Frans het my nou net laat weet dat Colin, Freda se Ingelsman, vanmiddag om 4 uur oorlede is.
Frieps, ons innige simpatie, ons dink aan jou in hierdie uiters moeilike tyd, ons gebede is dat Jesus jou sal omgord met Sy vertroosting, mag Hy jou lig punt in die tyd wees.
Woorde kan nie werklik vertroosting bring nie, maar, weet dat jy in ons gebede is.
Freda ek is bly ek het die…
Freda ek is bly ek het die voorreg gehad om vir Colin te ontmoet. Hy was inderdaad 'n baie nice ou gewees. Ek kan my indink dat jy jou Ingelsman baie gaan mis en dat dit moeilk gaan wees vorentoe met die groot leemte in jou hart en lewe. Ek hoop dat jou gedagtes net vol van al die goeie herinneringe sal wees en vol van die wete dat hy geseënd was om sy lewe saam met jou te kon deurbring. Ons dink aan jou en ek treur saam met jou Antie Frieps. Sterkte en vrede vir jou in hierdie moeilike tyd. Baie Liefde van ons Louw's
Ai Freda my hart is bitter…
Ai Freda my hart is bitter seer vir jou.
Mag die Hemelse Vader jou omvou met liefde en vertroosting!
Petra en ek bid vir julle God's rykste seen toe.
Freda...
Freda, ek is baie jammer om van Colin se afsterwe te verneem, maar aan die anderkant is ek dankbaar en bly hy is van sy ernstige siekte stryd verlos. Ek is ook netso bly dat jy betyds uit NZ kon terugkeer om kort rukkies by hom te wees en ook telefonies met hom kon praat. Ook dat Colin se seun betyds uit Secunda by jou kon aansluit.
Ek bid jou baie sterkte toe.
Tannie Freda, baie jammer om…
Tannie Freda, baie jammer om die nuus te hoor. Sterkte vir jou en die familie in die tyd van rou.
Baie sterkte daar Tannie en…
Baie sterkte daar Tannie en my innige simpatie met jou verlies.
Antie, jammer om dit te hoor…
Antie, jammer om dit te hoor. My innige simpatie. Sterkte vir jou en mag die Vader jou vertroos en toevou in sy liefde.
Freda / Vreugde
As ek aan die Antie dink dan sien ek net vreugde.


Ai tante Freda. So Jammer om…
Ai tante Freda. So Jammer om die slegte nuus te moet hoor. Ek glo en bid onse Here se seën en vertroosting oor jou en jou gesin.
Mag die hartseer gou oorgaan en die goeie herrinneringe die toekoms ligter maak
Groetnis
"Colin se gedenkdiens is…
"Colin se gedenkdiens is Vrydag 11.00 vm. Dit sal gelei word deur Reverend Ken Carr. Ongelukkig is dit gebonde aan Lockdown reels en nie 'n oop begrafnis nie. Een van Colin se mooi eienskappe was liefde en respek vir sy vriende. Glo Colin sal in jul gedagtes en gebede wees tydens die gedenkdiens. Liefdegroete." Freda
Baie sterkte antie Freda…
Baie sterkte antie Freda. Ons glo en vertrou dat julle die nodige krag en vertroosting sal kry in hierdie moeilike tyd.
Anton, dankie vir die…
Anton, dankie vir die inligting.
Sterkte Freda, ons bid vir jou, en jul geliefdes. Jy is, en bly in ons gedagtes.
Al het ek nooit die voorreg gehad om julle in persoon te ontmoed nie, het ek julle twee as baie positiewe, aangename en hulpvaardige mense op die forums leer ken.
Baie sterkte daar. Ons dink…
Baie sterkte daar.
Ons dink aan tannie en die gesin in die tyd van rou
Wees sterk
Liefste Kampforum vriende. …
Liefste Kampforum vriende. Ek kan nie aan julle beskryf hoe seer ek is oor Colin nie. Hy was nie so siek toe hy hospitaal toe is nie en het daar ook heel goed begin herstel en sou ontslaan word binne 'n dag of twee. Hul het egter later erken dat 'n bloedklontjie deur sy long gegaan het wat die afsny van suurstof veroorsaak het en die hart gaan staan het. Tot op daardie oomblik was ek dit gladnie te wagte nie.
Maar dit was die Here se besluit om hom weg te neem en ek moet daarby berus. Dit is nou nog nie maklik om dit net te doen nie, ek glo dat dit mettertyd sal gebeur.
My Ingelsman laat 'n groot leemte in my lewe.
Ek het vanoggend die boodskappie ontvang van Johan Viljoen:
When someone you love dies, you never quite get over it. You just slowly learn how to go on without him. But always keeping him tucked safely in your heart.
Baie dankie vir al jul pragtige boodskappe. Ek weet julle bedoel dit opreg. Ook die wat ek per whatsapp en paar keer van Johann per e-pos ontvang het.
So wil ek hom onthou





Ons dink aan Freda
R.I.V. Colin
Antie Frieps, ons innige simpatie glo die Vader sal jou vertroos en bystaan, sterkte en hou die Vader se hand om jou die pad te wys.
Amen