Kom ons plaas hier foto's van die Nossob web-cam.

Web-Cam Foto's
Dit is Shaun, die foto's is Web-Cam Foto's.
Jy kan seker maar sê moer mooi
dis net op die ander forum waar hulle nou weer 'n geveg aan het en Spekkies is nie eers betrokke nie.
![]()
Dankie vir fotos
Ek gesien Willem ou Spekkies is mos onskuldig ja die fotos sal ek oor en oor kyk baie mooi
Dit is nou al 'n week dat ek…
Dit is nou al 'n week dat ek elke dag sien dat dit nat is in Nossob omgewing👍
Baie mooi en water maak n verskil
Kyk hoe mooi is die veld met al die reen dankie Johann vir update
Nat Nossob
Môre vriende
Ek hoop die nat omgewing en herlewing van omgewing hou tot middel Mei. Ek hoop om ou Kalahari op sy mooiste te ervaar met my eerste besoek.
Groete
Wessel, ek weet nie van die…
Wessel, ek weet nie van die nat nie, maar ek is oortuig daarvan dat jy daar naby aan 'n paradys gaan kom in Mei maand.
Sulke goeie reens (gegewe dat dit jou al meer as 'n week so reen) hou mos die kalahari redelik lank pragtig mooi?
Kyk hoe...
Kyk hoe fantasties lyk die veld in die dorre Kalahari by Nossob vandag !
Wonderlik !

Daar vêr in die ou Kalahari…
Daar vêr in die ou Kalahari...... daar sing die boere soooo....gee my die ou Kalahari... die ou Kalahari booo..
Wyd lê die eindlose vlaktes…
Wyd lê die eindlose vlaktes.....Kameeldoringboom en sand
Eensame, vreedsame wêreld....Dis die ou Kalahari land...
Kalahari vooruitsig
Môre vriende
Dit is mos wat ek 'n lusmaker noem----daai mooi groen foto's!!
Ek begin nou amper soos Len die dae aftel na die groot trek Kalahari toe. Hopenlik is die inperking volgende week verby, dan is dit klaarmaak in alle erns vir die uittog Twee Rivieren, Red sands en Augrabies toe.
Groete
Mooi baie mooi
Willem en Len dankie vir die fotos ek gaan se soos dit is dis moer mooi fotos die natuur sorg vir hom self na die reen seisoen en terwyl dit nog plek plek reen![]()
Horde voëltjies

Hierdie is nie 'n Nossob Web-cam foto nie, maar wel geneem deur Jan van Wyk by Cubitje Quap-suiping, noord van Nossob. Ek het die foto vanaf die Sanparks-forum gekopieer. Ek vertrou Jan sal "okay" wees daarmee.








Baie mooi, ja !
Baie mooi, ja !