Ek het donderdag op my verjaarsdag seker die heel beste geskenk gekry wat mens voor mag hoop.
Petra en ek sit Donderdagmiddag by die onkoloog om na die uitslae van haar PET en CT scan te kyk wat sy Dinsdag laat doen het. Daar is nie die kleinste aanduiding van enige kwaadaardig gewasse erens op haar lyf nie!!!!!
Dit is die eerste keer in 11 jaar wat die scans skoon wys!!! Die onkoloog wil egter he dat Petra weer 'n scan oor drie maande doen om te kyk of daar dalkies weer ietsie gekom het, ons is vol vertroue dat dit weer skoon sal wees.
Petra het 11 jaar gelede begin met ovariese kanker, terwyl sy nog daarvoor behandelword kry sy toe plaveisel kanker in haar mond. Die het hulle darem na daar 'n groot edeelte van haar tong verwyder is en na twee jaar se bestraling en chemo in remisie gekry. Sy het nog steeds klein groeisels van die ovarriese kanker gehad.
Toe kry sy karsinoom op twee plekke, gelukig is die kanker nie eintlik agresief en kon maklik uitgesny word, geen probleme.
Toe kry sy 'n melamoon op haar binne been net bo die knie. Die kanker is baie agresief, hulle het uit haar been verwyder, maar het toe klaar na haar lies van die limph modes aangetas.
Omdat sy daar 35 bestraling sessies gehad het is die weefsel so erg beskading dat die sjirurg lank met ons epraat het. Blykbaar sit die nodes reg langs die slagaar en omdat die weefsel erg beskadig is, is die aar bros en kan mens ook nie mooi sien waar jy sny nie. Hy het ons duidelik laat verstaan dat sy 'n 80% kans het om op die operasie tafel uit te bloei. Nouja 5 jaar terug het hulle haar net ses maande ge-gee om te leef en sy is nog steeds hier. so besluit on hulle moet maar voortgaan!
Nou kry hulle glad nie die wond om toe te groei nie en lek dit so 500ml limph vloeistof per dag.
Die dressing op die wond moet elke drie uur vervang word [deur die nag ook] want hulle is sopnat na so drie uur. Beide die onkoloog en die sny dr is vas oortuig dat die wond met tyd sal genees, maar of dit drie maande of drie jaar [of langer] sal neem kan niemand se nie.
Die groot ding is dat die kanker klaarblyklik oorwin is.
Sy het ongelukig redelik pyn [maar soos sy se pyn het sy al vir 11 jaar en is al ewoond daaraan] en dan natuurlik erg ongemak met die wond wat so lek.
Ek het lank met haar gepraat, of ons maar moet terug trek in ons huis in, sy voel egter dat die kamp lewe baie lekerder is en wil niks weet van tussen vier mure gaan sit nie.
Ons sal voorlopig maar hier bly staan tot sy makliker kan beweeg en ry, hoelank weet ons nie maar ons het niks wat ons jaag nie!?
Ek wil dan al ons vriende hier op die forum hartelik bedank vir jul gebede, dit het [en doen nog steed] haar gedra tot hier!
En dan alle eer en totale dankbaarheid aan ons Hemelse Vader, wat vir haar die verlossing gebring het. Ons Vader het haar al die jare die krag gegee om aan te gaan en haar las te dra, met omtrent nooit 'n klagte of opstandigheid van haar af!
Arie en Petra
Dit is wonderlik om sulke goeie nuus te hoor en dit maak mens net weer besef dat daar is genade vir ons deur onse Vader. Sterkte met Petra se herstel proses.
Arie, ons is saam met julle…
Arie, ons is saam met julle bly en dankbaar vir dit. Ek glo dat die wond ook sal genees. Ons weet gelukkig Wie is in beheer.
Arie, ek kan net sê Amen,,op…
Arie, ek kan net sê Amen,,op wat jy, en ander genoem het. Ons dien 'n Lewende God.
Arie en Petra
Dit is wonderlik en sulke goeie nuus, al is daar nog probleme wat oorbrug moet word. Julle was gedra en genade tot hier ontvang, ek glo dit sal vorentoe aanmekaar net beter gaan.
Baie sterkte aan Petra wat al die dinge al vir so lank moet verduur en ook aan jou wat haar so getrou en met liefde bystaan.
Ek haal my hoed af vir Petra wat deur dit alles nog steeds bereid is om permanent te kamp, nie baie mense sal haar dit nadoen nie.
Met mooi wense en liefdegroete
Great om die goeie nuus te…
Great om die goeie nuus te hoor
Voorspoed daar!!
Sleep nou, ja aan die een…
Sleep nou, ja aan die een kant gaan dit beter... .... MAAR sy het Donderdag oggend toe sy opstaan skielik flou geword en toe agteroor met haar sy teen die bank by die wa se deur geval.
Sy breek toe ń rib! So nou het sy nog pyn by haar ander pyn. Sy is nie eintlik mobile op die oomblik nie.
Wonderlike nuus Arie - ons…
Wonderlike nuus Arie - ons is bly saam met julle!!
So rib bly mos maar baie…
So rib bly mos maar baie lank seer, maar daai skerp intense pyn is darem baie beter!
Sukkel maar om diep asem te haal, of hoes en sukkel om te lê, so die nag rus is nie regtig rus nie.
Maar ja dit gaan eintlik goed.
Ek speel Saterdag ń jukskei kompetiesie by Negester, en sy reken sy sien kans om saam te gaan vir die dag, so daar is baie verbetering!
Hi julle twee, so bly om van…
Hi julle twee, so bly om van Petro se beterskap te hoor, Mara hou my op hoogte, Ons Vader is baie genadig. Saam met blye nuus, kom die bitter soet van 'n rib, en so 'n rib is vrekseer, maar die word gesond, en vergete. Geniet die kamp.
Jan R
More Arie, hoe gaan dit nou…
More Arie, hoe gaan dit nou met Petra?
Hi Johann dit gaan baie…
Hi Johann dit gaan baie beter dankie. Die erg pyn van die gekraakte rib is nou eintlik net ongemak met skerp pyn as sy sekere bewegings maak.
Ons het wel besluit om hier te bly tot sy weer vir n scan moet gaan 5de Mei in Pta.
Die rib is nog te gevoelig om kamp afteslaan en op te sit.
Ons het mos die wereld se tyd dus sal ons maar rustig hier bly.





Goeie middag Arie
Goeie middag Arie - en dit is werklik 'n goeie middag met sulke goeie nuus !
Baie bly vir julle albei se onthalwe en sterkte op die pad vorentoe !