Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Lugrederye deur die wêreld.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Lees ek vroeër die week dat Virgin Airways Australie in vrywilige likwidasie gegaan het?

Lyk my Richard Branson begin ook baie swaar trek, het blykbaar al sy eiendomne en kunswerke verpand om sy kontantvloei te verstewig.

Sy privaat eiland is ook in die mark vir ń kontant koper, skynbaar wil geen bank dit aanvaar as sekuriteit vir ń lening nie!

Ek glo ons gaan baie rederye sien vou in die nabye toekoms, omtrent almal trek al vaie lank swaar en sukkel om behoorlike profyt te toon. 

Ek glo dat die pandemie seker ń goeie 30% sal hulle deure moet toemaak.

Nou watse kans het ons kruppel SAA nou om te oorleef?

Irene

Grootwind

Thu, 23/04/2020 - 14:01

Dink jy is reg Arie. En natuurlik beteken dit dan ook dat daar minder sitplekke beskikbaar is wat, as lugreise weer kan begin, kan beteken dat vliegkaartjies baie duurder gaan raak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 23/04/2020 - 20:05

.....ja ek het ook gesien Virgin Australia Holdings is onder administrasie geplaas en dit is kort voor lank dat Virgin Atlantic (die redery) dieselfde paadjie sal gaan.

Dit wys maar net, ondernemings (veral lugrederye) se finansies is maar broos en oorleef nie maklike 'n terugslag soos die inperking van Covid-19 nie.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 24/04/2020 - 10:29

Beide my jonger broers is vlieglootse hulle sit sonder werk die ou wat vee die ou wat begasie in en uit laai die person wat bookings / hulp verskaf so kan ons aangaan sit nou sonder werk die lockdown maak seer baie seer  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus