Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Skelm gelukie!!!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Nou hoe gelukig kan ń man dan wees??

Loop ek gistermiddag so jong aanvalige dametjie raak. So bietjie gesels en ek het (soos ń man nou maar is) so verlangs geskimp, en so wraggies daar offer sy my toe ń knippie. Nou die mans hier sal dalk weet maar so skelm knippie op die regte tyd doen wonders vir ń man se gemoeds toestand!!! Ek voel kompleet of ń berg van my skouers afgerol het !!

En daai girl mag maar hoor sy is baie profesioneel!!

 Dertig minute en sy het my hare klaar geknip (so lekker skelm hulle mag mos nie werk nie) seker ń goeie 10 kg hare afgehaal.

Ek het toe vir haar ń groot boks sjokelade en ń bos blomme gaan koop uit dankbaarheid.

Lyk ń skelm knippie was lanklaas so welkom en lekker soos die een!

Ek kan nou die wereld weer vierkantig in die oë kyk in plaas van so onder my kuif deur loer.

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 10/06/2020 - 14:32

Arie die geknip van hare werk soos n bom en ja dis n vinnige goedkoop knippie wat jy losgeslaan het wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus