou wat haar so getrou en met liefde bystaan.

Ek haal my hoed af vir Petra wat deur dit alles nog steeds bereid is om permanent te kamp, nie baie mense sal haar dit nadoen nie.

Met mooi wense en liefdegroete

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 14/02/2020 - 09:39

Arie hoe gaan dit met Petra ons hoop en vertrou elke dag beter

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 14/02/2020 - 09:49

Sleep nou, ja aan die een kant gaan dit beter... .... MAAR sy het Donderdag oggend toe sy opstaan skielik flou geword en toe agteroor met haar sy teen die bank by die wa se deur geval. 

Sy breek toe ń rib! So nou het sy nog pyn by haar ander pyn. Sy is nie eintlik mobile op die oomblik nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 19/02/2020 - 08:31

So rib bly mos maar baie lank seer, maar daai skerp intense pyn is darem baie beter!

Sukkel maar om diep asem te haal, of hoes en sukkel om te lê, so die nag rus is nie regtig rus nie.

Maar ja dit gaan eintlik goed.

Ek speel Saterdag ń jukskei kompetiesie by Negester, en sy reken sy sien kans om saam te gaan vir die dag, so daar is baie verbetering!

0
Profile picture for user janwillem

janwillem

Wed, 19/02/2020 - 09:44

Hi julle twee, so bly om van Petro se beterskap te hoor, Mara hou my op hoogte, Ons Vader is baie genadig. Saam met blye nuus, kom die bitter soet van 'n rib, en so 'n rib is vrekseer, maar die word gesond, en vergete. Geniet die kamp.

Jan R

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 24/02/2020 - 08:48

Hi Johann dit gaan baie beter dankie. Die erg pyn van die gekraakte rib is nou eintlik net ongemak met skerp pyn as sy sekere bewegings maak.

Ons het wel besluit om hier te bly tot sy weer vir n scan moet gaan 5de Mei in Pta.

Die rib is nog te gevoelig om kamp afteslaan en op te sit.

Ons het mos die wereld se tyd dus sal ons maar rustig hier bly.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus