6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -4 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Gunsteling smeerding vir jou toast

Submitted by Frikadel on
Forums

Sit ek nou hier en eet my toast en wonder wat is julle gunstelinge om op n toastie te sit, ek het baie!

Vanoggend was dit botter met dikgesmeerde Makoniekies.

Wat is julle gunstelinge?

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/04/2020 - 08:41

Myne is heuning, Bovril, Marmite, maalvleis, of sommer lekker stukkies skaap boud met mosterd, nou is ek honger.

Frik, nou wat se goed is daai snaakse naam wat jy gebruik "Makoniekies"?

 

0

Frik, nou wat se goed is daai snaakse naam wat jy gebruik "Makoniekies"?

 Johann, dit is Nola se Sandwich Spread.

Lyk soos mayonaise met stukkies uie, komkommer, wortel en nog ander goed in.

Ons noem dit so want as my ma die goed op ons brood gesit het skool toe het ons altyd gese "ma kon nie kies" tussen uie, wortel, mayo an klomp ander goed nie, so sandwich spread sal dit wees, ietsie van alles.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/04/2020 - 11:46

Von se appelkoosjêm, poach eier, leftover bolognaise maalvleis, avo met baie swart peper, bovril. Verkies volgraan brood, die dikker sny modelle. Van hierdie " more slices" is so dun kry nie n man se pens gelukkig nie.

0

My ander favourites is as volg in geen spesifieke volgorde nie.

  • Bovril (ek is nie n Marmite man nie)
  • Gebakte eier (sag) met tamatie en uie
  • Avo, gemix met Aromat, swartpeper, suurlemoensap en biki Robertson chili flakes
  • Lekker ou Wedwou (Redro) ansjovi vissmeer
  • Sardientjies gemix met blatjang, mayonaise en Aromat
  • So dan en wan n konfytjie, veral perske konfyt
  • Makoniekies (Nola se Sandwich spread)
0
Centurion

Dusty

Wed, 08/04/2020 - 14:25

ansjovi vissmeer

Frik, jy laat my nou dink aan 2 Hongare wat saam met my gewerk het. Hulle het glad nie tamatiekonfyt geken nie. Toe hulle die eerste keer van die konfyt hoor wou hull dit nie glo nie. Hulle het gesê dat as daar tamatiekonfyt bestaan dan kan 'n mens ook ansjovi-konfyt kry 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/04/2020 - 14:42

Frik, ja, jou ken ek dit😂

Lyk soos mayonaise met stukkies uie, komkommer, wortel en nog ander goed in.

 Peanut butter met heuning, die heuning moet eers met die peanut butter gemeng word,.

Lemoen marmalade, sommer so lekker dik gesmeer.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/04/2020 - 17:43

Vergeet van die Anshouwie op toast,  ook n gunsteling. Koop so af en dan die heel klein botteltjie, net ek hou daarvan, en word dan gesê om dit binne 3 dae op te eet !  Ek gaan nie vertel wat ons daai groente in majonaise genoem het op skool nie. Daai dae was dit in n bottel gemerk " Sandwich spread" op die rak.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 08/04/2020 - 18:22

Moet sê my ander favourite is sommer gewone winkel appelkoos konfyt net so met botter op brood.    

Ek was nog nooit lief vir peanut botter en jam of stroop nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/04/2020 - 22:08

Die vraag is nie baie duidelik vir watter geleentheid nie, maar ek aanvaar die bedoeling is 'n roosterbroodjie vir ontbyt.  My keuse is dan :-

  • Regte botter met marmelade
  • Regte botter met avokadopeer, nie pap gedruk nie, maar in dun skyfies gesnie met baie sout

Ns. Asseblief net nie margarien nie.

0

Myns insiens is die roosterbrood met wat ookal jy daarop smeer die held van die huis en die kampkombuis, hy stil altyd n honger maag op sy eie beskeie wyse en hy breek nie die bank nie,

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 09/04/2020 - 08:17

Ek is ook maar ń bovril ou, nie Marmite nie.

Interesant marmite is ń groente ekstrak en bovril vleis ekstrak. Dan maak dit vir my sin synde die wat ek nie lief is vir groente nie?

My groot gunsteling is maar Oxo, maar die is al vir jare van die mark afcrying en ek het nou sl die Bovril smaak gewoond geraak!

0

Arie, die OXO brand is nog groot in die UK. 

Dit is die drankie van keuse by die Ingilse op groot geleenthede soos bv Wimbledon en nou toe ons daar was, Festival of Lights.

Hulle mix OXO Bucko met kookwater en maak n tipe sop en verkoop dit per glasie uit sulke OXO Bucko earns.

Bovril (OXO) het sy onstaan te danke aan Napoleon wat vleis vir sy troepe gesoek het, maar dit was nie logisties moontlik om n trop beeste saam te neem nie. Die tender het uitgegaan vir n plaasvervanger vir vleis en n dokter het toe vorendag gekom met OXO wat gemaak is van vleis ekstrak en net soveel protiene het.

Boring detail.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus