Elke mens het sy voorkeur karavaan, ek weet die een wat jy het, of klaar betaal is, is die beste.
Maar, as jy moet of kan kies, wat sal dit wees, en hoekom.
My Penta is my keuse weens gerief, groote en was vandat hulle op die mark gekom het, my droom karavaan.
Ek sien vandag 'n Super Sport en my nuskurigheid neem die oor hand.
Dit sou beslis 'n maklike tweede (of eerste, as ek weer moes kies) keuse wees.
Lekker groot, tog kleiner as die Penta, maar groot genoeg vir 4 mense binne.
Gerieflik.
Baie ligter as die Penta, nog in die mid 90's, so, dit is stewig gebou.
Die opset binne, is uitstekend ontwerp.
Ek ken die Super Sport al baie lankal, maar my eerste keuse was die Penta, vandag wonder ek, of ek reg gekies het.
Voorkeur van karavaan
Ek het toevallig die naweek weer sommer vir die lekker na n Sprite Tourer gekyk. My vrou sal nie die "ver in die bos" ding doen nie, daarom is die Tourer vir my n redelike gebalanseerde wa tussen pad en veld. Ek sal glad nie omgee om een van hulle vir n vakansie te haak nie, hulle is net vrek duur...
Ek stel....
Ek stel in niks anders belang as my 15-jaar oue Exclusive nie. Myne is nog in die goeie ou jare gebou en ons is so gewoond aan hom, dat ons nooit met iets ander tevrede sal wees nie. My redes vir hierdie verliefdheid op ons wa, is die volgende :-
- Die uitleg van 2020 Exclusives is feitlik identies aan ons s'n - maak dus geen sin om te wil "opgradeer" nie
- Die ruim slaapgedeelte met eilandbed is 'n fees
- Oorgenoeg pakplek in kaste en selfs ruim voorsiening om klere in hangkaste op te hang
- Die "dinett" waar ons om 'n tafel kan sit en eet as ons oorslaap of as die weer mislik is
- Ons binne-kombuis, alhoewel ons nooit daar fisies kook nie, is ons absolute voorkeur - veral as ons reis om iets ligs aanmekaar te slaan om te eet. En daarna die paar skottelgoedjies te was
- Ons badkamer met toilet, stort en handewasbak met aanboord warmwater is 'n absolute wenner
- Ons gas-plate, gasyskas en 12V battery-ligte maak dit moontlik om "off grid" te kamp
- Die dubbelas met 4 wiele sorg vir 'n uiters stabiele sleep-ervaring
- Die "rally" afdakkie slaan maklik en in 'n japtrap op
- Die neuskas is gerieflik groot met die spaarwiel wat maklik bereikbaar is in nood
- Die wa leen hom maklik daaraan toe om 'n lugversorger te installeer sonder om ruimte te verloor
- Die hantering van so 'n groot karavaan word kinderspeletjies met die byvoeging van "movers"
Daar is geen karavaan op die mark wat ons meer as die bogenoemde kan bied nie en daarom bly ons Exclusive ons ideale karavaan.
Sprite Swing of
Ek en Berdien hou baie van die 2020 Sprite swing se kleur binne groot yskas die enkel bed agter wat opslaan en dien as n eet Tafel met twee bankies, sy kombuis is buite so kos maak is buite en nie te swaar maar ja toe sien ons die nuwe Penta ook mooi ons gaan saterdag comet Boksburg toe en weer binne hom sit dan die Bush lapa Ratel 3 hy tick al die box maar sy prys kort van R600000
Penta of Bush lapa
Môre Shaun
Jy moet bietjie meer spesifiek wees;
wat kos amper kR600, die nuwe Penta of die Bush lapa??
Vir daardie tipe geld moet julle doodseker maak watter rigting/tipe kampering julle in toekoms gaan doen. Bush lapa het natuurlik die voordeel bo die padwa dat jy met hom ook "sag" kan kamp, maar die omgekeerde geld ongelukkig nie.
Ek dog ek het baie betaal vir my gebruikte Echo Kavango, maar nou klink dit beslis na 'n winskopie.
Groete
Pasmaak Rapier
Ons het ook so 3 jare terug ons Rapier aangeskaf, op daai stadium as n toets of ons dit like, het net soveel om te spend, baie mooi toestand en ligte wa - was die kriteria.
Vandag sit ek met n Rapier waaraan ek al n biki moola spandeer het om hom vir ons in te rig.
- Dit is die hoogste Rapier in die land, hoger as n Jurgens Safari.
- Bul van n Alko as.
- Binnekant aansienlik versterk.
- Suspensie en raam lekker versterk
- 5 ster matras
- Maklike Howling Moon awning
- nuwe lekker groot 240v stainless steel yskas en vrieskas. (Tans besig om te instaleer soos ek hier tik)
- Sonpaneel op dak met reguleerder en diepsiklus battery vir die National Luna sou ons kamp sonder krag.
- Heavy duty coupling
- Nuwe sterk gesig wasbak en waterpomp
- Geen gedroplatery meer nie. Hilux kan nou oral gan sonder die bont hond wat se.......
Ons kan nou amper enige plek gaan kamp waar ons wil waar dit nie nodig is om 4x4 hindernisse te oorkom nie.
Kry nie my fotos gelaai nie
Pieter, ongelukkig is my…
Pieter, ongelukkig is my vrou ook te vol geite vir 'n heerlike bos kamp, ver van die beskawing, naby die natuur, dus kan ek ook nie eers loer na 'n lekker "off roader" nie.
Len, ek is ook in gerig vir "sonder krag" kamp met 'n 1 Kw inverter wat ek in gebou het vir die yskas en foon laaiers. Die karavaan se batrty laai ek, terwyl ek sleep, (of net die Kia op koppel) deur middel van die altenater deur 'n solinoid wat beheer dat die hoof batery nie onder 13.1 volt gaan nie👍
Terug by die Super Sport:
Die Super Sport het ook 'n eiland bed met 'n dinnet voor wat as ekstra dubbel bed kan dien, en die "hoof slaap kamer" id soort van af gesky van die voorste deel van die karavaan.
Wat ook vir my uit staan op die Super Sport, is die bed kassies, waarop jy fone, boeke of wat ook al kan bêre deur die nag.
Al wat ek sou verander, is 'n groot yskas in bou.
Ek is glad nie in die mark vir koop nie, maar so waar, daai Super Sport het my gevat😄
Wessel die Bush Lapa
Die Ratel 6 is die vlagskip blykbaar hy kort van R600000 ek hou van die ratel 3 hy net oor die R400000 baie geld maar soos jy se Wessel jy kan met hom normal kamp en off grit maar dis net te veel geld
Nee wragtig, ek sal maar…
Nee wragtig, ek sal maar liewer wag dat ander mense dit eers "inbreek", dan bietjie goedkoper kry😄
Woonwa en boswa pryse
Môre Johann en ander
Dit is net ongelooflik hoe duur waens geword het. As mens terugdink na wat ons lankgelede betaal het, klink deesdae se pryse absurd.
Wat egter verstommend is, is hoeveel nuwe waens, ek vermoed meer boswaens as padwaens, teen daardie pryse verkoop word. Dit beteken daar is 'n markaanvraag. As daar nie 'n aanvraag sou wees nie, sal die pryse en kompetisie, in terme van verskaffers, nie so verskriklik groot gewees het nie.
Die boswa/woonwa mark het bloot net ontplof, en ek vorm my mening juis op die moerse aantal verskaffers daarvan.
Smag mense om rerig uit te kom, so vêr as moontlik van rumoer, of koop hulle boswaens omdat ons teerpaaie so sleg is.
Dit sal nogal interessant wees as ons statistiek sou kon kry, hoeveel van ons lede kampeer met;
padwa, boswa, of is ingerig met beide?
Groete
Wessel, ons mag nie begeer…
Wessel, ons mag nie begeer nie dus, sal ek sê, wens ek het 'n ordentlike boswa / karavaan gehad.
Ons paaie is rof op 'n voertuig, maar om nou daai geld uit te gee, is vir my dom op my jeugdige ouderdom.
Dit sal interesant wees om statistieke te sien soos jy noem:
Pad karavane
Off road karavane
Bos waens
RTT's
Tente (stand alone)
Kampeerwa statistiek
Môre Willem Brits
Jy is mos die forumlid wat al erken het dat jy verslaaf is aan Xcell ensomeer. Wil jy nie so gaaf wees en bogenoemde idee oorweeg om, as die lede hulle info bekendmaak, so 'n spreitabel op te stel nie.
Dit gaan moontlik baie lekkerder wees as om jou porta pottie te ontkalk.![]()
Groete
Kan Voortrekker (nadat hy…
Kan Voortrekker (nadat hy Zim gered het) nie vir ons ‘n poll funksie prakseer nie? Dan kan mens net die opsies (bv pad karavaan, gravel roader, boskaravaan, motor home, 4x4 sleepwa en tent) opsit, almal kies een en die poll wys die statistieke en dateer dit deurlopend op.
Kampeerwa statistiek
Ja ek glo Anton kan dit vir ons doen.
porta pottie te ontkalk
Wessel, ja dit was 'n storie maar ek het gewen, sal later detail gee.
poll funksie
Dink daar is so iets op fb, sal kyk of ek dit kry.
Die Off Road, Bos Wa, RTT en Tente moet elk dié twee by hê: Gewone kamp of Bos.
- Pad karavane
- Off road karavane
- Bos waens
- RTT's
- Tente (stand alone)
Daar moet entlik 2 opsies…
Daar moet entlik 2 opsies wees.
Hou van die gerief van n pad en bos karavaan, een of die ander afhangende van die plek van kampering en die pad sountoe.





Voorkeur van karavaan
Ek like baie die 3B van die kinders, kort net 'n lugversorger.