Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -5 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -6 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -6 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -7 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/07/2020 - 14:35

HOEDENS.
Nou dink julle seker, wat wil die man nou vandag oor praat? Kyk, daar was nog altyd vir my iets moois aan n hoed, sommer van kindsbeen af. Ek praat nou nie van hierdie kepsies van vandag nie. Die goed kan jy mos nou dra soos wat jy lekker kry. Hy is mos, dink ek maar, gemaak om altyd in die rigting van die son te kyk. Dan kan jy hom mos so laag oor jou oë trek om die son weg te keer. Party mannetjies dink mos hul is snaaks as hul hom so sideways dra. Ander ouens, wat ek dink is nogal stupid, dra weer een wat so n lang oorhang het soos n draak se tong. Die dra hy so half skuins oor sy kop, die oorhang reik tot by sy skouers. Snaaks man, snaaks. As jy dan nou nog hard probeer snaaks praat, vloek of sing, dan lyk dit vir my jy is in. Dan is jy nou cool soos die kinders sê. Sien van die sogenaamde celebrities dra hul so
Dan glo ek mos n hoed sê baie van jou persoonlikheid. Dink maar vir jouself wat dink jy van iemand wat so n kepsie heeltemal agterstevoor dra. Hoekom lyk iets vir jou skeef. Maar nou ja, ek sal dit nooit, maar nooit sê nie.
Maar nou moet ek eerlik met jou wees, nou kan jy daaiselfde agterstevoor kepsie vir iemand gee en dan verleen daai persoon status aan hom.
Vat jy egter n regte hoed, dan is dit so asof jy twee status simbole bymekaar uitbring. Jy kry darem ouens wat hom net tot sy reg laat kom. Kyk maar nou net oom Paul Kruger, ek kan my kwalik n prentjie van hom indink sonder sy hoed.
Dan is daar ook n truuk aan n hoed, hy moet reg pas. Nou gaan ek jou dalk iets vertel wat jy nie geweet het nie. Die ou hoedens het n no. gehad in duime, dan kwart, half en driekwart duime. Die het op die binnekant van die hoed gestaan, daar is so n los voering rondom die binnekant van die hoed, n tipe van n band. Die was gewoonlik van n tipe seilerige materiaal om sweet te absorbeer en te keer dat jy nie direk teen die hoed sweet nie. n Hoed moet ook n bietjie te groot wees. n Strook koerant, volgens die omtrek van jou kop word dan geneem en opgevou in sy lengte. Die is dan in die ronding van die voering geplaas en het dan die hoed netjies laat pas. Hoe groter die hoed, hoe dukker is die koerant gevou. Die het dan ook gedien om te verhoed dat die hoed sweetmerke kry en is kort kort vervang. Hy moet mooi op jou kop pas, nie soos n dinges pot oor jou oë en ore hang nie.
Daar is egter ook n gevaar aan n hoed verbonde. Dit is nou as jy ry, en jy sien n ou oom met n hoed voor jou, dikwels in n bakkie. Nou moet jy uiters versigtig wees. Hy kan skielik rem, sy flikker en remligte mag dalk ook nie werk nie. Pasop ook vir n skielike U-draai. n Ou oom met n hoed in n voertuig spel gevaar.
So gaan n vriend van my jare gelede koöperasie toe in Paul Roux. Paul Roux is n bitter klein dorpie hier in die Vrystaat. Die hoofstraat, waarin die koöperasie geleë is, is breed. So breed dat n trekker en wa gemaklik in hom n U- draai kan maak, juis vir die boere. Verder in die straat af is n slaghuis, nog verder aan twee algemene handelaars en dan n bottelstoor. Dit is dit. Die enigste voertuie in die straat was sy Cruiser en n medeboer se F100 reg voor die koöperasie. Hulle staan en gesels by hul bakkies.
n Ou omie, met n hoed, kom met sy voddegestampte bakkie voor die handelshuis en slaghuis verby in hul rigting. Hy wil ook aan daai kant agter hulle kom stop. Hy maak n U-draai, kry nie sy bakkie gedraai waar n trekker en n wa kan draai nie en neuk van die kant af in altwee bakkies in.
Hy het glo, toe hy uitklim sy hoed gelig en gesê, " Môre môre, nou wat het nou gebeur?" My vriend kon maar net sê, oom jy het ons amper nou moertoe gery.
Nou ja, watter hoed dra jy vandag?
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 09/07/2020 - 11:21

DIE DOOD.
Vandag praat ons n bietjie oor die ernstiger dinge. Ons mag mos maar so om Jors se Kampvuur oor ernstiger dinge ook gesels. Dit is dan iets wat n ieder en n elk van ons raak. Die met groot families en vriendekringe dalk meer as vir ander. Maar raak, raak hy vir ons.
Die afgelope week n neef en n skoolvriend aan die dood afgestaan. My neef aan aggresiewe kanker en die friend in n motorongeluk. Nee man, gaan kyk my profiel, ek is nie meer op skool nie.
Nou sit hierdie dinge mos altyd my brein aan die dink. Ons word gebore om dood te gaan. Almal van ons. Eń, die dood is die afsnypunt van die lewe en die geboorte van ons ewige toekoms.
Maar kom ons praat van tussen in. Die lewe. Party sin is kort, ander sin langer. Jy kry selfs die met baie lewensjare, die wat honderd toe staan. Wat maak ons met dit wat ons kry. Leef ons hom voluit.
Benut ons werklik alle geleenthede. Selfs net die voorreg om te lewe. Die voorreg om jou oë te kan oopmaak in die oggend. Elke dag kry ons n pakkie, n kardoes soos my oorlede ouma wat 96 geword het sou sê. Elkeen van ons se inhoud in die pakkie verskil. Van die dinge in die pakkie kan ons met die oog sien. Kos, n dak oor ons hoof, kos op ons tafel, gesondheid. My ma het weer gesê, my kind, as jy jou gesondheid het, het jy alles. Vir die res kan jy werk. Sy was reg, dit is so.
Dan is daar ook dalk dinge wat jy deur die dag kry wat jy nie kon sien nie. Die goeie nuus of slegte nuus dinge. Sou jy jou oë toemaak in die aand, was dit een van daai dinge. Dit was nog n dag aan jou geleen.
Leef elke dag uit dankbaarheid vir jou pakkie maar kyk ook in jou paķkie of ons Groot Gewer nie iets vir jou ingesit het wat hy wil hê jy moet gee aan hul wie se pakkies klein was nie. Net miskien is daar iets wat jy kon sien in jou pakkie wat vir die ander persoon die onsienlike in sy eie pakkie was. Die goeie nuus.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 13/07/2020 - 11:24

Dagsê vriende,
Nou moet ek eers gou sê dat ek nie na die nuutste aankondigings geluister het nie. As ek egter so na die sosiale media kyk kom ek gou agter dat daar n paar tannies en ooms redelik omgekrap is. Kyk jy soek nie moeilikheid met n luiperd met kleintjies nie. Jy gaan jag ook nie n olifant met n windbuks nie. Nog minder soek jy skoor met n tannie wat alles het wat n man wil hê. Dit is nou daai tannies wat spiere het. Borste soos Sylvester Stallone toe hy nog in shape was. Borshare, armhare en dalk nog n snor ook. As sy praat, sy praat eintlik nie baie nie, maar as sy wel praat, praat sy met so n rasper stem soos Steve. Nee man ek sê jou sy het wragties alles wat n man wil hê.
Nou dit lyk my dit is soos die mense vanoggend voel. Hulle is in n fighting mood. Ek wil jul egter vra om rustig te raak. Haal net n bietjie diep asem. Dit sal weer beter raak.
Ek het myself egter al lankal voorgeneem om elke dag te vat soos hy kom. Vrede gemaak met die feit dat ons dalk eers weer in volgende jaar sal kan gaan kamp. Vrede gemaak dat ons wildtuin bespreking op hold is by die parkeraad. Vrede gemaak met die gegewe feit dat die virus met ons is en dat hy nog lank gaan bly.
As ek alles so kyk dan dink ek aan die gesegde, n benoude perd maak benoude spronge.
Met die dat ons soos tronkvoëls voel, met sulke swaar ysterballe aan ons enkels, sal ons nie baie kan beweeg nie. Ek perk myself in, dit is vir my nou beter, so as jy jou bewegings tot n minimum kan beperk, doen so.
Dit maak die kanse dat ons mekaar gaan raak kamp net groter.
Vreugde en vrede vir julle.
Foto's geleen vanaf FB en Google.

Jors van Heerden se foto.

Jors van Heerden se foto.

Jors van Heerden se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/07/2020 - 12:25

DROME.
Dit is nou waar alles wat in ons lewens gebeur begin. Die wegspringplek van elkeen se lewe en toekoms. Jy begin dagdroom. Nou begin jy jouself inleef in n droom. Sport sielkundiges sê jy moet iets visualiseer. Sien jouself eerste oor die wenstreep gaan, sien hoe hou jy die trofee bokant jou kop vas nog voor jy wegspring. Sien jou drome waar word.
Gaan kyk maar na alle groot suksesse. Almal het by n droom begin.
Nou het ek gister n interessante ding gesien toe ek n foto geplaas het van n gespierde meisie. Baie ouens dink hy is gephotoshop, ek dink self so. Hy was bietjie te, toe gaan google ek bietjie. Kyk daar is darem vir jou tannies wat minced meat van n man sal maak.
Die meisies moes dit seker begin droom het om so n lyf te hê. Toe begin ek wonder hoekom sal die een se droom vir iemand anders n nagmerrie wees.
Gelukkig is almal se drome nie dieselfde nie. Sommer net om stout te wees begin ek self n droompie aanmekaar slaan. Hoe sal dit wees as ek in n kroeg sou instap, n paar fights gaan optel en my vrou gaan haal om die mannetjies te kom uitsort. Ek sien sommer in my geesteoog hoe trek hul soos vrot velle deur die lig. Hoe stop die ambulanse voor die kroeg en dra hul een vir een uit, en ek hoor hoe sê sy in n rasperstem, " moenie ry nie, ek is nog nie klaar nie" terwyl ek by die toonbank sit en behaaglik drink aan n koue enetjie.
Maar O Wee, om saam huis toe te gaan na die fight, ek sal maar nog enetjie moet drink.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/07/2020 - 12:26

DROME VERSUS NAGMERRIES.
Het ek gister darem nou vir jou n dinamietkers hier tussen jul ingeslinger met daai geselsie. Kyk ek het dit nou nie verwag dat die manne en die vrouens so gaan reageer oor daai spier tannies waaroor ek gesels het nie.
Ek het al geskryf oor verskillende liggaamsvorme op Jors se Kampvuurstories maar selfs vet mense se postuur was meer aanvaarbaar as die tannies wat ek gister oor gepraat het.
Duidelik was dit onder die vroue en die mans nie aanvaarbaar nie. Kyk maar self na die opmerkings. Ek het darem lekker gelag vir julle.
Daar was selfs n admin van n groep wat toe hy hierdie gespierde vrouens sien, gedog het dit is nou een van hierdie vulgêre plasings. Gelukkig vir my het hy gesien dit is ek wat dit geplaas het en eers verder gelees. Amper was ek "geban"
Dit laat my nou sommer aan die grappie dink van die meisietjie wat in n klein woonstelletjie gebly het. Sy het n mannetjies kat gehad. Sy laat maak hom toe reg omdat hy so rondloop en haar en die bure irriteer. Een aand voel sy lus vir vars lug en gaan stap in n aangrensende parkie. Daar loop sy n "Genie" raak wat haar drie wense gee wat hy sal laat waar word. Haar eerste wens was dat as sy by die woonstel kom moet sy beeldskoon wees, wens twee was dat die aartappelsak vol goud moet wees, wens drie was dat die kat in n prins verander het. Die "Genie" sê dit sal so wees.
Terug by haar woonstel steek sy vas in die ingangsportaal toe sy haarself in die spieël sien. n Beeldskone meisie staan voor haar. Pragtig, enige man se droom. In die kombuis wil sy die sak aartappels optel. Hy is te swaar, maak sy hom oop, hy is propvol goud. Sy kan nie glo nie, stap kamer toe, die kat is weg en op die bed lê haar prins, beeldskoon. n Ou met n speedo, hy is gebou, dit is net six pack en spiere waar jy kyk.
Sy vlei haarself lang hom op die bed neer en sê, al my wense en drome het waar geword en gee hom n vet soen. Toe hy asem skep sê hy, "Nou is jy seker darem baie spyt jy het my laat regmaak laas week"
Maar kom ons kom terug na die bodybuilders. Met die wat ek so oor dit geskryf het en al die ouens se opmerkings daaroor het die dinge nou hier in my kop kom vassteek. En wat gebeur laas nag, ek droom daaroor. Nou kyk ek weet n mooi geboude man bly mooi vir die skoner geslag. Hier met my 60 plusser lyf besluit ek toe mos nou om weer n bietjie in shape te kom.
Ek sluit by n gym aan, daar is dit net makliker, daar is mos lywe wat jou inspireer om vol te hou met jou oefeninge. Meisietjies met sulke stywe klere. Die hele plek se mure is vol spieëls, jy kan mos nou sommer die girls hier agter jou ook check. Man ek stoot gewigte soos laas toe ek 25 jaar oud was. Ek trap daai stilstaande bicycle laat sy brieke brand. Die rook hang so donker wolk daar om my. Die hele gym ruik of n Oshkosh lorry se remme daar vas geslaan het. Toe die fietsie nou in sy glory in getrap is klim ek daar op so n ding met n conveyorbelt, iets van n treadmill gedoente. Al die ou girltjies wil nou skielik hier naby my kom oefen. Hulle lê op die bankies en is besig met allerhande oefeninge. Party stoot gewigte, ander weer lê op die matte besig met strekoefeninge, te pragtig om hul dop te hou. Ek hardloop daai masjientjie laat sy dasboard hier voor tussen my hande se ligte soos discoligte begin flikker. Sy spoedmeters bly naderhand net so flits op 9999, hy kry nie my spoed gemeet nie. So n ander metertjie, seker sy ref counter, die se naald het skoon middeldeur gebreek. Die meisies staar my bewonderend aan. Man, dit is nou lekker.
As dit nie vir die bloemen bearings was wat opgepak het nie was ek nou nog oraait. Daai bearinkies pak op en die belt steek vas met my wat nog volspoed vorentoe hardloop. Ek probeer soos n hekkiesatleet bo-oor die ding se handles tree, my knieë tref hulle en ek is volspoed, kop eerste binne in die groot spieëls in. Met my kop wat die spieël slaan en hom laat breek skrik ek wakker waar ek halfpad bo-oor die wasbak in die badkamer lê, skerwe spieëlglas rondom my.
Ann vertel dat ek opgespring het uit die bed en gehardloop het badkamer toe. Sy het gedog ek het groot nood. Dit moes seker maar die bloemen wasbak gewees het wat my knieë so blou geslaan het. Wonder wat gaan n nuwe spieël nou kos. Al my oefeninge pure verniet, my pens lyk nog steeds net so groot soos gister. Wat n nagmerrie ou broer, wat n nagmerrie!
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuurstories is nou in boekvorm beskikbaar teen die bekostigbare prys van R160 + R100 koerierkostes tot en met 25 boeke. Whattsapp 0731709344 vir meer besonderhede.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/07/2020 - 12:27

DIE WINDHOND EN DIE RAILROAD CROSSING.
Praat ek gister met een van ons lede op Jors se Kampvuurstories. Kom ons van dieselfse wêreld af. Klerksdorp, Orkney. Ook daai jare onwetend vir dieselfde myn gewerk, Vaal Reefs. Dit was in 1976 wat ek vir hul begin werk het. Daai jare was dit n verskriklike groot myn met verskeie skagte en derduisende werknemers. Interessant hoe dat as n ou nou so begin praat hoeveel mense ons saam geken het. Daai, ken jy so en so, en onthou jy dat en dat oomblikke. Daardie jare was dit nogal n rowwe plek. In so n myngemeenskap is dit nogal n teelaarde vir huismoles. Waarvan n ou dan dikwels gehoor het.
Gewoonlik het die ou voggies nogal n groot rol daarin gespeel. Payday was " DIE DAG" in n maand vir die meeste ouens. Dan het die ouens nou regtig die ou hoendertjie se foefenjol heel uit hom uit geruk.
So kom ek eendag op kantoor, dit is nou die dag na payday. Kom n ou wat saam gewerk het laat vir werk. Almal het vir Frans geken as n man met baie storietjies. Die voorman sê, kyk hoe lyk jy, hoekom is jy laat? Vir almal was dit duidelik dat hy in een of ander fight was. Meneer sê hy, jy gaan my nie glo nie, ek het oppad werk toe geval met my bike. Toe ek my bike uitvat by die erf vanoggend, het my windhond ongesiens saam uitgeglip by die hek. Meneer weet mos daar waar die myn se spoorlyn oor die Orkneypad gaan, daar maak hy so n bultjie in die pad, nou net daar het dit gebeur. Toe ek aankom het ek nog gesien ek gaan betyds wees vir werk, die booms was op en die ligte was af. Nou is die hele kantoor nuuskierig, hy lyk hoeka of n trein hom getrap het, almal sê gelyk, en toè? Meneer weet mos die spoor is so n halfduim of wat hoër as die teer, ek het nooit gesien die windhond hardloop hier langs my nie. Nou wei hy uit hoe dit lyk as n windhond hardloop. Hoe hy met die wegtrek redelik soos n gewone hond lyk en hoe vinniger hy dan hardloop, hoe langer word sy tree. Amper soos n jagluiperd. Met gewone honde sal iemand sê hy staan so hoog, beduie hy so heuphoogte. Meneer weet, nie met windhonde nie, nee, hul sal sê hy is so en so lank. Nou beduie hy, van die punt van die hond se voorpote tot die verste punt van sy agterpote as hy uitgestrek is. Weet jy meneer, dit bepaal hoe vinnig n windhond kan hardloop, hoe lank sy stretches is. My windhond is net so lank soos my Gold Wing bike, nou moet meneer weet hoe vinnig kan hy hardloop. Teen hierdie tyd was meneer nou al spyt hy het gevra, al sy ambagsmanne word eintlik nou opgehou in die kantoor. Ja en toe por hy hom nou aan. Nee meneer, ek het toe net so n bietjie spoed verminder vir die crossing en dit is toe dat ek eers die hond sien, hier so n duim of wat voor my voorwiel sit hy sy voorpote eerste oor die spoor en die bultjie, op die teer neer. Toe weet ek hier kom moeilikheid, as sy voorpote nou teer raak is hy op sy langste uitgerek, hy is nou plat teen die teerpad. Meneer, wat n gemors. Hak sy pistool aan daai spoorstaaf vas wat net net bokant die teer uitsteek. Die volgende oomblik het hy so gat oor kop soos n lorriewiel voor my ingerol en het ons mekaar connect. Gelukkig het ou Gert Dop dit sien gebeur, gestop en ons opgehelp. Hy het my toe gehelp om vir Nytro, my hond, op my rug te tel, sy voorpote het ek so om my bors gesit en hul met my serp voor my bors vasgebind. So is ek en die hond so sit sit so met die bike weer terug Orkney toe dat ek hom by die huis kon gaan los. Gelukkig het hy nie te seer gekry nie. Hy sal dalk net die tewe vir n rukkie moet uitlos. Soos meneer kan sien, ek was nie so gelukkig nie. Maar nou ja, hier is ek.
Meneer kon maar net sy kop in ongeloof skud en sê, nou toe, laat jy gaan werk.

Vreugde en vrede vir julle.
Fotos geleen vanaf google.

Jors se Kampvuurstories is nou in boekvorm beskikbaar teen die bekostigbare prys van R160 + R100 koerierkostes tot en met 25 boeke. Whattsapp 0731709344 vir meer besonderhede.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 17/07/2020 - 12:30

DIE WINDHOND & DIE TRIKE.
Nou ja, vanoggend vertel ek jul verder van ou Frans. Ek het jul gister vertel van die windhond en die railroad crossing.
Frans was, n motorfiets entoesias deur en deur. Hy en spoed was groot pêlle, dit is ook hoekom sy windhond die naam Nytro gehad het. Hy kon n fiets uitmekaar haal en sou hom toe oë weer aanmekaar sit. Hier in die laat sewentiger jare was n Volla se agterkant baie gewild om trikes mee te bou. Ou Frans maak dit sy volgende projek. Hy bou n trike. Behalwe dat hy daarin goed was, was hy ook n meester met n spraygun. Hy kon iets spray met sulke diep kleure, lae op lae op lae. Sy Gold Wing het byvoorbeeld so iets soos 17 lae verf op gehad. Dan versfsprei hy met n, ek dink hul het dit n pencilsprayer genoem, enige iets wat jy op wil hê. Die Gold Wing het as ek reg onthou n meisie op die tank gehad, of was dit nou op die trike. Jul moet onthou dit is darem al oor die veertig jaar gelede, en ek het nog boonop so n ligte beroerte gehad. So ek het darem n verskoning. Man, werk dit nou party keer lekker met die vrou saam.
Ewenwel ou Frans bou hierdie trike met die mooiste kleure en met sulke vlamme hier na agtertoe. n Pragstuk.
Sy laat kom vir werk was n ou storie. Dit het dan ook altyd gepaard gegaan met n lang storie van n verskoning. Ons het hom so geken. Hy het egter altyd gelag en gesmile. n Baie opgeruimde ou.
Een winters-oggend is hy weer laat. Op die hoekom, kom sy lang relaas. Meneer weet, met die wat my mynhuis net n enkel garage het, wat eintlik nou my werkswinkel is, is daar nie plek vir ons kar en die trike nie. Die Gold Wing pas skaars in die garage in. So my vrou se kar en die trike staan onder my afdak wat ek self aanmekaar geslaan het. Dit is ook waar Nytro, my windhond, in sy hok slaap. Daar onder die afdak.
Sjoe meneer vanoggend is Orkney koud, het meneer gesien hoe kom die wasem uit by die ventilasieskag vanoggend, kyk dan weet jy dit is koud. Trek ek vanoggend die trike uit en ek hoor so n doef doef geluid. My buurman ou Gatkruiper is ook besig om uit te trek, hy is mos n myner daar op 5 skag. Ek dog dit is sy ou rammelkas Datsuntjie. Ons stap so gelyk terug om ons hekke toe te maak en ek sê vir hom, jy moet kyk jou kar maak so n doef doef geluid, hy sê, dit is by jou trike, ek het dit ook gehoor.
Toe ons so om die trike loop, daar sit die probleem. Ou Nytro wou seker vroegoggend n draai loop en het nie kans gesien vir die ryp op die gras nie. Toe besluit hy seker maar om eerder sy ding daar onder die afdak te doen teen die trike se agterwiel. Meneer, daar hang ou Nytro so onderstebo aan sy vasgevriesde piestraal bokant die volla se wielarches. Ek sal hul weer moet reg panelbeat , die doef doef was toe al die tyd as hy boontoe kom wat hy die ronding stukkend gekap het. Ou Gatkruiper sê, hy sal moet ry anders is hy laat vir sy cage om hom ondergronds te vat. Gelukkig het ek n lekker bytel en vierpond hamer. Daar het ek toe seker maklik n halfuur hamer geslaan om ou Nytro te bevry. As meneer wil kan ek meneer gaan wys, daar lê n hele hoop geel ys voor by my hek. Maar nou ja, hier is ek nou.
Nou lag die hele kantoor en Meneer sê net, " Ja Frans, ek glo jou"
Vreugde en vrede vir julle.
Fotos vanaf Google geleen.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 18/07/2020 - 12:55

Spookboerdery Bpk.
Jong, vandag wil ek julle n ding vertel. Nou, hierdie het ou SS my self vertel een aand om n braavleisvuur daar op sy plaas. Dit was ook die eerste keer wat ek hom ontmoet het. Ek vra waar kom die boerdery se naam vandaan. Sy naam het hy daardie jare gekry, sy oorlede pa-hulle het so n Datsun SSS gehad. Hy het te vertelle dat hy Sarel -Schalk Swanepoel gedoop is, n naam wat sy pa en ma hom gegee het, omdat hulle van die karretjie gehou het en sy oupa was ook so gedoop. Nou die karretjie staan nou nog daar in die waenhuis, die het sy ma se ryding geword toe sy pa in 1967 n Chev SS gekoop het. Nou vertel hy, met die wat ouens in elk geval nie hulle tweede name gebruik nie het hy toe net SS geword en het hul hom nie meer Sarel-Schalk genoem nie. Sy oorlede oupa was glo Sarel-Schalk, so aanmekaar gesê. Maar in elk geval, hy word toe net Sarel Swanepoel. Sy pa-hulle het later jare vertel dat dit eintlik n verkeerde ding was om te doen, hy het hoeka daai tyd gesê as pa, dit is nou SS se oupa, dit moet hoor draai hy in sy graf om.
Die familie begrafplaas is net so om die koppie van die opstal af. SS vertel dat hul hele familie, dit is nou omtrent van Jan van Riebeeck se tyd af, almal daar begrawe lê.
Op n stadium terwyl ons braai, sê hy hy gaan nog n ou ietsie ingooi. Met hom toe uit die gesprek sê die ander ouens naderhand, jong jy moet maar versigtig wees.... toe ou SS weer aansluit, die waarskuwing hang nou in die lug en ek weet nie waarteen hul my wou waarsku nie. Nou vertel hy verder.
Hy vertel dat sy voor grootjie oupa daai jare die enorme groot plaas nog soos die gebruik was te perd afgemeet het. Toe hy van die eendag te perd storie hoor het hy blykbaar sy dinge mooi uitgewerk en die ses seuns al n week vantevore uitgestuur met vars perde in alle windrigtings in van die middelpunt van die plaas af. Die dag van die afmeet het hy dan teen Durban July spoed van die een seun na die ander gejaag, perde geruil en voort gejaag na die volgende aflosse. Dit is volgens oorlewering hoe hy dit reggekry het om so n groot plaas te kon afsteek in een dag. Die ses seuns lê ook almal daar begrawe saam met hulle se kinders.
Maar kom ek antwoord jou vraag. Die SSS wat toe nou SS geword het, was so in planttyd. Wat dan gebeur, is as dit donker word los ons die trekkers, implimente en waens met die dieselkar net daar langs die lande. Môre gaan ons net aan. Daai selfde dag wat my naam verander het, het pa se sêding van in die graf omdraai waar geword. Oupa moes daai nag omgedraai het, met die omdraaislag moes die hele begrafplaas se rustendes wakker geword het en opgestaan het. Van daai nag af boer ek in die dag en oupa hulle in die nag. As ons in die oggend op die lande kom het alles geskuif van die vorige aand af. Dan het hul die heel nag geplant. Net daar het ek besluit om die naam te verander na SPOOKBOERDEY BPK.
Maar sê hy julle moenie uitpraat nie, dit is eintlik my geheim hoe ek aan al my skatte gekom het. Hy is toe daar weg om die vleisbakke te gaan haal en kon die ouens my verder waarsku. Hy lieg sê hulle, die SS staan eintlik vir Sarel Spekskiet, dit is hoe die ouens van hom praat hier rond.
Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf Google geleen

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/07/2020 - 15:00

OOM WOLLIE WOLHAAR.
Oom Wollie se van is Wolmarans. In 1925 gebore, gedoop Frik Wolmarans. Ek glo daar is seker baie Wolmaranse se name wat so afgekort is of eerder n bynaam geword het. Hy vertel dat die naam al baie jare saamloop. Op plaasskool al het sy maats hom al Wollie begin noem. Selfs die onderwysers het hom ook so genoem. Net as hy droog gemaak het sou hul byvoorbeeld sê "Wolmarans, kom hier" So het sy doopnaam heeltemal in onbruik geraak.
Uit die skool het hy soos wat seuns maar maak sy krulhare n bietjie langer laat groei. Toe word hy Wollie Wolhaar. Sommer dadelik het hy hulle weer kort gesny. Maar toe bly die naam Wolhaar agter. Eers baie jare later het die oom bygekom toe hy so op 30, nog ongetroud, ogies gemaak het vir n 20 jarige nooientjie by n plaasopskop by bure van hulle. Nou vertel hy dat hul daai jare anders as vandag se jonges partytjies gehou het. Diè jaar hou hul oujaarsdans in die buurman se skuur.
Die ouens kom nou met al hul ou karre daar aangery. Omdat dit baie boere is, is die Ford en Chev bakkies ook baie gewild. Daai met die groot wiel arches sê hy toe hy sien ek kyk hom in ongeloof aan. Ek, wat Jors is, is baie lief vir die ou motors uit daai era. Hy vertel van daai spesifieke bruin van die bakkies van daai tyd. As jy nie die bakkies van daardie tyd gesien het nie sal jy nou nie weet van watse bruin ek praat nie, sê hy. Nee oom Wollie, ek weet presies van watter bruin jy praat, baie karre was weer so n diep blou geverf, veral die Chevs sê ek. Ou seun, ek kan sien jy weet sommer waarvan ek praat, sê hy. Nou vertel hy verder, daar in die skuur was bale uitgepak vir sitplek, bo-op is hul toegegooi met goingsakke. Van die vrouens het ook komberse saamgebring om bo op te sit en dan selfs laataand vir die kinders bed mee te maak. Baie mense het ook sommer dan oorgeslaap. Dan was almal wat kan musiek maak daar met hul instrumente. Kitare, trekklaviere, banjo's, konsertinas, bekfluitjies. Een oom met n viool, met sy strykstok kon hy met n saag ook speel. Jy noem n instrument, hy was daar. Darem maar snaaks dat boere daai jare self musiek kon maak, nie meer vandag nie. Ek myself is n trompie speler van formaat ou seun, sê hy.
Maar nou eers weer terug na die nooientjie. Vra ek haar die aand daar vir n dans. Sê sy so ewe, dit sal lekker wees oom. Dit was die eerste keer wat iemand vir my oom gesê het. Die nooientjie het later die aand vir my Wollie begin sê en drie jaar later is sy toe nou met die oom getroud, lag hy.
Ja, ou Boet, nou is ek en my nooientjie al 65 jaar getroud, sê hy toe hy haar hand liefdevol in sy verimpelde hand touvou. Maar jong, jy moet laat ek jou eendag vertel van hoe stout ek en my ou nooientjie ook maar was toe ons jonger was en die kinders al uit die huis uit was.
Ounooi, sê hy hard, onthou my dat ek dit eendag vir Jors vertel. Die tannie het net skaam saam gelag en gesê, "is jy nou laf ou man"

Vreugde en vrede vir julle.
Môre vertel ek van oom Wollie en die tannie-hulle se stoutighede.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/07/2020 - 15:01

OOM WOLLIE WOLHAAR 2.
Ek het jul gister vertel waar oom Wollie Wolhaar vandaan kom. Gaan lees dit op Jors se Kampvuurstories dat jul nou nie die helfte mis nie.
Ewenwel, hulle is nou in n aftree-oord in die verswakte eenheid. Nou vertel oom Wollie vir my daar was n paar goed wat hy verkeerd gedoen het in sy lewe. Op sewentig het hy die boerdery met tjekboek en al oorgegee aan die kinders, hy moes dit vroeër gedoen het, toe loop koop hy n massiewe huis in die dorp omdat hul huis op die plaas groot is en hul plek soek vir al hul goed. Toe darem nou met die kinders se tjekboek. Ook n fout, nie die tjekboek nie, die huis. n Paar jaar aan verkoop hul die huis en koop n meenthuis, ook n fout. En toe later eers n huisie in die oord. Hulle moes direk van die plaas af al n plek gekry het in n aftree oord. Minder gemaak het en klaar gekry het. Nou daar het hul gebly tot sy ou nooientjie nou haar stroke gekry het. Toe trek hul verswakte eenheid toe. Ja, sê hy, sy wat nooit eers n license gehad het nie, het nou haar eie wiele en slaan so met sy hand op die rolstoel se armleuning waar ons in n sonkolletjie op hul woonstelletjie se stoepie sit. Ja sê hy ou broer, laat ek jou nou vertel, ons wat die vlaktes geken het , het nou net die kamertjie, badkamer en stoepie. Maar weet jy wat, ons is gelukkig.
Maar kom ek vertel jou eers van toe ek en Nooientjie jonger was. Ons oudste dogter was seker so vier of vyf jaar oud, sommer dadelik val die tannie die oom in die rede, jy kan nie die man dit vertel nie, keer sy. Ag my skat, lag hy, die man is self al grys, hy weet van al die goete. En vertel voort, die kinders is al bed toe en ek en die vrou raak toe n bietjie doenig daar in ons ou huisie op die plaas. Wat die kjênd lat wakker word het wee ek nie maar die volgende oomblik staan sy grootoog daar langs my en my nooientjie by die bed en vra met haar kinderstemmetjie , " speel julle lekker ". Ou broer, dit was die vinnigste wat ons weer in ons pajamas in gekom het, lag ons te lekker. Die tannie sê net, ai Wollie.
Maar kom ek vertel jou nou eers van ou Rondloper hier in die verswakte eenheid. Een oggend het hy die hele plek in rep en roer, sy een slipper is weg. Man het hul nou sy kamer van hoek tot kant deurgesoek. Niks. Hy is weg. Hy hou vol sy slipper is gesteel, ek het jul lankal gesê my goed raak gesteel hier, sê hy. Later die oggend kry hul sy slipper by n ou tannie so vier deure in die gang af waar hy mooi onder haar katel ingestoot lê. Nee ou broer sê hy, hier gebeur die dinge.
Maar kom ons gaan nou eers weer terug plaas toe. Die kinders help nou al boer, ek hou egter nog die tjekboek. Vir my het hul darem so n lappie grond daar om die huis gegee, Die werk ek toe nog met my ou Farmall om my besig te hou. Op n staduim sê die vrou ek moet dokter toe omdat ek glo so bedonnerd is deesdae en ek kla glo ek bly moeg. Met n gesukkel het ons toe daar by die man uitgekom. Maar n lang storie kort, na toetse is ons weer daar, het hy te vertelle dit is hormone, ek moet nou elke maand gaan vir n inspuiting , een of ander testikel ding, testosteroon help die tannie hom reg, ek sê mos so sê hy en gaan aan. Nou spuit hul my die goed elke maand. Die eerste keer wat die ou sustertjie by die apteek daai goed opsuig uit die bottel het ek gesê jy spuit my nie met n beesspuit in nie, daai naald is so dik soos my voorarm. Dit was toe darem net om dit op te suig, n dik vloeistof. As hul spuit gebruik hul n dunner naald.
Maar kom ek jou nou vertel, daai goed werk. Hy sit weer huppel in jou stap. Kom ek vertel jou van die dag wat ek, die tannie sien hier kom n ding en probeer keer. Jors, sê sy, hy gaan vir jou lieg. Ek ken die storie, daai van sy hare wat die Wollie Wolhaar gemaak het is ook n storie, hy het nooit sy hare langer gedra nie.Die Wolhaar kom van wolhaarstories af, sê sy.
Nou vat oom Wollie Wolhaar weer oor. Nee ou seun, ken jy my as iemand wat lieg, hê, ken jy my so, por hy my aan vir n antwoord, nee oom sê ek. Nou ja, kom ons gaan aan. DIe tannie skut maar net haar kop.
So vertel hy dat die medisyne n man nogal skielik kan oorval op die slegste tye. Party keer as hy daar op die ou Farmalltjie rondhop. Toe het hy al vir die tannie van die ding vertel. Eendag is sy besig om beskuit te bak en toe sy by die venster uitkyk sien sy oom Wollie aangejaag kom met die Farmall op die wenakker, die rook trek so reguit streep bokant sy hoed verby soos wat hy jaag om by die huis te kom. Ja ou broer, sy moes seker gedink het die medisyne het nou weer ingeskop. Hy vertel toe hy in die huis kom was sy alreeds besig om n bietjie op te vars. Ek sê vir haar, jy staan jouself hier en mooimaak, in die meantime brand die stoor hier agter die huis af, bel die kinders laat hul kom help. Brand daai hele stoortjie poer in sy moer in sê hy.
Sy kry die laaste woord in met "Wollie Wolhaar, jy lieg". Lag ek te lekker vir die twee oues van dae.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 23/07/2020 - 15:02

Onthou jul vir oorlede Oom Jan Gadgets daar van Sasolburg se wêreld. Op Jors se Kampvuurstories vir julle vertel van al sy dinge, jul kan dit daar gaan lees. Gister kry ek n mail van sy seun Hans Stekelenburg met nog n kampstorie. Met sy toestemming plaas ek dit so in sy geheel.
OOM JAN GADGET EN DIE SWAELTJIES.
Jors ek het jou n ander storie belowe

Hierdie is n ware verhaal
Hierdie tyd van die jaar was al wat n swaeltjie kamper was, noorde toe om te gaan oorwinter. So ook oom Jan gadget. Hulle het by n oord naby Badplaas oorgestaan wat n verwarmde swembad ook gehad het.
Na n geruime tyd, het ons, sy kinders en kleinkinders (toe reeds tieners) begin verlang, en besluit om vir die midwinter langnaweek vir hulle te gaan kuier. So het ons die nodige tentjies met slaapgoed, stoele en kombuis trommeltjie ingepak. Die res het ons geweet sou ons by oupa Jan kry.
Vrydag middag laat arriveer ons by die oord, seker n uur lank oor en weer gegroet, want onthou, almal in die swaeltjienes is amper soos familie. n Paar ander oupas en oumas se kinders het ook vir die naweek kom kuier, so die hele kamp was bedrywig. Gou gou is ons tentjies staan gemaak en ingerig voor die groot kuier begin. Daar is tot laataand oor en weer gelag en gesels, want daar was baie nuus en stories om uit te ruil. Ons kruip so by middernag in ons tentjies in en "pass" omtrent uit van moegheid, net om wreed in die vroeë oggend ure wakker te word van die getwie,twieeee.... van n matras pompie. Nouja, van laat slaap het daar verder niks gekom nie, want ons seun Johann se matras het n lek gekry. Na ons gou koffie gedrink het, het oupa gadget n matras patch en gom uit sy karavaan gegrou, maar ons moes eers uitvind waar die matras lek. Johann stel toe voor ons pomp hom op en druk hom in die swembad om die lek te soek, die plek te merk, en te plak as hy droog is.
Die oord se swembad word saans toegemaak om sy hitte te hou, en omdat ons so vroeg was het ons een hoek oopgemaak en begin om die matras stuk stuk onder die water in te druk om te kyk waar hy lek. Johann het die werk gedoen en ons , onder oupa Gadget se toesig, het saam gesoek. Nou kyk, hierdie bedrywigheid het n jong knapie wat ook vir die naweek daar was, se aandag getrek en het hy heel nuuskierig nader gestaan, maar naderhand amper self in die water gevoeter, so nuuskierig dat ons net moet keer. Toe hy nou weer so half in Johann se pad is, sien Johann die lek twee mooi gaatjies so langs mekaar, maar die boetie hang omtrent oor sy skouers, dis toe wat Johann se “sien julle, ek was reg dit was n slang wat my probeer pik het”. Hy het die matras verder bekyk of daar nog lekke was, maar voor ons klaar was, staan al wat leef en beef van die swaeltjies, om ons, almal met woeste hare, slaapklere en pantoffels by die hoekie van die swembad, en almal wil weet wat gebeur het “nee se oupa gadget, ons soek net die lek in die matras” en wat van die slang wou iemand weet,”slang, watse slang” vra oupa. Nee vertel hulle die laaitie het in die kamp ingehardloop en vir almal geskree n slang het amper die oom gepik. Nodeloos om te sê, ons het van niks geweet nie, en die arme laaitie het die hele naweek half skaam op sy eie weg van die groep gekuier.
As hy dalk hierdie lees (hy sal nou ook al n groot man wees), ons is jammer hoor, was niks ernstig nie, en almal het later lekker gelag en jou lankal vergewe oor jy hulle so wreed uit die kooi gehelp het.

Dankie Hans vir n kosbare stukkie oor jou pa.
Stuur vir my jul stories dan gesels ons daaroor.
Vreugde en vrede vir julle.
(Foto vanaf Google geleen)

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/07/2020 - 10:55

Die laaste stuk is baie kostelik geskryf. smiley

Dagsê vriende,
Praat ek en Wille Willem gisteraand met mekaar. Vra hy wanneer laas het jy iets van Oom Kaspaas gehoor, sê ek, ek is juis van plan om die ou vandag te bel, want ek weet oor naweke kry die ou maar swaar met die eensaamheid, nou met die min toeriste in die wildtuin.
Ag ou Jors, nou kom ek vertel jou n ou storietjie, dan kan jy nou môre jou lesers loop vertel daarvan.

DIE DODGE TEEN DIE TREIN.
My oorle Oom Piet het in die Noord Kaap geboer en laat in sy jare eers vrou gevat, wat se jare saam met syne loop. Hulle besef toe as hulle nog n ou geslaggie wil nalaat, sal hul nou hul se gatte moet beginne roer. Hulle sal in produksie moet moet kom voor die fabriek toemaak.
Hulle het toe nou ook so gemaak met n oorywerige oom Piet, met gevolg dat die tannie vir sewe jaar of verwagtend was of op pad om verwagtend te raak. Met ses kinders in die huis besluit hul om briek aan te draai.Genoeg is genoeg.
Maar om in produksie te bly het sy tol ge-eis van oom Piet. Sy armpies het soos twee sag gekookte macaronie pypies aan sy maar skouertjies gehang. As hy n kortbroek aangehad het, het sy twee maer spykerbeentjies soos twee stukke driekwart duim "hosepypes" wat lank in die son gelê het so pap by die broekspype uitgehang. As hy geloop het was dit ook nie soos n normale mens nie, nee, dit het absoluut gelyk soos n spookgedaante wat sweef met sy slap bene wat lyk of hul vastrapplek soek vir die nommer 12 vellies.
Die tannie weer was net so maer behalwe haar armpies was spagetti en haar beentjies halfduim pype. Met haar kenmerkende kindermagie. Haar voorskoot in die kombuis het bv so bultjie gehang net omdat hy gewoond was aan haar swanger tye, die het so n jaar gevat voor hy weer net normaal gehang het soos n gewone voorskoot.
So kom die dag dat die eerste enetjie moet skool toe. Oom Piet het so n ou Dodge bakkie gehad. Daai wat nog met n slinger gestart word. Al die tjeenertjies word gelaai, drie agterop die bak, die mannetjie wat skool toe gaan met sy Pep kleertjies en cardbortbruin skooltassie staan hier so wydsbeen bo-oor die gearlever tussen pa en ma.Mamma sit nog met die jongste twee elkeen op n bors. Wat n gesig ou maat, wat n gesig. Oom Piet draai die slinger, vat is min. Hy draai daai slinger dat die enjin naderhand beginne kook. Start wil hy nie start nie. Die tannie sê, ons gaan laat wees en oom Piet sê ek gaan nog een maal probeer. Wragties, daar vat hy toe en daar trek hulle, oppad dorp en skool toe.
Dit was grondpad tot kort duskant die dorp. Die pad is lelik en die ou bakkie skut kwaai omdat hul nou sal moet roer om betyds te wees vir skool. Ou broer, het jy al gesien as n ou melk in die oggend en jy kan nou ordentlik melk, hoe staan die skuim naderhand in die melkemmertjie. Nou so lyk dit nou omtrent nou met die twee babas wat mis en raakvat soos wat alles skut.
Op n staduim kom jy so oor n bult, dit is nou een van daai bulte wat voel of jou maag in jou keel kom sit as jy annerkant af val. Toe sien ek hier kom moeilikheid. Die Sishen trein en ons is oppad na dieselfde crossing toe. Naderhand kom die pad en die treinspoor so bymekaar en dan loop die twee so parralel met mekaar vir omterent twee myl ver. Dan draai die trein regs weg teen n bult af, en daar is die pad dan n kortpad crossing toe.Vir die trein is dit nou so n lang afdraande draai crossing toe. Nou weet ek al as ek daar kan kom voor die trein, dan gaan ons dit kan maak. Nou jaag ons die een na die ander trok in om betyds te wees. Naderhand kom ons by n bos bome waar n trokkie met n vrag toiletpapier gerol het die vorige week. Die het nou die hele wêreld vol gewaai die vorige week.Die wit stringe hang so in die takke, eintlik lyk dit nogal mooi. Weer uit die bos kyk oom Piet so regs om te sien waar trek die trein, hul gaan dit maak. Nou loop hul gelyk met die voorste enjin. Hy waai vir die drywer en stoker. Hy sê tot vandag toe weet hy nie of die ouens gewaai het en of hul vir hom probeer wys het hy moenie. Net toe hulle die fluit blaas is hul toe regs af en hy reguit aan. Hy sê, toe gee hy petrol dat die petrol bedaaltjie eintlik so n knop uitdruk aan die bokant van sy vellie. Dan kyk hy regs vir die trein in die draai, hy sien daai ertstrokke druk nou verwoed van agter af.
Dan is dit hy, dan is dit die trein, dan is dit weer hy, dan is dit weer die trein wat eerste by die crossing gaan wees. Op die nippertjie gee hy bes, hulle gaan dit nie maak nie. Nou begin hy briek met brieke wat nie mooi werk nie , jy moet pomp. Nou pomp hy omtrent so vinnig soos die lokomotief se arms hier by hul se wiele.
Intussen het een van daai glas cokebotteltjies van meleë se dae onder die seat uitgerol en onder die rempedaal gaan lê. Nou kry ek net sulke halwe pompies in. Nou is dit ons en die trein.
Rol daai botteltjie daar uit toe hy omtrent voos getrap is. Met die eerste vol stroke trap wat ek inkry skop daai brieke vas, ek trap die briek dwarsdeur die firewall. Die bakkie se neus sak soos n buffel as hy storm. Die vooras ploeg so n V in die grondpad
Die 2 kleintjies is onder die dash board in, Mamma se oë stamp 2 sulke nat kolle teen die voorruit. Boetie se bene het net so toegeklap met die gearlever vasgenyp tussen hulle, hy het soos n maer vark geskreeu. Die ander drie het het soos stickers teen die agterruit vasgesit. Die pikswart roetbesmeerde stoker het so halflyf uitgehang, sy spierwit oë so groot soos pierings. Toe die stof gaan lê het sê die vrou so droogweg, Pappa nou sal jy moet terug reverse waar ons daai toiletpapier gesien lê het.
Nodeloos om te sê, boetman was laat op sy eerste skooldag.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se kampvuurstories is ook te koop in boekvorm. R160 + R100 koerier koste. Whattsapp 0731709344 vir meer besonderhede.
Foto geleen vanaf google.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/07/2020 - 10:21

WILDTUIN NUUS.
(direk uit Kaspaas se bek)
FIKSIE
Soos ek gister gesê het, het ek toe gisteraand vir Oom Kaspaas gebel. Wrintiewaar is dit toe nie hy wat antwoord nie maar een van die ander ooms wat sê ek moet aanhou, oom Kaspaas is blykbaar daar agter een van sy kleinkinders aan wat aangejaag het. Uitasem antwoord hy naderhand, sorry sê hy, die kind het droog gemaak, hy was glo een van die wat n kospakkie gesteel het. Maar grootbek soos wat hy altyd is, sê hy, moenie worry nie, ek het nou die aasvoëls opdrag gegee om die ding te ondersoek.
Nou vertel hy vir my van die ding daar in die wildtuin. Met die wat daar nou nie kampeerders is in die wildtuin nie, is kos maar skaars. Hul het mos oral borde opgesit wat mense verbied om die diere kos te gee. Kan jy glo " Don't Feed the Animals" is nou op elke tweede boom vasgekap. Oom Kaspaas, nou oordryf jy darem so n bietjie, sê ek. Ja OK man, darem nou nie heeltemal nie maar amper so.
Jy weet ons klomp moet mos so n bietjie n ding aandik, like om bietjie n show te maak. O hang, en lyk ons darem nou vir jou slim as ons met allerhande planne vorendag kom om n ding op te los. Ken jy Kool-Aid vra hy, maar natuurlik oom. Eendag het ek een opgetel nadat ons n caravantjie van sy proviant gestroop het. Lê die tannie se bril daar op die tafeltjie voor die caravan, met n gesukkel het ek hom reg op my kop. Amper so gesukkel soos wat julle met jul maskers sukkel. Ewenwel, hy is op en man, toe kom ek agter ek kon eintlik nog nooit mooi sien nie. Daar kan ek toe vir die eerste keer in jare weer lees. Sien toe hoe maak n ou Kool-Aid aan met water.
Jy gooi mos water by, net n sekere hoeveelheid, dan is hy lekker. Gooi jy te veel water by is hy afgewater soos die oumense altyd gesê het. Nou dit is hoe uitgeslape ons is, ons maak die dinge net reg aan dat die ouens daarvan hou, dan drink hul dit vir soetkoek op. Help ek hom reg, dan eet hul dit vir soetkoek op oom Kaspaas. Ja "whatever" sê hy.
Ek sien op TV julle het nou baie probleme met die Covid ding. Die skole is ook weer toe. Ja oom Kaspaas, ons sukkel met die ding, hul maak sommer n hele besigheid toe as hul iemand daar kry wat positief is. Ja, dit is erg.
Ek wonder darem ou Seun, sê hy. In die hospitale is baie wat dit het, is jy nie bang hul gaan die hospitale ook toemaak nie? Magties oom, ek hoop nie so nie.
Jong ja, ek weet nie so mooi van jul planne nie, hier aan die begin gesien jy moet nou in jou elmboog nies en hoes. Verstaan nou nie lekker nie, hoekom groet jy n ander ou met dieselfde elmboog, vra maar net ? Goeie vraag oom Kaspaas sê ek.
Oom Kaspaas, ekskuus ek vra nou, in die een asem sê jy die kind het droog gemaak toe hy steel en jy gaan hul nou opneuk en in die ander asem sê jy jul het n caravantjie gestroop van sy proviant, hoe werk dit dan nou?
Man, moet jy nou nie vir jou kom sta en slim hou nie, se hy vies.
Maar wag ek moet gaan, die tannie het nou die dag n kopdoek opgetel, seker een wat van n safari toeristebakkie afgewaai het. Lyk sy nou vir jou te fraai met die kopdoekie. Ek moet nou aflui, sy is nou baie veeleisend en roep al weer. Cheers sê hy en lui af.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/07/2020 - 10:22

WILDTUIN NUUS.
(direk uit Kaspaas se bek)
Fiksie.
Praat ek en Wille Willem gister-oggend met mekaar. Beduie hy vir my dat oom Kaspaas nou n nuwe manier gekry het om lekker te kuier oor sy phonetjie. Hy reël glo nou dat jy n virtual Zoom meeting hou. Nou moet jy eers die app aflaai en dan op n spesifieke tyd log almal in, nou is dit amper soos n video call, behalwe dat n klomp mense nou op jou phonetjie kan saam gesels, en boonop kan jy almal sien.
Wille Willem sê hy gaan reël vir so n kuier vir die middag, so gereël, so gedoen. En gister, hier teen laatmiddag log ons almal in. Man was dit toe nou vir jou lekker om weer almal te sien en te gesels.
Oom Kaspaas en sy hele bobbejaan trop is teenwoordig. Seker so dertig stuks van hulle. Nou voer oom Kaspaas met elkeen n onderhoud. Ou Kammie is die kameraman en doen die verfilming. Weet jy, die ander is nou wragtig niks van hierdie soos op TV onderhoude gewoond nie. Hul skarrel soos n klomp bobbejane soos hul maar is, hier al om oom Kaspaas om tog ook maar net op die screen te kom en hul se gesigte te wys.
Wille Willem sê naderhand, oom Kaspaas, gee n bietjie vir ons vars nuus daar uit die wildtuin, oom Kaspaas laat nie op hom wag nie en val weg.
Hy sê, ou broer laat ek vir jou vertel, hier was gister so lelike voorval in Skukuza. Ek het jou mos vertel van my neef Boggom wat nou n motor handelaar is in die Kruger en die besigheid gaan goed man, so goed dat hy nou n werkswinkel ook het. En soos met julle mense hou ons mos ook alle besighede so in die familie en Boggom stel sy broer ou Kougom aan as die “mechanic”
Kougom het sy naam te danke aan daai “Chappies “ bubblegum, want nou dat sigarette so skaars soos n eerlike staatsamtenaar is, kou hy die gom wat aan die bome groei. Nietewel, daar kom n motor in vir herstelwerk, dis die einste Kameel wat daai Arabier in geruil het op n Jaguar/Luiperd onthou jy ek het jou mos vertel. Die nuwe eienaar, hy is n man wat mal is oor kaart speel. Sy vrou het hy die bynaam van Rummie gegee toe begin sy hom Ace noem, oorlat hy gedink het hy is die Ace van harte en dat al die vrouens mal is oor hom. Nou omdat die Kameel se suspensie bene korter is as die Kameelperd raak sy jet maklik verstop as jy so deur die riviere en slote ry hier in die Park. Nou is die Kameel in “limp” mode ek verstaan van julle moderne karre het ook die gefoefie in .
Boggom het die Kameel daar oor die put getrek en is onder besig met die “jet “ en Kougom gee die gereedskap aan en daar maak Boggom die fout, hy vra vir Kougom om die Bobbejaan spanner aan te gee. n Herrie breek los want Kougom dink dat Boggom hom n bobbejaan noem en die 2 spring daar aanmekaar, dis net spoeg en tande. Dit kos die brandweer met hul waterkanon en Dominee Dassie om die fight stop te sit. Nadat die misverstand uit die weg geruim is en Boggom en Kougom hande geskud het, het die werk aan die Kameel se verstopte jet voort gegaan. Kougom vat 2 hamers en slaan weerskamte van die Kameel se blaasbalk, die Kameel trek sy lip op so n tuit en gee n skril fluit en toe maal daai 4 bene skoon uit “limp “mode uit en daar trek die Kameel deur die voorportaal van die Skou vloer en hardloop n nuut geverfde Zebra Zephyr vol duike. En weer is Boggom en Kougom handgemeen, die keer moes die polisie ingryp, Dominee Dassie het uit sy Amp bedank as gevolg van die bakleiery en het n smokkelaar geword. Ja ou broer se Oom Kaspaas mens kan nie met familie saam in n besigheid wees nie. Hulle run n bussiness heeltemal down.
Hy se jislaaik ou broer, ons mis julle mense, soveel so dat die diere nou kos vir die mense in hulle karre gee, net uit dankbaarheid uit dat hul nou weer terug is. Ek verstaan dat Kougom nou n kar wassery aan die gang gesit het nadat Boggom hom gefire het. Hy en Ollie Olifant is vennote met die dat Ollie so lekker spuitslang voor aan sy gesig het werk die storie nogal goed. Kougom was en Ollie spuit af.
Oom Kaspaas stuur groete aan die Kampeerders en hoop om ons almal binnekort in lewende lywe daar te sien.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/07/2020 - 10:22

SKUKUZA TROUE.
Man het ek darem nou vir jou gelag. Julle ken nou al vir Wille Willem, bel hy my vanoggend en het hy nou die te vertelle oor wat gister gebeur het.
Ek sit hier in my voorhuis en bejammer myself oor die Covid beperking op Kruger en ander vakansie plekke. Skielik lui my foon, dis Oom Kaspaas op die lyn. Hy sê vir my ek bel hom altyd dit is tyd dat hy sy kant bring, het glo gratis lugtyd van n stroper gekry wat die Parkeraad gevang het. Vertel hy my hy noem my Willa, weet nie hoekom, dat hy uitgenooi is na n troue in Skukuza. Hy sê hy het snuf in die nuus gekry omdat die uitnodiging nie op n kaartjie was maar dit sommer ge-whattsapp was. Ek vra hom nou wie se troue is dit, nee sê hy, dis ou horrelpoot Hennie die Hyena sin, het glo oor die tou getrap met ou Harold se dogter, maar hy verstaan nie die tou trappery storie so mooi nie, hulle het nie eers toue daar in die Park, waar kom die tou nou skierlik vandaan. Nou vertel hy. Jong dit gaan maar swaar met ons, die kos is op en shame my laat lammetjie (is dit reg, mens kan mos nie sê laat bobbejaantjie nie) die het sy 5 de verjaarsdag gevier, maar ai die kind is onnosel, seker maar aan die Ma se kant want sê Kaspaas daar is nie domgeid aan sy kant van die familie nie, en sy Ma het nie bestanddele vir koek bak nie. Sê Kaspaas, wys ek maar die tjend n foto van n verjaarsdagkoek met kerse op, op google. Sal die klong nou nie 2 ure spandeer om die kerse dood te blaas op die ou phonetjie nie. Nou vraag ek jou met trane in die twee oë wie se tjend is dit die ,hê?
Ek sê, Oom Kaspaas vertel van die troue ,ooohhhh ja seg die ou. Kyk met die laat kennisgewing is al wat n karavaan staanplek, tent en rondawel in die dorpie volbespreek. Al plek wat ek kon kry was op daai luukse Selati trein jy weet daai een op die brug oor die rivier. Broer seg ek vir jou grênd man grênd. Kyk ek kan hoeka nie my skoonma totsiens soengroet nie, so sy ry orals waar ons gaan selfs die grênd trein. Nou onnosel, ek dog die kamers het twee beddens dan slaap ek en Kiewiet, dis nou my vrou wat ek saamvat se naam op die een bed en skoonma op die ander een.Maar ooohhh wee, daar is net een bed en my vrou is sommer die dinges in want sy weet sy gaan in die middel moet slaap. Ek verduidelik vir haar, my liewe aarde Mamma geen nugter man sal om middernag lepel lê met sy skoonma nie toe verstaan sy en kry so glinster in haar oog, die stoute kabouter .
In elk geval laat ek julle tog waarsku dat daai mure in daai trein ongelooflik dun is , mens kan die man langsaan hoor dink. Ons het ingekruip. Die ligte was skaars uit of ons hoor die paartjie langsaan is baie lief vir mekaar, jy verstaan wat ek bedoel. Man dis n gekreun en gesteun van n ander wêreld. Dit gaan aan vir so uur en ek sê vir Kiewiet net môre oggend vra ek daai man se handtekening, sulke “passion “ lees mens net van. Mamma sê ek is verspot en moet dit los.Die volgende oggend was dit dieselfde storie. Ek is op om nou die paartjie langsaan met lewende oë te sien as hul uitkom. Hier stap Stoffel Seekoei en sy vrou uit maar hêng hulle is vet, en toe gaan daar n liggie aan in my kop, Hulle is uitgevat, elkeen met krokkodilvel skoene. Daai gesteun en gekreun wat ons gehoor het was die twee wat vooroor gebuk gestaan het en gesukkel het om hulle skoenveters los en weer vas te maak. Ja ou broer dit kom daarvan om gevolgtrekkings te maak, ek het my les geleer. Nou waar was ek ohhhh die troue, nee wat dit was nogal lekker gewees, lewendige orkes selfs n paar towenaars daar gehad, hulle het die drank soos mis laat verdwyn. Hennie se skoonpa Harold was daar met sy hele mafia “clan” net om seker te maak Hennie vat nie die hase pad of is dit nou Hyena pad nie. Maar broer, die volgende oggend word ek daar wakker met n kopseer. Jy weet nie dalk waar kan ek Panado’s kry nie.
Man was dit darem nou weer vir jou n bakleiery toe ons terugkom by die trop. Die vrouens is verskriklik jaloers op my. Was dit nou vir jou n bakleiery, van hulle het hul peperspray daar uitgepluk, ander het mekaar met skokstokke gejaag. Hulle het die hele wêreld beskuit. Wat n gemors.
Wag sê hy, ek sal moet aflui.Die phonetjie se battery is nou flat.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuurstories is ook in n boek beskikbaar R160 + R100 Koerierkostes.Whattsapp 0731709344 vir meer besonderhede.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/07/2020 - 10:23

KOLONOSKOPIE.
Sjoe, sal jul nou sê, wat gaan nou met die man aan dat hy oor sulke goed wil praat. Het hy nou gesta en kêns raak.
Nee, toe nie. Wille Willem was lus om jul te vertel van sy ondervinding met sy ou ondersoekie.
Senior mans ontwikkel mos sekere probleme op hul oudag, soos bv. jy moet gereeld gaan vir die prostaat toetsie. Ek kry sommer meer respek vir die dames wat vir daai ander toetse moet gaan, hulle borsies word onder n stryk plank vas gedruk, om te toets vir die groot “K”. So stel my dokter voor, n kolonoskopie is nou die ding om te doen. As n ou se perfomance afneem en nog derglike simptome dan is dit tyd. Dan kort jy soos n mechanic sal sê n bietjie "fine tuning". Ek moet die spesialis gaan sien in die stad. So gesê, so gedoen, ek moet by n dagteater inboek vir die ou proseduretjie.
Meld ek die oggend daar aan vir die groot "suffering", nogal op die tiende vloer. Ek hou hoeka nie van hoogtes nie en nou maak dit my nog meer opgewonde. Nou het jy al die vorige dag met allerhande skoonmaakmiddels begin om die gestel skoon te kry. Jy kan dit nou omtrent al op tien tree deur n naald se oog regkry.
Daar aangekom het hul nou nog vir jou liters en liters van so n aaklige water wat jy moet drink. Daar sit jy nou die goed en drink, kan daai goed jou laat hardloop. Het jy al n ou gesien wat teen volspoed hardloop en knyp. Hy hardloop mos net met sy onderbene, van die knieë af voete toe. Man, ek sê jou dit is iets om te sien, veral as hy by die toilet kom en die is beset. Die volgende toilet is twintig meter gangaf by n ander saal. Nou lock sy bene, dit is nou net sy voete wat hardloop. Lyk kompleet soos n stokmannetjie wat stywesiekte het soos n kalahari skaap.
Eers as die nursie, na haar inspeksie, tevrede is kom jy in lyn vir die martelkamer.
Nou gee hul jou so n ligte verdowing, die is so lig, net genoeg dat jy omtrent alles kan onthou. Wil hul nog eendag sê, hul moet in hul leêr kyk by beroep, as daar staan Boer, moet hul weet hulle kan maar n cc of twee meer spuit.
Dan kom hul nou met n pypgedoente, vir my gelyk of hy op n John Deere se radiator ook kan pas, besmeer alles met jelly goeters, hoor ek net n gekners van tande. Weet nou nog nie of was dit ek of die doktertjie soos wat hy gesukkel het om by die eerste, "obstacle," verby te kom nie. Dan is hy in, kan amper sweer hy het gesê "lights and action". Nou is daai duikboot se spotlights aan. Die 3D kamera loop volspoed. Wys nogal so ewe op n bigscreen skerm hier bo my kop. Terseldertyd pomp hul jou nou drie bar om dinge makliker te maak. Nou is daar geen plooitjies en kreukels nie, alles is glad soos n baba se boudjies.
Praat hy die heel tyd met die sustertjie wat hy doen en sien, amper asof hul die jongste 007 fliek bespreek, hoop nou nie hul verkoop hierdie fliek van my nie. Miskien word ek nog beroemd, ek meen, afterall is ek die hoofrolspeler.
As jy darem nou weer heeltemal bykom, sit die vrou langs jou bed in die herstelkamer. Later kom die doktertjie en vertel in n vreemde taal vir jou wat hy alles gesien het. Waarsku nogal so ewe dat jy dalk winderig mag wees na die prosedure, maar dit is normaal stel hy my dadelik gerus.
Word ek later ontslaan en ek en die vrou stap hyser toe. Eintlik heel lekker net om weer normaal te kan loop.
Skuif die deur oop, net n ouerige dame met haar walker in die lift. Groet heel vriendelik, toe ons instap. Merk nogal in die hyser se spieël dat dit lyk of ek ses maande swanger is.
Druk die grondvloer knoppie.
Nog voor ek vir die dame kan verduidelik van my prosedure so 30 min gelede bars daar n windstorm agter my los en met die geraas weet ek nie of sy my sal kan hoor nie, ek bly toe maar eerder stil. Dit is amper soos die geraas van wind, soos wanneer jy n ballon se nekkie toedruk en die wind stadig laat uitfluit. Met so hier en daar n kind wat n ballon met n kopspeld laat bars. Op die grondvloer aangekom was die hyser se deur skaars oop of daai ou dame spring soos n wafferse atleet uit die wegspringblokke by die deur uit, jislaaik ek het nie geweet sy kan so vining hardloop nie. Ek skreeu nog vir haar. Hey Tannie, jy het jou stroller hier vergeet. My ou vrou het rooi in die gesig net gesê, het jy gin skaamte nie. Man toe verlang ek darem nou vir jou na die ruimtes van die plaas.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 30/07/2020 - 12:09

Laasnag toe ek nou nie kan slaap nie, begin die ou brein mos sulke wilde jakkalsdraaie te hardloop. Hardloop hy so ver uit en kom weer terug na die hede toe.
Ander kere is jou gedagtes weer soos n kat wat sy eie stert jaag, al in die ronde. Met sulke gedagtes kom jy nou net mooi nêrens nie.
Toe begin ek nou dink aan die Covid ding en die hantering daarvan. Hulle se mos n mens word nooit te oud om iets te leer nie. En ek dink, wat sal ek nou eendag kan sê, wat het ek hieruit geleer. As ek dit nou in een sin moet kan saamvat. Dit is nou nie oor Covid self nie maar die gebeure en hantering rondom dit.
En ek het tot dié gevolgtrekking gekom:
"Daar is niemand dommer as die wat probeer om slim te wees nie."

En ek sou graag eendag wou gaan luister na die werklike slim ouens en die onderwerp van die lesing moet so lees.
" Covid 19 : Past mistakes and present consequences"
Môre skeer ons weer gek en lag ons weer lekker.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 31/07/2020 - 10:31

Die volgende storielyn het Hans Stekelenburg verskaf. Ek het maar net my inkleur potlood ingespan en kleur bygesit.

           DIE HENGEL UITSTAPPIE.
As jong man het ons, ons ambagte (appyship) by Sasol gedoen. Die ding van Vrydae vroeg afkom was n vergunning wat die fabriek nog in 
die vroeë bestaansjare ingebring het. Dit het hul gedoen sodat die werkers hul besigheid kon gaan doen. Julle onthou seker nog, vroeër jare het als toegemaak Saterdagmiddae om een uur. Na dit 
kon jy nie eers n kafee oopkry voor Maandag nie. So was dit. 
  Menigte van die manne het gewoonlik dan na werk gaan kuier, en hierdie 
vroeg afkry het baie huismoles veroorsaak.
Ons as vakleerlinge het weer ander planne gehad, en een van die manne het 
familie gehad wat langs die rivier geboer het. Daar was so privaat stukkie 
hengelplek oopgekap en het n braaier ook opgehad. Van die manne het al 
voorheen daar gehengel, en omdat die rivier n effense draai gehad het, was 
daar n gruisgat oorkant die rivier wat goeie hengel area was vir die grotes.
Die eerste vrydag na “payday” sou n klomp van ons deurnag gaan hengel. Daar was genoeg vloeistof en broodjies met wors om almal lank besig te hou. Daai jare was Lion bier baie gewild. Daar is kaste vol van hulle.
Laatmiddag het die manne stuk stuk aangekom, en een het tot n roeiboot op 
die kar se dak daar aangebring. Gou is alles af en uitgepak, en die manne begin 
kuier met so hier en daar n ou wat besig is om n stokkie in die water te kry.
Twee van die hengelaars besluit om die boot te vat en oorkant 
te anker en bietjie te hengel voor dit donker word. Die boot is ter water 
gelaat, en gelaai met proviand en vistrommels, en daar trek die manne met kaal bolywe en genoeg bier vir n army. Van roei het hulle nie veel geweet nie en het die bootjie meer rondgedobber as beweeg, tot groot pret en kommentaar van die manne aan wal. Was ook nie lank nie, toe hoor ons net n gil en daar slaan 
die boot om, en lê onderstebo in die water, en twee koppe kom langs hom op.
Met veel moeite is die boot weer omgekeer, en die spane herwin, maar die een ou skree vir ons, al ons dop en visgerei is weg. Nou  begin hulle duik. Die water was so twee tot drie meter diep en sommer gou was die twee vis trommels, en n koeler vol sixpack biere terug in die boot. Al die voggies het die manne maar bietjie moeg gemaak en hul hang aan die boot om te rus. Later is altwee weer af die dieptes in op soek na hulle visstokke, op en af, op en af, seker vir n uur lank soek die manne, maar als tevergeefs. Die manne is toe al so moeg, en nugter geduik, dat hulle die boot stokloos terug bring aan wal.
    Nou is dit n gelag van die ander. Die ouens help hul uit die boot, stop elkeen n bier in die hand. Een ou sê nogal, as jul nou nie n stok het om vas te hou nie, hier is vir jul elkeen n bier om vas te hou. Nou begin die ander van hul praat as die stoklose vissermanne en bied elkeen n rolletjie vislyn aan dat hul nou maar met handlyne kan vang. Die stoklose vissermanne dink nie dit is snaaks nie en is maar erg bedroef. Veral die een outjie, ou Faan, hy het n pêl se stok geleen, nogal n duur stok en katrol gewees, sê hy. Waar gaan ek wat n appy is geld kry om die stok te vervang, dan vat hy maar nog n bier. Daai aand het ons nou moeilikheid gehad met die twee manne. Nou het hul dronkverdriet. Hulle huil snot en trane op mekaar se skouers oor die twee stokke. 
  Hul besluit ook om op n eetstaking te gaan, hul wil nie eet nie.Weier volstrek. n Nugter maag en n minder nugterre lyf werk glad nie saam nie en hul lê naderhand en slinger.
 Ewenwel het almal hier teen middernag rustig geraak en die twee ouens is daar in hul tente ingeboender, elkeen sommer net so toegegooi onder n slaapsak.
   Die oggend toe die son die manne uitbak uit hul tente kom hul eers weer aan die gang. Dr Lion se hulp word ingeroep en sommer gou gou is die manne weer op n stasie. Hier teen twaalfuur begin hul oppak, vanaand is dit inry aand saam met die cherries.
 Tente word afgeslaan, die boot word opgelaai. Een ou kyk dat alles gelaai is en vra, nou wie se twee stokke staan daar teen die boom?
  Ou Faan hulle het nooit eers hul stokke die vorige dag in die boot gelaai nie. Van daai dag af was sy naam Faan Visstok.
 Hulle is vir baie jare nog gespot oor die insident en ek glo ou Faan Visstok sal dit tot met die dag van sy dood onthou.
  Vaaldriehoek groete sê Hans toe hy groet.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 04/08/2020 - 12:49

SO SIEK SOOS N HOND.
(tong in die kies)
Ek wonder darem waar kom dié vandaan. Wie sal nou sy siekte met die van n hond vergelyk het. Kyk, n siek hond wat siek is kan nogal siek lyk, veral n teef. Dit is mos so asof, as hul nog kan beweeg, so n stadige traagheid in hul se ledemate het.
Maar dit is nie waaroor ek wil praat nie, ek wil oor mense praat. En ek wil eintlik oor gesonde mense praat wat siek act.
Nou hier kom die akteurgeit mos nou sterk na vore. Daai, oeè ek is siek, weet jy..... As jy klaar na die relaas geluister het is jy ook siek. Hulle loop ook mos soos n ou wat amper oor die muur is. So met moeite. Vra maar vir enige baas, hy sal jou kan vertel.
Onthou julle nog vir tannie Stienie, wat so oor haar tuinhekkie gehang het en dan gesê het "ek weetie hoekom ek so moet suffer nie" of dalk kan jul eerder Worsie se ma onthou met haar "lyding met Worsie se geboorte". As ek sy kort ronde lyfie so kyk kan ek nogal glo dit kon nie maklik gewees het nie, maar ek glo dit was van korte duur.
Maar kom ons kom terug by die kamstige siekes, die werklike goeie akteurs. n Ander ding is as daar ingebel word. Kyk, om siek te rapporteer is een ding, maar as dit oor n foon is, is dit heeltemal n ander ding. Dan klink daai persoon honderdmaal erger. Vir effek moet daar nou klanke bykom om die prentjie in die baas se kop te laat speel. Nou kom n gekreun, steun en hoes by. n Stem wat hortend probeer praat en partykeer sagter wegraak. Tot die bors se fluit kan meesterlik nagemaak word.
Wat ook baie interessant is, is dat sulke siektes of net na n naweek of die Vrydag voor die naweek op sy ergste is. Behalwe as dit skoolvakansie is, dan kan ma sukkel om van die griep onslae te raak, dan kan hy maklik n week of twee bly.
Sodra sy dan met n moeë stem totsiens sê en aflui hoor ek haar al met n opgewonde stem vir haar man wat op vakansie is sê , "Haak die karavaan, ons kan gaan kamp" En die man sê " Ons gaan nou nou braai" Of miskien het hy ook al klaar sy baas gebel met n soortgelyke storie.
Veral nou sal hierdie kampplanne uitkom. DIe ouens se verlof is mos redelik opgebruik met die level 5 vroeër die jaar. En almal het gesê ons wil gaan kamp.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus