Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -4 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago

Ons dink aan Freda.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Frans het my nou net laat weet dat Colin, Freda se Ingelsman, vanmiddag om 4 uur oorlede is.

Frieps, ons innige simpatie, ons dink aan jou in hierdie uiters moeilike tyd, ons gebede is dat Jesus jou sal omgord met Sy vertroosting,  mag Hy jou lig punt in die tyd wees.

Woorde kan nie werklik vertroosting bring nie, maar, weet dat jy in ons gebede is.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 13/04/2020 - 20:14

R.I.V. Colin

Antie Frieps, ons innige simpatie glo die Vader sal jou vertroos en bystaan, sterkte en hou die Vader se hand om jou die pad te wys.

Amen

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 13/04/2020 - 20:27

Freda ek is bly ek het die voorreg gehad om vir Colin te ontmoet.  Hy was inderdaad  'n baie nice ou gewees.  Ek kan my indink dat jy jou Ingelsman baie gaan mis en dat dit moeilk gaan wees vorentoe met die groot leemte in jou hart en lewe.  Ek hoop dat jou gedagtes  net vol van al die goeie herinneringe sal wees en vol van die wete dat hy geseënd was om sy lewe saam met jou te kon deurbring. Ons dink aan jou en ek treur saam met jou Antie Frieps.  Sterkte en vrede vir jou in hierdie moeilike tyd.  Baie Liefde van ons Louw's

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 13/04/2020 - 20:45

Ai Freda my hart is bitter seer vir jou.

Mag die Hemelse Vader jou omvou met liefde en vertroosting!

Petra en ek bid vir julle God's rykste seen toe.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 13/04/2020 - 21:01

Freda, ek is baie jammer om van Colin se afsterwe te verneem, maar aan die anderkant is ek dankbaar en bly hy is van sy ernstige siekte stryd verlos.  Ek is ook netso bly dat jy betyds uit NZ kon terugkeer om kort rukkies by hom te wees en ook telefonies met hom kon praat.  Ook dat Colin se seun betyds uit Secunda by jou kon aansluit.

Ek bid jou baie sterkte toe.

0

Baie jammer om te hoor van jou verlies. Mag jy vertroosting en berusting vind in hierdie tyd.

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 14/04/2020 - 11:59

Ai tante Freda. So Jammer om die slegte nuus te moet hoor. Ek glo en bid onse Here se seën en vertroosting oor jou en jou gesin.

Mag die hartseer gou oorgaan en die goeie herrinneringe die toekoms ligter maak

Groetnis

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 15/04/2020 - 07:07

"Colin se gedenkdiens is Vrydag 11.00 vm. Dit sal gelei word deur Reverend Ken Carr. Ongelukkig is dit gebonde aan Lockdown reels en nie 'n oop begrafnis nie. Een van Colin se mooi eienskappe was liefde en respek vir sy vriende. Glo Colin sal in jul gedagtes en gebede wees tydens die gedenkdiens. Liefdegroete."  Freda

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 15/04/2020 - 07:24

Anton, dankie vir die inligting.

Sterkte Freda, ons bid vir jou, en jul geliefdes. Jy is, en bly in ons gedagtes.

Al het ek nooit die voorreg gehad om julle in persoon te ontmoed nie, het ek julle twee as baie positiewe, aangename en hulpvaardige mense op die forums leer ken.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 15/04/2020 - 11:30

Liefste Kampforum vriende.  Ek kan nie aan julle beskryf  hoe seer ek is oor Colin nie.  Hy was nie so siek toe hy hospitaal toe is nie en het daar ook heel goed begin herstel en sou ontslaan word binne 'n dag of twee.  Hul het egter later erken dat 'n bloedklontjie deur sy long gegaan het wat die afsny van suurstof veroorsaak het en die hart gaan staan het.  Tot op daardie oomblik was ek dit gladnie te wagte nie.

Maar dit was die Here se besluit om hom weg te neem en ek moet daarby berus.   Dit  is nou nog nie maklik om dit net te doen nie, ek glo dat dit mettertyd sal gebeur. 

My Ingelsman laat 'n groot leemte in my lewe.

Ek het vanoggend die boodskappie ontvang van Johan Viljoen:

When someone you love dies, you never quite get over it.  You just slowly learn how to go on without him.  But always keeping him tucked safely in your heart. 

Baie dankie vir al jul pragtige boodskappe.  Ek weet julle bedoel dit opreg.  Ook die wat ek per whatsapp en paar keer van Johann per e-pos ontvang het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus