Waar kamp jy die langnaweke ?

Selfde boot
Ek selwers het nog niks beplan nie Willem.
Wag vir datums van rugby toere en toernooie......
Willem.....
Ek beplan en bespreek net my langkampe 'n jaar vooruit en die ander is sommer "hit & go". Die laaste langnaweek in April en die eerste langnaweek in Mei loop saam met ons jaarlikse Wildtuinvakansie en is ongelukkig reeds beset en vasgemaak deur vriende en familie.
My goed wil net nie reg uitwerk nie en ek loop juis die Kaap-saamkamp in Maart mis omdat ons kerkkamp die naweek daarna eerste vasgemaak is.
Ai, die lewe van 'n outoppie is nie maklik nie !
Lang naweke bly ek gewoonlik…
Lang naweke bly ek gewoonlik tuis. Daar is te veel verkeer op die paaie dan. Sal die lang naweek eerder nog langer maak en so my verlof beplan.
Bly ook maar by die huis…
Bly ook maar by die huis soos oom Stof
Ons bly ook maar liewer van…
Ons bly ook maar liewer van die paaie weg oor besige tye, net soms, kry ek 'n bevlieging op no 99, en vat die kleinkinders of wildtuin toe, of Buffelspoort.
Ek kamp deesdae bykans slegs…
Ek kamp deesdae bykans slegs vir 9 aande of langer - vanaf Vrydag tot die volgende Sondag. Ek ontsien dit om my wa vir naweke of langnaweke gereed te kry en te haak. Op my ouderdom raak 'n naweekkamp te veel van 'n "issue".





April 2020
Ek het ook nog niks beplan nie, swak
Ek weet daar word gekyk na 'n Len kamp in April iewers ?