Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -22 minutes ago
Môre Rona November 2026 Geert -46 minutes ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -59 minutes ago
Wessel November 2026 Geert -59 minutes ago
Hoedspruit November 2026 Geert -1 hour ago
Voertuig huur, Hoedspruit November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

So Dankbaar

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on

Ek het donderdag op my verjaarsdag seker die heel beste geskenk gekry wat mens voor mag hoop.

Petra en ek sit Donderdagmiddag by die onkoloog om na die uitslae van haar PET en CT scan te kyk wat sy Dinsdag laat doen het. Daar is nie die kleinste aanduiding van enige kwaadaardig gewasse erens op haar lyf nie!!!!!

Dit is die eerste keer in 11 jaar wat die scans skoon wys!!! Die onkoloog wil egter he dat Petra weer 'n scan oor drie maande doen om te kyk of daar dalkies weer ietsie gekom het, ons is vol vertroue dat dit weer skoon sal wees.

Petra het 11 jaar gelede begin met ovariese kanker, terwyl sy nog daarvoor behandelword kry sy toe plaveisel kanker in haar mond. Die het hulle darem na daar 'n groot edeelte van haar tong verwyder is en na twee jaar se bestraling en chemo in remisie gekry. Sy het nog steeds klein groeisels van die ovarriese kanker gehad. 

Toe kry sy karsinoom op twee plekke, gelukig is die kanker nie eintlik agresief en kon maklik uitgesny word, geen probleme.

Toe kry sy 'n melamoon op haar binne been net bo die knie. Die kanker is baie agresief, hulle het uit haar been verwyder, maar het toe klaar na haar lies van die limph modes aangetas.

Omdat sy daar 35 bestraling sessies gehad het is die weefsel so erg beskading dat die sjirurg lank met ons epraat het. Blykbaar sit die nodes reg langs die slagaar en omdat die weefsel erg beskadig is, is die aar bros en kan mens ook nie mooi sien waar jy sny nie. Hy het ons duidelik laat verstaan dat sy 'n 80% kans het om op die operasie tafel uit te bloei. Nouja 5 jaar terug het hulle haar net ses maande ge-gee om te leef en sy is nog steeds hier. so besluit on hulle moet maar voortgaan!

Nou kry hulle glad nie die wond om toe te groei nie en lek dit so 500ml limph vloeistof per dag.

Die dressing op die wond moet elke drie uur vervang word [deur die nag ook] want hulle is sopnat na so drie uur. Beide die onkoloog en die sny dr is vas oortuig dat die wond met tyd sal genees, maar of dit drie maande of drie jaar [of langer] sal neem kan niemand se nie.

Die groot ding is dat die kanker klaarblyklik oorwin is.

Sy het ongelukig redelik pyn [maar soos sy se pyn het sy al vir 11 jaar en is al ewoond daaraan] en dan natuurlik erg ongemak met die wond wat so lek.

Ek het lank met haar gepraat, of ons maar moet terug trek in ons huis in, sy voel egter dat die kamp lewe baie lekerder is en wil niks weet van tussen vier mure gaan sit nie.

Ons sal voorlopig maar hier bly staan tot sy makliker kan beweeg en ry, hoelank weet ons nie maar ons het niks wat ons jaag nie!?

Ek wil dan al ons vriende hier op die forum hartelik bedank vir jul gebede, dit het [en doen nog  steed] haar gedra tot hier!

En dan alle eer en totale dankbaarheid aan ons Hemelse Vader, wat vir haar die verlossing gebring het. Ons Vader het haar al die jare die krag gegee om aan te gaan en haar las te dra, met omtrent nooit 'n klagte of opstandigheid van haar af!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 24/02/2020 - 09:47

Ek het al een gebreekte rib en een gekraakte rib gehad, dit is ontsettend seer.  Dit lyk my jy kan eerder 'n been of 'n arm breek, dit is nie so seer soos 'n rib nie.   Ek is bly dit is darem beter, Arie.  Sterkte met al die ander dinge ook.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 24/02/2020 - 23:20

Arie, ja ek stem saam, dat Petra eers gesond word, sy gaan seer kry met die af slaan, haak van karavaan, en dan nog weer op die nuwe plek weer alles reg te kry, en wie gaan dan jou R &R's aandra?

Ai jy is so bedagsaamlaugh

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 25/02/2020 - 04:29

Arie, ek is ook bly dit gaan beter. Ongelukkig vat die rib lank om gesond te word. Dieselfde kollega wat ek mee saamry het net vooroor geval en met sy hande gekeer toe het hy 'n rib gebreek. Dit het maande gevat om te herstel. 

Sterkte daar vir julle en veral vir Petra. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 26/02/2020 - 11:25

.... die hoofrede vir julle voorlopige bly is seker maar omdat Petra tans nie alleen die afslaan en opslaan kan behartig terwyl jy instruksies gee met 'n glas Red Heart in jou hand van onder die skaduboom nie?winkwink

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 27/02/2020 - 15:58

Chris ja jy is reg.

Ek forseer my maar om rustig te sit terwyl sy kamp op of afslaan, shame dit is maar die enigste oefening wat sy kry, hoe kan ek haar dit nou ontneem?

Die intense pyn van die rib is darem nou minder skerp, en die operasie wond in haar lies begin so stadig effens genees.

So ek het Maamdag dat sy die karavaan se mure en dak was (binne) toe laat ek haar vir my n lekker dagwood maak om saam met my rum te geniet vooe sy die vloer was.

Ek begin haar maar so stadig sulke ligte takies doen om haar kragte op te bou.

Ek wil more die wa se steadies loa maak sodat sy hom weer mooi waterpas kan sit. Ek glo die draai akaie van die slinger op die steadies kan daai rib net goed doen.

Ai dit is darem eintlik wonderlik wat ons mans nie alles opoffer vir ons liefste vrouens nie?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 28/02/2020 - 10:35

Die operasie wond in Petra se lies is besig om al hoe minder te lek!!!!

Dit het begin met 250 ml per dag, huidig so 30 ml!

Ons is oortuig dat dit binne dae heeltemaal gaan opdroog. Die gekraakte rib word ook elke dag so bietjie minder pynlik.

So ja, dit gaan wonderlik goed hier by ons, alle eer aan ons Hemelse Vader!!

Nogmaals baie dankie aan aan al ons vriende hier se gebede en bemoedigende boodskappe!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 28/02/2020 - 10:47

Middag Arie

Saam met jou bly, daar is ;n liedjie wat begin met;

"What a mighty God we serve.....

Groete

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 28/02/2020 - 12:14

Ja-nee, ek kan sien dit gaan beter as jy al vir ons beginne vertel van die ligte takies wat jy Petra toelaat om te doen.laugh

Ek is bly oor die goeie nuus, nou sal ek my nie oor julle bekommer as ek in NZ sit nie.yes  Teen die tyd dat ek terugkom het julle dalk al weer getrek.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 28/02/2020 - 12:23

Waneer kom jy weer terug beskawing toe?

Ek glo ons sal nie trek voor middel Mei nie.

Petra moet nog n PET scan kry vroeg in Mei so as ons voor dit trek moet ons te ver ry Pta toe.

Ek kyk na so wegbreek week Kaapstad toe voor Mei.

Ek is baie lus vir die Sossalosa Mail of anders miskien vlieg. Dalk n motor huur daar en in gaste huuse tuisgaan.

Net om haar so brekie te gee.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 28/02/2020 - 14:16

Arie,  dit is regtig goeie nuus, ons is so dankbaar vir Petra se vordering. 

Die shosolosa trein rit is 'n baie ontspanne rit, goeie keuse, dit sal julle albei goed doen om so toer te doen.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus