Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -20 minutes ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -24 minutes ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -28 minutes ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -30 minutes ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -34 minutes ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -38 minutes ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/05/2020 - 09:07

Dagsê vriende,
                    Drank Navorsing.
     Ek het jul al vertel van Wille Willem. Vertel hy my die storie van toe hy geswot het vir sy B.Sc Agric graad, en hy op koshuis was daar op universiteit. Soos dit mos is in so n koshuis swot die ouens mos nou in verskillende rigtings en een van die manne sê hy is besig met n taak en hy soek proefkonyne. Die onderwerp is drank. Almal bied aan om met die een te help.
    Nou verduidelik hy vir my dat die manne deur verskillende stadiums gaan as hul nou so aant drinke gaan, en hy gaan nou aan my verduidelik, amper soos wat Robbie Wessels die leeuloop verduidelik.
   Staduim 1. Julle sit in n kroeg na n harde dag se klasse draf en geniet n koue enetjie. Jy kyk die barlady so, en dink, eintlik is daar nie mooi barlady's nie. Na een of twee word daar oorgeslaan na ietsie sterkers. So teen tienuur besluit jy, jy het nog n taak om af te handel en bestel n loopdop. Teen hierdie tyd is selfs die vreemdes in die kroeg nou ook al jou pêlle. Toe jy wil loop, staan almal saam, ons begin dan nou eers lekker kuier. Nog n rondte word bestel. Die kroegdametjie bring die bestellings, sy is maar redelik plomp, en met daai gesiggie gaan sy maar sukkel om iemand vir haar oudag te kry. Ek sien haar sommer ook so op sestig voor my staan. Elfuur dink ek as ek net ses ure se slaap kan inkry sal ek nog oraait wees.
    Nou sal ek moet gaan manne, kondig jy af. Nee, ou perd sê n dronkie in die hoek, nogal werkloos, en hy koop vir my n dop. Hou nogal van sy oop gesig.
  2 de staduim. Twaalfuur loop jy n draai en jy sien weer die werklose ou, toe jy terugkom koop jy vir jouself en vir hom n dop. Druk sommer n twintig rand van jou boekegeld in sy hand.Terug by jou pelle hoor jy dat hul nou praat oor "artificial turf"  asook die voordele daarvan. Jy hoef nooit gras te sny nie. Hoe hul op die onderwerp gekom het weet net hulle. Die barlady bring nog n rondte, eintlik lyk sy glad nie so sleg nie. So half of sy n aantreklikheid aan haar het.
  3de Staduim. Dit is een uur en ek dink, wel as ek net 5 ure se slaap kan inkry, is ek nog ok, al doen ek dit nou net vir my pêlle. Nou het die gesprek n ander koers ingeslaan, die ouens stry nou oor "artificial turf". Die gras word blykbaar te warm en die vee kan dit buitendien nie eet nie. Nou drink ons Tiquila en raak witwarm. Ek loop weer n draai en besluit die dronkie op die punt van die kroeg se gesig staan my nie aan nie, en ek klap hom bo van sy stoel af. Die manne maak ons uitmekaar, en die barlady dreig. As sy nie so mooi was nie het ek haar in haar dinges ingestuur.
   4de staduim.Almal is dit nou eens dat "Artificial Turf" nie vir hulle is nie, een ou sê hy het al skaap ge-eet wat dit gevreet het en hy het die ene plastic geproe, en een ou sê, kom ons gaan Sun City toe,en toe val hy agteroor bo van sy stoel af, so uit soos n kers. Die lelike kant van die kroegdame kom weer na vore en sy boender ons by die kroegdeur uit. Kan sy nou vir jou met n vuis slaan, daai girl. Nou dink jy, ag wat, vergeet nou van slaap, as ek vannag twaalf ure kan inkry, is ek reg vir môre. Slinger slinger soek die manne n oop kroeg. Vyfuur die oggend kry ons net n oop Tatoo Parlour. Nou is ons daar in. Teen die tyd wat ons daar uitkom skyn die son, en was dit agtuur. Ek was erg ontsteld, op my linker bors, by my hart, staan daar in sierskrif "Sonja". Ek ken nie eers n Sonja nie.
  5de staduim. Was toe nie klas toe nie, ons roes gelê en afslaap. Later toe ek wakker word en voor die spieël staan en tandeborsel, sien ek weer die Sonja op my bors.En skielik het die plomp, onaantreklike barlady se gesig in my geestesoog verskyn. En toe onthou ek, haar naam was Sonja. Drank is n euwel, sê ek jou.
  Weet julle hoe het n ander tatoeërder gesukkel om Sonja na n John Deere toe te verander. Dit was al hoe ek haar kon wegsteek, agter n groot trekker.
 Vreugde en vrede vir julle.


(Foto vanaf Google geleen.)

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 19/05/2020 - 08:14

Dagsê vriende.
              Great chicken special.
Wille Willem vertel vir my van sy een oom wat daar in Beaufort Wes gebly het hier in die sewentiger jare.
 Die het glo die storie te vertelle gehad van die twee Jode op die dorp wat daar n Joodse  winkel gehad het. Leon en Richard Levin was die twee se name. Hul winkel se naam was LEVIN'S KONTANT WINKEL. Dit was ook n winkel wat geslagte ver gekom het. Hul winkel is op die hoofroete af Kaap toe, in die hoofstraat geleë. Die twee besluit hul moet die vakansiegangers se koopkrag daar by hul winkel inbring en die geld onderskep voor dit in die Kaap kom. Hulle  redeneer toe, die vakansiegangers koop graag Karroo skaaptjops by hulle op pad Kaap toe, en hulle kan n hangse afslag kry, as hul n lorrievrag hoenders koop by n verskaffer in Oudshoorn. Daai jare het dit gewild begin raak om hoender te braai.
   Hul laat sit n ekstra vrieskas in die winkel, van hierdie wat so in die middel van die winkel staan.Daar word n ekstra vrieskamer agter die winkel ingerig sodat hul genoeg vriesgeriewe het vir so n groot besending hoenders.
    Hulle laat maak advertensieborde wat op al die toegangsroetes opgesit word asook voor die winkel. Dié lees,
          LEVIN'S KONTANT WINKEL
           GREAT CHICKEN SPECIAL
                   HEEL HOENDER
                           R2.50
 Ja, daai jare was dit wat hoenders gekos het op n groot special. n Skaap het sestig rand gekos.Kyk fototjie.
     Die hoenders word toe afgelewer net voor die skole sluit. Hulle verkoop soos soetkoek. Die Provinsies se skole het ook nie almal op een dag gesluit nie, maar oor n tydperk van twee weke. Vir daai twee weke het Levin's Kontantwinkel hoenders verkoop dat dit naar lyk. Na die eerste week is nog n lorrievrag hoenders afgelewer. Toe die stormloop verby is lê daar so dertig oorblywende hoenders onder in die kas met n klompie water in. Seker maar van die massas hoenders wat deur daai vrieskas gedruk is, jy moet darem weet hul het nie so gevries soos vandag se vrieskaste nie. 
  Die Jode besluit om die prys nog verder te verlaag na R2 toe want van die hoender het nou al begin ontdooi. 
  Tannie Stienie, n plaaslike inwoner en bekende in die dorp sien hierdie, nog groter special, en kom in die winkel in. Sy sien die hoenders in die water en begin die hoenders deurkyk, sy wil darem nou nie n hoender wat al af is koop nie. Julle weet mos wat doen n ou af hoendertjie aan n mens.
 Vroër jare is hoenders in n gewone plastieksakkie verpak met die agterent so na die oop kant toe en dan is die sakkie net geknoop. Binne die hoender was die lewertjies, nekkie, hartjie en pootjies.
   Nou maak tannie Stienie die sakkies een vir een oop en ruik aan die oop sakkie, dit is nou so agterlangs aan die hoender. Nee...nee....nee sê sy. Maak die sakkie toe en sit dit terug in die waterige kas. Meraai wat by die vrieskas besig is om  water uit te skep en skoon te maak, staan haar so en kyk. Dan vat sy die volgende hoender, maak oop, met n nee .... nee ... o hang...nee, nie dié een nie, sit sy dié ook weer terug.
    Die derde een is erger en sy sê, O my blikslaer, nee magtig, nee.....neee, definitief nie die een nie, en sit hom ook terug.
Na omtrent die vyfde hoender kon Meraai dié ding nie meer vat nie en sê " Mies Stienie, wees djy nou eerlik, sou djy daai test ge-pass het".
    Sy het  met n tongklap Meraai een vuil kyk gegee en toe sommer vinnig vinnig drie hoedertjies bymekaar gemaak vir haar mandjie.En dit sonder enige verdere komentaar.
Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 20/05/2020 - 09:07

Dagsê vriende,  
    Vanoggend so n bietjie fiksie, enige persone, name en of plekkname is geen verwysing na enige iemand of plek nie en is bloot toevallig.

                   Keesie en Geesie.
Keesie en Geesie is direkte afstammelinge van  oom  Kaspaas.Twee van die meer oulike familielede van oom Kaspaas. OK, Geesie dalk nou nie so direk nie, sy is getroud  met Keesie. Keesie weer is die seun van Nefie wat die neef is van oom Kaspaas. Dus is sy aangetroude familie, Nefie se skoondogter. Sy is egter nie n hierjy kind nie, of so vertel sy, die Geesie. Sy is eintlik Dr. Geesie, die minister van gesondheid in die Kruger Wildtuin. 
     Ek het jul al vertel van Nefie-hulle wat die "Riot Gear" as n skenking gekry het vanaf een van ons lede, as ek nou reg onthou het Nic Scheepers dit geskenk. Maar dit maak nou nie saak nie. Hulle het besef hulle sal iemand moet aanstel om n polisiemag op die been te bring en ou Nefie is aangestel in hul parlement as minister van Polisie. Keesie sy seun, is aangestel as een van sy hoofgenerale. Soos dit maar is in so n trop, kom die meeste aanstellings uit hulle en hul families of dan vriende. Hy het toe voortgegaan en ouens aangestel as generaals. Ek weet nie of Nefie eintlik veel gekyk het na kwalifikasies nie. Hy het vir sy hele polisiemag uniforms laat maak. Die Generaals n klomp blink goed op hul uniforms laat vaswerk,balkies op die borste, met allerhande medaljes  wat soos oorle oupa se sakhorlosie lyk hier bokant hul linkerbors vasgespeld. Nou die dag een gesien, ek kon sweer daai medalje kom uit die eerste wêreld oorlog. Hulle lyk nogal heel belangrik. Range het hy vrylik uitgedeel, party ouens in die mag was maar redelik ontevrede, daar dit gebleik het dit nou nie heeltemal op meriete en volgens kwalifikasies was nie.
    Diep in n kloof in, daar in die wildtuin buite sig van besoekers het die ouens toe nou vir hulle n Regeringsgebou laat opsit. n Massiewe gebou. Kantore, raadsale die toetie. Massief sê ek jou. Met my eie oë gesien toe oom Kaspaas my gaan wys het. Omdat hy die oudste is, is hy ook die selfaangestelde President.  
     Met al hierdie kantore tot hul beskikking en wat eintlik onbenut word het hul dit toe goed gedink om maar nog mense aan te stel, eintlik heeltemal onnodig. So nou is daar eintlik ouens wat in hul neuse grou en sit en kopkrap agter vlooie aan. Hulle dink nou daaraan om  nog n minister aan te stel, die Minister van Produktiwiteit. Hulle sal net eers nog n kantoor moet aanbou, daar almal op die oomblik beset is. 
  Op die oomblik is vervoer op  grondvlak nog n probleem, hier kan jul nou self sien  hoe twee gesondheidswerkers n lift traai vang om n kliniek te gaan besoek, ek sou ook skaam gekry het en agter my poot traai wegkruip het. Hul het n groot probleem met stywebeensiekte soos jul kan sien, dan sê Dr Geesie dat TB n kopseer in die wildtuin is, veral onder die buffels. Sy is ook druk besig en hou die wêreldverwikkelinge fyn dop omtrent die Covid 19 pandemie, veral nou met die gerugte dat diere aangetas raak. Hul kyk ook daarna om maskers te kry vir almal. Laas toe ek haar gesien het, het sy my verseker met die woorde " We are ready for Covid 19"  Waar het ek die woorde al gehoor?

Vreugde en vrede vir julle.
(Kopiereg voorbehou.)
Foto's goedgunstiglik verskaf deur Veronica Kern.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 21/05/2020 - 09:37

Dagsê vriende,
  n Kort Fiksie verhaaltjie.

                   Keesie en Geesie. (2)
 Gisteraand bel ek oom Kaspaas, ons sou mos môre gaan inboek het by die Wildtuin by Berg en Dal. So uitgesien daarna. Hy is baie teleurgesteld dat ons nou nie sal kan kom nie. Oom Kaspaas sit toe ook sommer die ou fountjie op speaker phone, gesels ek toe met die hele trop. Dr.Geesie reken dit is malligheid wat nou in Suid Afrika aangaan. Sy sê glo dat sy en haar kabinet die ding heeltemal anders gaan doen as dit nou daar na hul kant toe moet kom in die diereryk. Sy sê sy sien n groter prentjie. Seker maar omdat hul so op die natuur ingestel is. Sy reken sy sien bv.die hele wildtuin as hul spens. As jy nou skielik die hele spens toemaak en die ouens tot hulle eie bome inperk, gaan hul vrek van die honger. Inperk tot hul eie areas kan sy nog verstaan maar jy maak tog nie die hele spens toe as daar net sekere vrot kolle is nie. Gee sy nogal n baie oulike voorbeeld van wat die mense doen en vra vir my, as daar n vrot appel in n sak is, haal jy hom uit, sodat hy nie die ander aansteek en ook vrot maak nie, of los jy hom daar tot die hele sak vrot is? Sê ek, Dr.  maar dit is wat ons doen. Die staat isoleer die siekes. Ja sê sy, maar julle isoleer gesonde kolle ook, is dit nie n bietjie dom nie. Gebruik sy Limpopo as voorbeeld, hoekom alles toemaak as die grootste deel redelik veilig kon aangaan en hul ekonomie op dreef hou. Vra sy ook nogal n goeie vraag, oor die maskers wat ons nou verplig is om te dra. As maskers regtig werk, hoekom maak julle nie alles weer oop nie? As maskers dan nie werk nie, hoekom word julle verplig om dit te dra? 
  n Wyse dame die Dr. Geesie. Gin wonder oom Kaspaas wat hul president en tropleier is, luister na haar nie.
Vreugde en vrede vir julle.
(Kopiereg voorbehou).

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 22/05/2020 - 07:23

Dagsê vriende,
    Gister email ou Wille Willem my en toe besluit ek om sy storie wat hy te vertelle het net so in sy geheel te plaas.
                  Wille Willem
Hello Jors, man ek is so bly jy is weer met Keesie en Geesie in kontak. Jy sal my nie glo nie maar ek het gister per toeval  in hulle familie vas geloop hier op die plaas.
 Die ding staan so met hierdie Corolla virus is daar mos nie veel te doen hier nie.In elk geval het ek die boerdery oorgegee aan die seun. Ek besluit om my loopstok en rugsak te vat en bietjie in die veld te kom. Man, lekker gestap en gepeusel aan my versnapperinge, onder andere n hele groot plastiese sak vol “peanuts & raisins “.  Ai, as jy eers begin eet kan jy mos nie ophou nie. Teen laatmiddag besluit ek om huiswaarts te keer, want sien die weer is besig om op te steek en ek wil nie in n donderstorm vasgekeer word nie. Maar helaas, die reën vang my en ek weet van n grot daar naby en reken ek sal daar skuil totdat die storm verby is.
    Skaars kry ek my sit toe daar n hele trop van Keesie se familie ook kom skuiling soek teen die reën. Ek sit tjoepstil, maak nie n geluid nie want n Bobbejaan is mos so bietjie rof as hy saam met n mens sit. So kom hulle 1 vir 1 in die grot in, is half donker ook, en almal soek n slaap plekkie. 2 Ou tantes kom skuif nogal lekker styf hier aan my sy in, seker om bietjie hitte te kry. Ek besef ek het moeilikheid, as een van hul nou toenadering soek het ek groot moeilikheid. Maar mens die aunties stink van die nat gereënery. Daar sak n stilte oor die grot, die Hoof Bobbejaan sit voor in die grot se ingang, hy speel sekuriteit. Soos die aunties insluimer raak hulle magge doenig, kyk hulle het heeldag loop en worteltjies en uientjies en skerpione eet en nou gee dit gas af en dit rommel.
    Jong daai auntie laat enetjie los, vrot se ek jou, my oë traan eintlik. Die ander Bobbejane skuif so rond toe die klankie hulle tref maar niemand sê iets nie. Nou draai  daai “peanuts & raisins “. Hulle maak ook mos gas, maar ek is bang die Bobbejane hoor my en ek knyp broer. Toe die geknyp nie meer wil werk nie laat ek hom so stilletjies as moontlik uit. Man skaars na daai walmpie deur die trop trek ,klap die hoof Bobbejaan n arme ou kleintjie skoon van sy rotslys af, en ek hoor hom duidelik in Afrikaans  sê “Vir wat sit en skyt jy hier soos n mens ?
Ou broer, laat ek jou nou sê, gasvrye mense die Keesie en Geesie se familie.
Terloops hulle stuur groete aan Keesie en Geesie.
Vreugde en vrede vir julle.
(O ja, dankie vir elkeen se deelname, ons is nou 1200 lede op Jors se Kampvuur Stories)

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 23/05/2020 - 10:17

Dagsê vriende,
 Gister vir jul vertel van Wille Willem se ondervinding met die bobbejane. Na die tyd besluit ek om hom te kontak. Ek sê, Wilde Willem, daar is meer agter die storie as wat jy te kenne wil gee, ek sit n bietjie druk op hom om regtig agter die kap van die byl te kom.Naderhand gee hy toe, maar dit is so n ietwat van n verleentheid vir hom, sê hy. Hy sê hy gaan my vertel maar jy vertel vir niemand nie.. Ek plaas die laaste stukkie van gister se storie sodat jul kan opvang, so nie gaan lees dit op Jors se Kampvuur Stories op FB.   
.........klap die hoof Bobbejaan n arme ou kleintjie skoon van sy rotslys af, en ek hoor hom duidelik in Afrikaans  sê “Vir wat sit en skyt jy hier soos n mens ?
Ou broer, laat ek jou nou sê, gasvrye mense die Keesie en Geesie se familie.
Terloops hulle stuur groete aan Keesie en Geesie.
                   Wille Willem die Grotman.
      Hy vertel dat hy eintlik n bietjie skaam is oor die storie. Met die wat die kleintjie van die rotslys afgeklap is deur die tropleier was dit nogal n konsternasie daar in die grot. Almal is wawyd wakker toe die jong bobbejaan daar aant skreeue raak. Die wyfies soek hul kleintjies om hul te probeer beskerm teen die ontstelde mannetjie. Die donderweer was nou baie erg buite die grot en die blitse het die grot kort kort verlig. Ek sien net hierdie verskriklike lang glimmende tande met elke blits. Wat n vreesaanjaende gesig so in die donker. Die twee ou aunties het ook wakker geword en die een wat neffens my sit het grootoog voor haar gesit en uitstaar. In bobbejaantaal word daar nou op mekaar geskreeu en baklei. Ek is seker ek het weer iets van n mens, of eerder die woord "mens" gehoor tussen die bobbejaantaal deur.
 Toe gebeur daar iets wat ek nie verwag het nie, in n weerlig blits sien ek die ou auntie langs my wys vir my so met n krom vinger voor haar groot bek, om stil te bly. Sy fluister in my oor, "sjuut kind, ek sal vir jou sorg en jou beskerm". Met haar ander poot druk sy my so agter haar en die ander auntie plat op die grotvloer, om my weg te steek.
   Toe besef ek, ek is in gevaar en hier gaan ek nie uitkom nie, ek is hier vir die nag. Daai ou twee aunties het hul oor my ontferm en hul steek my weg agter hulle. Al probleem is, met hul wat voor my sit en ek wat platgedruk agter hul lê, is ek nou regoor die bobbejaan aunties se exauste. Kort kort hoor en ruik ek nou hul ontsnapte winde hier in my gesig. Ek lê nou in hul direkte lyn van vuur maar ek durf nie roer nie.
   Naderhand het dit stil geraak onder hulle en die weer het gaan lê. Ek het net gevoel hoe trek die twee aunties my weer regop en neem weerskante van my stelling in. Seker maar om my te beskerm teen die ander bobbejane. 
  Met die wat my wind netnou n familietwis veroorsaak het was ek nou verplig om te knyp. Ek kon dit nie eers waag om n stilletjie ta los nie. Ek het besef hulle gaan my uitruik. Nou is dit stikdonker in die grot. Ek is te bang om te slaap, toe hoor ek in die verte die bakkie, ek besef die vrou en kinders soek na my. Kort kort sien ek net n spotlight se lig so by die grot se bek verby flits. Een ou auntie druk my mond toe dat ek nie kan skree nie. Sy fluister weer, as jy nou skreeu, is jy dood. Kort kort hoor ek in die verte die geroep, "WILLEM.... WILLEM.. WILLEM."  En dan n bobbejaan wat huww....huww...huww hier in die grot. So het die gesoekery ook laatnag stil geraak. 
 Die aunties raak ook weer rustig, so weerskante van my. Die nag se koue raak erger en hul skuif nader aan my vir hitte, sit omtrent nou op my se skoot met hul koppe hier op my skouers. Hul se bekke hier in my nek. Ek het my arms so om hul gesit en n drukkie gegee om dankie te sê dat hul my van n gewisse dood gered het. Wil ek my arms terugtrek gryp hul dit vas en trek hul net stywer om hulle. So het hul aant slaap geraak. Nou ek weet nie, sal ook seker nooit weet nie, was dit hul gesnork of wat nie, Ek het net gevoel hoe word ek gedeel tussen die twee aunties soos wat hul hier aan my nek suie. Dan suig die een my links en as sy asem uitblaas, suig die ander een my weer regs. So het dit die heelnag aangegaan hier in my nek. Vroeg met eerstelig is die trop weer daar uit die grot uit, en net voor die twee aunties uitstap het hul so omgedraai en vir my soentjies geblaas en geknipoog. Met hul almal nou buite sig, het ek geweet ek is nou veilig en laat los ek daai massiewe wind wat ek die heel nag hier sit en opkrop het. Hy weergalm in die grot en bewe n klip bokant my kop los wat uit die dak uit neuk en my half katswink teen die kop slaan. Wat n nag ou broer, wat n nag. Ek is toe daar uit, weer terug huis toe, by n dam verby gestap en myself n bietjie afgespoel en respektabel probeer kry. By die werf aangekom was dit n fiasko. Die vrou en die kinders spook om die honde van my af weg te hou. Hulle ruik bobbejaan en voel bedreig en val my aan. Ek skop verwoed, maar hond se kind is rats, ek kry nie een raakgeskop nie.Hulle kry toe darem uiteindelik die honde daar weg. Die vrou is die hel in, wil net weet waar was jy en waar kry jy al die love bites in jou nek vandaan en nog boonop n helse knop op jou kop, sê sy. Om de dood wil hul my nie glo toe ek hul vertel wat gebeur het nie, so asof ek nou daaroor sou staan en lieg. Dit is nou wragtig n ondervinding wat ek niemand toewens nie. Wat n nag ou broer, wat n nag?
 Vreugde en vrede vir julle.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/05/2020 - 09:40

Dagse vriende.

       Wille Willem gaan Willetuin toe.
So twee jaar gelede is ek en my vrou in die Kruger. Omdat ons nie plek kon kry binne in die Park nie het ons buite die Park gebly en elke dag, dag besoekers gespeel. Die een oggend ry ons Malelane om en besluit om by Berg & Dal te gaan ontbyt. Ek sê nie die kos was sleg nie maar die worsie wat ek gehad het, het effens snaaks geproe. Klaar met ontbyt vat ons die stap paadjie al met die grensdraad langs om die kamp. Weet ook nie of dit n goeie ding was om met n vol maag so n ent te gaan stap nie. Terug by die motor vat ons die pad na Skukuza om daar die aansluiting na Krokkedil Brug te neem, en daar uit die park te ry. Soos wat dit mos nou maar is in n wildtuin, is daar mos maar altyd n versnapperingtjie in die kar ook. Jy mag ook mos nie vinnig ry nie, en met die kort kort stop kan dit n dagtrippie raak. Is daar by Afsaal picnic spot verby, sit maar so kuier kuier en peusel aan n ou droëvruggie. Toe nie ingedraai by Skukuza nie, plaas het ons maar. Weet nie hoekom daar so n samedromming van rooibokke om die plek is nie. Voer hul die rooibokke daar of wat.
    Nou die van julle wat daai pad tussen Skukuza en Lower Sabie ken weet dis heelwat gelyk pad met plek plek groot bome. My maag begin te grom en die eerste  pyn vat my nou, wat nou nog myle ver van toilette is. Met al die rooibokke is omdraai nie nou n opsie nie. Hulle maak dit ook vir n ou met n maagaandoening bitter moeilik, so in hul rustigheid loop hul mos so wei wei hul bokdrolletjies agter,  met hul stertjies wat waai. So gemaklik. Die tweede kramp trek my phoefenjol so op n knop. Nou raak die gerommel en pyne korter op mekaar. Party is net sulke skietpyne en dan kry jy daai wat jou sokkies se tonepunte afskuur aan die binnekant van jou skoene se sole. My ou vrou wat ook nou al sestig plus is, is n ou planmaker en kom met die plan vorendag. Sy reken toe, dit het jare gelede gehelp toe sy die kinders gebaar het, die asemhalings tegniek. Nou gee sy my n vinnige kursus in dit. Ek blaas soos hulle die swanger vroue maak doen by Antenatal classes. Mensig, toe daai  volgende een inskop toe weet ek HKGMoelikheid. Los ek hom in my broek in die kar of word ek dalk leeukos. Die sweet slaan op my voorkop uit en die are bult op my nek en kop, lyk kompleet soos iemand wat asemnood het,ek is bloedrooi in die gesig. My mond voel of ek kurkproppe ge-eet het vir brekfis. Jy is mos te bang om iets te drink, en gee sulke droë slukke aan monde vol niks. Jy kry ook nie opgehou sluk nie, dit voel of die niks van voor by jou mond in jou keel afhang tot in jou maag, dit irriteer jou keel.
   Nou kan ek nie meer nie en trek af, ek gooi die kar sommer van Drive na Park dat al 4 wiele lock. Ek vlieg by die deur uit, in die hardloop begin ek al die belt en broek losmaak, dog nogal so, as hierdie zip nou sy ou laai trek en vashaak, is ek in my dinges in. Nou gee ek nie n hel om of daar leeus is en of n natuurbewaring offisier naby is nie. Ek struikel so halflyf in die bossies in. Ek dink dit is ook maar eintlik n kopding ook, die oomblik wat jy in daai nood is en jy besef jy is nou naby om daarvan verlos te word, dan is dit so asof die hekke voor die tyd wil oopmaak. Manne toe ek hurk toe klap daai skote so erg dat ek dink n Space Shuttle is reg agter my. Nou kyk, plaas dat my vrou die kar bietjie vorentoe vat, julle weet mos, as jy n kar sien staan dink ons mos almal daar is diere om voor te kyk. Groot fout, binne oomblikke stop daar ander karre langs myne en almal tuur in die bos in ek sit natuurlik met my rug na die pad en al wat hulle sien is hoe n paar wit boude hulle MOON . Ek hoor kameras kliek en mense wat lag maar ek het vrede met hulle. Swak en duiselig strompel ek na my kar nadat die meeste ander karre gery het, ( gelukkig het ek nie my fotos op die Skande Website gesien nie ) is dankbaar daarvoor.Terwyl ons terug ry is daar doodse stilte in die kar. Mamma kyk net na die veld en voor haar, sê gin woord nie. Toe bars sy uit van die lag en ek moes toe ook later smile, dit was n benoude oomblik gewees en toe skiet daar n gedagte in my kop. As daar nou diere is wat daar verby gaan loop wat sal hulle dink, nou waste tipe dier los so gemors hier in die veld. Wat sou hy nou gesta en vreet het?
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/05/2020 - 09:04

Dagsê vriende.
 
        Oom Genoster en die Termiete.

  Met die wat ons wildtuin toe ganery geblok is vertel ek jul nou maar van die plek. Dit is mos nou heeltemal n anderster vakansie. Mos baie tyd vir rus en rustig wees. Net om dinge anderster te doen. Ons het vriende, hulle is voëlkykers. Dit is ook wat hul dan in die wildtuin gaan soek. Hul sal kyk na die ander diere, maar sal vinnig weer hul ry kry om eerder ander voëls te gaan soek.
So gaan die ouens om te gaan soek na wat ookal hul belangstelling prikkel. 
  Ou Wille Willem is nou weer n ou wat n fyn waarnemingsvermoë het. Hy sal vir ure sit en n gebied sit en bekyk. So sal hy selfs voor sy karavaan, gewoonlik direk langs die kampdraad sit en alles bekyk. So het hy eendag weer sit en kyk toe hy termiete in n oop kol anderkant die draad gewaar. Nou hou hy hul fyn dop, hoe hul heen en weer stap en skarrel om hul dagtaak te voltooi. Na n lang ruk het hy hul nader gelok met broodkrummels en suiker wat hy so deur die draad skiet in hul rigting. Elke keer gooi hy korter en korter todat hul in die kamp inkom tot hier kort voor sy voete. Nou sit hy hul op n kort afstand en bestudeer. Die een het hy gesien loop half moeilik,so half mankerig,  maar nog steeds werk hy baie hard. Shame, sê hy vir die vrou, kyk die ou, jy kan sien dit is n ou mier, sy koppie is so half grys van die ouderdom. Sy vel is ook al verrimpel en dof. Nie meer so blink en glad soos die jonger miere sin nie. Naderhand stap hy daar na n graspol toe en trek hom uit. Met n skêr knip hy toe sulke kort stukkies gras, net reg om dit vir die miere maklik te maak om te dra. Die ou mier het hom so waarderend aangekyk, dat hy dit nou so maklik gemaak het vir hulle. Stap hy en die vrou naderhand daar na die kafee en kantore toe. Daar by n waterpoel sien hy so n gras wat lyk soos fluitjiesriet. Hulle het mos so n knoppie lid in die grashalm. Net daar trek hy so n riet uit, die vrou vra, wat nou, nee sê hy, ek gaan vir die ouman n kierie maak. So gesê so gedoen toe hy weer op sy stoel neffens die draad stelling ingeneem het.Vang hy naderhand die ouman en vat sizes, maak n pragtige kierietjie vir die oom. Die knoppie van die vleitjiesriet het hy mooi netjies afgeskuur met die vrou se naelvyl en toe met haar naelbuffer hom mooi blink gepolish. Hom toe ook met n sagte lappie n bietjie kookolie ingevryf. Werklik n mooi kierietjie. Nou is dit n gespook, Wille Willem beduie in al wat n taal is vir die oom hoe om met die kierie te loop. Dan vat hy sy eie stapstok en wys vir oom mier hoe hy met hom stap. Dan druk hy weer die kierietjie in oom mier se pote. So het hy soos n wafferse mier fisioterapeut die oom geleer loop met die kierie. Hier by dag drie het daai oom net so gemaklik met sy kierie oor die weg gekom as die jong miere sonder kieries.Teen dag vier kon die mier al n paar woorde in Afrikaans praat. Na n week praat hy hom vlot. Nou kon die oom en Wille Willem lekker met mekaar gesels. Wille Willem het die oom jammer gekry, met die wat hy nou kon praat, was dit so asof hy nie uitgepraat kan raak nie.Vertel die oom die storie van een jaar wat hul so baie reën gehad het in die wildtuin, soveel so, dat hul kolonie se kasteel weggespoel het en hulle sou moes trek. Baie van hulle het verdrink in die gange en kamers. Na hul almal begrawe het, dit is nou die dooies, is hul toe daar weg. Die Ingenieur en die Argitek was albei “gefire” omdat hulle so swak plek gekies het en tweedens die swak ontwerp van die Kasteel. Hulle nooit weer met n oog gesien nie, sê die oom. Die Koningin Termiet ontbied haar verkenners om vir hul n nuwe plek te loop soek om te bou. Die klompie verkenners, foeitog was ook maar die gemiddelde 30% presteerders en hulle kom op n nuwe plek af wat hulle dink is die perfekte plek om te bou. Wat hulle nie geweet het nie, dit was n voetpad vir Rhyno die Renoster na sy drink plek. Daar aangekom begin die manne aan die werk te spring. Nou julle weet, dat Termiete ook n rang struktuur het, die Koningin aan die bo kant en dan die ander adelikes, die baba versorgers, die soldate en dan die werkers. Die werkers is die laagste klas wat jy kry en hier bevind Dawie en Gawie hulself. Dawie is n skrynwerker en Gawie n messelaar en die tweetjies is nie baie gelukkig in hulle jobs nie, maar bitter min werkers kon hulle self opwerk na n hoër pos. Na 72 uur is die nuwe Kasteel klaar, kraam kamers, spense die hele lot. Nou wil ek net noem dat Dawie en Gawie eintlik twee verfynde outjies was, dit was geen geheim onder die ander Termiete nie en hulle het in n woonstel op die 3de verdieping saam gewoon.
     Daai middag 4 uur kom daar n dreuning en geraas, die Kasteel bewe skoon onder die skok golwe …… Genoster is oppad water toe en hy loop in die voetpad af. n Renoster kan goed hoor maar sy sig is maar swak en hy sien nie die nuwe Kasteel nie en trap hom gelyk met die grond. Baie beseerdes en daar heers chaos, waarvan Rhyno niks kennis dra nie, hy stap doodluiters verder water toe. Die bevel kom van die Koningin om weer te herbou sy wil kraam en die wiegies is moertoe. Daar is nie nou tyd om weer te trek nie. Die manne werk deurnag en teen laatmiddag die volgende dag staan die Kasteel weer. Maar die keer het Dawie en Gawie vir hulle n "penthouse” aan die westekant gebou sodat hulle laatmiddag kan skemerkelkies drink, nogal blomme nektar, met koekies wat Gawie met blom stuifmeel gebak het.  Nou gesels hulle en maak planne om bevordering te kry in die kolonie. Kyk die twee kêreltjies is netjies uitgevat in hulle Gucci skoene en Levi jeans hulle meng hulle nie met die “common “werkers klas na ure nie. Gawie reken as hulle die Renoster n les kan leer sal hy nie weer op hulle Kasteel trap nie en dalkies gee die Koningin hulle n nuwe amp soos n Goeweneur of n Titel vir hulle braafgeit. Sal dit nie lekker wees as sy hul beslaan met n grashalm tot Sir's nie. Dan kan hul die heeldag op hul balkon sit en tee drink. Ja stem Dawie, net môre as daai Renoster weer in die paadjie stap gaan hulle hom takel en hom n les leer.
    Vroeg die oggend klim die twee in n boom waaronder Rhyno verby moet loop. Die plan is hulle val op sy rug en vat dit dan van daar af verder. Hulle het ook nie lank gewag nie toe die dreuning en aardskudding begin, ou Rhyno is op pad. Toe hy onder die boom verby loop duik die twee soos Ryk Neethling op sy rug, maar Gawie het hom misgis met die distansie en val reg agter, naby die stert van Genoster verby. Sy hande is sweterig en Rhyno se hare is glad en so gly hy stadig maar seker van Rhyno se lyf af en val sy wind uit op die grond. Sy Gucci skoene vlieg van sy voete af en sy Levi jeans skeur reg waar sy Satyn hempie vas maak om sy middellyf. Dawie sit nog op die Renoster, en het gesien hoe val sy lewensmaat in die stof en skreeu vir hom, "wat nou Gawie, wat moet ek doen?  Wurg hom Dawie wurg die bliksem is al wat Gawie kon skree met sy fyn stemmetjie. Oom mier sê, die genoster en Dawie is nooit weer gesien nie, en of altwee in hierdie geveg omgekom het sal hul nooit weet nie. Gawie het hom dood getreur, en met sy eie troffel het die ander miere vir hom n graf uitgemessel en is hy daar ter ruste gelê. 
Ja, sluit die oom af. Dit is eintlik n hartseer storie, die van Dawie en Gawie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 27/05/2020 - 09:05

Dagsê vriende.
     Gister vir jul vertel, ek sou nou in die Kruger gewees het. Toe vertel ek jul van Genoster en die Termiete en van Dawie en Gawie. As jy dit gemis het moet jy dit gaan lees op my FB blad, Jors se kampvuur Stories. Vanoggend kuier ons nog n bietjie saam met die diereryk. Met die wat ek nou nie kan kamp daar nie agv. van Covid 19, bel ek nou maar elke aand vir Oom Kaspaas om die jongste nuus te hoor. Dit is nou wat hy gisteraand te vertelle het. Hierdie is fiksie, en geen verwysing na n plek of persoon is op enige iemand of plek gemik nie.
               
                   DIERE TAAL.
 Die ouens wat al lank die diere bestudeer sal weet dat diere wel met mekaar kan praat. Daar is verskillende tale, elke spesie het sy eie taal. So hier en daar kan hul van mekaar se tale verstaan sê oom Kaspaas. Almal ken en weet wat n leeu se brul beteken, as dit baie naby jou is gee dit jou maagwerkings, sê hy.
  Kaspaas sê hul het gister gelag dat hul mage gepyn het. Met die wat die wildtuin nou gesluit is vir toeriste is dit maar net die werkers wat daar rond beweeg. Hy sê die trokke kom in konfooie daar in met voorrade gelaai soos wat hul nou alles in plek kry, vir as hul nou weer gaan oopmaak. So val daar n boks van n lorrie af  en een van sy trop se kinders sien dit.Die kinders kom naderhand met die boks daar by hulle aangesit. Hul maak hom oop, dadelik sien oom Kaspaas dit is gesigmaskers, hy ken dit, want sy skoondogter wat met Keesie sy kleinkind getroud is, is mos n dokter. Ek het jul al vertel, sy is die minister van gesondheid daar in die wildtuin. Oom Kaspaas besluit hy gaan hul n bietjie los dat hulself uitfigure hoe werk die goed. Hy gee vir elkeen een. Die kinders ken dit nie, nou probeer hul allerhande maniere. Party gaan sit daar teen n boom, hou die maskertjie so in die een poot vas en sit hom en bekyk. Met die ander poot krap hy sy kop. Daar klim een in die boom op en wragtig, sal hy nou nie daar gaan staan en uitspring en die maskertjie soos n parrachute bokant sy kop hou nie. Hy val vir hom dat sy tande klap half disnis onder die boom. n Ander een weer probeer die ding soos n doek aantrek, maar daar is te min haakplek, hy hang net so los oor die stert gehaak.
   Een het hom naderhand so oor sy oë. Toe oom Kaspaas dit vertel bars ek uit van die lag en vertel hom van onse leier wat dit op TV oorgekom het, hy wou hom kraak. Hy sê hy sien dit sommer so in sy geestesoog, die man met sy donker pak wat sukkel met die masker oor sy oë. Hier waar ek met my foon in my hand staan en praat sien ek weer vir oom Kaspaas in my geestesoog met sy groot bek wat lag dat jy net tande sien. 
 Uiteindelik bedaar sy lagbui, en hy sê hy het toe die kinders en die ander bobbejane gewys hoe om die maskertjies reg op te sit. Ek vertel hom dat hier by ons, sien ek baie dra hom so van onder die neus, oor die mond. Hy maak glad nie die neus toe nie. Nee sê hy, hy is n  bobbejaan maar hy het hul mooi gewys.
   Later die dag het hy, as president van die diereryk n afspraak gehad met die topbestuur van die wildtuin. Daar kom dit toe uit dat die maskers aangery word vir die diere. Almal gaan moet maskers dra as die wildtuin weer oopgestel word. Toeriste sowel as diere. Die maskers is spesiaal laat maak, alle shapes en sizes. Die diere gaan verplig word om hulle te dra. Oom Kaspaas se regering gaan dit dan nou versprei tussen die diere, so sê hy, hul is nou besig om skoling sessies te beplan waar hul die ouens gaan oplei omtrent die virus en die maskers.
    Hy is baie ingenome met sy parlement wat hy glo die ding sal kan doen. Daar is gelukkig baie Dokters en Doktors aangestel. Net die regte ding gewees om te doen, reken hy my. Hy sê ook dat daar baie kundiges is, wie se raad hul gaan inroep. Hul het alreeds n bostelegraaf uitgestuur van die skoling wat gaan plaasvind asook die versamelpunte bekend gemaak.
  Toe moes hy aflui, daar het n klomp van hulle maroelas gevreet deur die dag en  nou is daar in n bakleiery wat hy moes gaan uitsort.
 Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 28/05/2020 - 09:23

Dagsê vriende.               
                   WILDTUIN NUUS
         VARS UIT KASPAAS SE BEK.
   Gister vir julle vertel op Jors se Kampvuur Stories dat die Wildtuin regmaak om oop te maak. Voorrade word aangery. Toe het die bobbejaankinders mos n boks met gesigmaskers opgetel wat van n trok afgeval het. Man, was dit nou n prettigheid om hul dop te hou, met iets wat hul nie ken nie, het oom Kaspaas my vertel. 
     Gisteraand bel ek hom om te hoor wat is nuus. Nou, oom Kaspaas het die gawe om n ding so te vertel dat dit mos vir my voel of ek self daar was, en ek sien alles so voor my afspeel. Party keer voel dit asof ek n dier is daar in hul geledere. Nou so was dit nou weer gisteraand. 
   Die eerste skoling van die diere oor die Covid 19 is gereël en die plekke van samekomste is per bostelegraaf reg oor die wildtuin versprei. So het die diere in hul hordes opgedaag om te kom luister oor die pandemie. Die eerste ding wat die organiseerders moes doen was om al die diere n vredesverdrag te laat teken. Dit sal darem nou n gemors afgee as die ouens mekaar daar op die vergadering begin opvreet. Die leeus het teesinnig ingestem maar die hiënas het nogal maklik ingestem. Ek weet nie lekker van hulle nie, hulle kan maar lekker agteraf wees. Hulle lyk mos kompleet soos die warmgemaakte Bix Six karre wat hul so gedrop het vroeër jare. Behalwe hul gatte is gedrop omdat hul so agteraf is. Selfs die leeus vertrou hul nie lekker nie. Koning leeu sê hy het al te veel gesien hoe verdwyn sy prooi onder n culvert brug in as die hiënas sy kos gesteel het. Hul het eers n taal kwessie gehad, die het hul vinnig uitsorteer deur woorde en geluide uit al die diere se tale saam te flans. Amper soos Fanagalo, n myntaal wat saamgeflans was uit Engels, Zulu, Sesotho en nog ander tale. Hulle eie diere taal, hul noem dit die NKAP taal. So n bietjie verander aan KNP. Dit staan glo vir
N - Nou
K -Kan
A - Almal 
P - Praat 
Dit is nou n taal wat al die diere verstaan.
   Eers toe is daar aan almal verduidelik hoe gevaarlik die virus is, asook dat dit n hoogs aansteeklike  siekte is. Daar is gedemonstreer hoe om die maskers te dra. Was dit nou vir jou n storie, vir almal is daar maskers gemaak volgens hulle behoeftes. Oom Olifant se masker was n uitdaging met sy slurp. Die maklikste was n kurkprop vir sy slurp en n masker vir sy bek met twee gate vir sy tande. Lang rekke om oor sy ore te kan trek.Toe hy dit eers aan het sê oom Olifant,  nou weet ek ook hoe voel n sirkus olifant, as almal na hom kyk. Lag almal te lekker. Die leeus se masker moes groot kon ooprek vir as hul so lê en gaap.
 Die wilde honde het gedink dit is baie snaaks. Met hul tjank-blaf geluide wat so agter die maskers uitkom was dit te snaaks om mekaar te kan hoor maar nie te kan sien van wie die geluide kom nie. Die hiënas se gelag het ook so opgeklink daar uit die groep, oor hierdie nuwigheid. 
Oom Kameelperd het alles maar net so uit die hoogte  gestaan en bekyk. Toe moes hy met sy voorpote so wyd uitmekaar gaan staan soos wanneer hy gaan water drink sodat hul sy masker kan aansit en die zebras het hul  misnoë met n runnik en n poep te kenne gegee. Krokodil se onderkaak en tande het onder die masker uitgekom toe hy sy bek oopmaak om te praat, met sy masker sal hul n plan moet maak. Veral as hul so opcatch op hul tan as hul op die sandbanke lê. Hul maak mos dan hul bekke groot oop. Oom Kaspaas sê hul sal daaraan werk om n ander plan te maak vir krokodille en die probleem met sekere maskers is nou terugverwys na die ontwerpers. Dr.Geesie sê sy het probleme verwag, dit is net n kwessie van tyd dan sal al die probleme uitgestryk wees, sê sy. Sy is nogal uitgevat vandag, so n groen, geel en swart kopdoekie opgesit vir hierdie training in die bos. Seker maar vir die stof. Sy gaan haar kinders ook inroep, hulle is almal tandartse want sy het sommer dadelik n geleentheid raak gesien toe sy sien die hiënas steier so terug toe hul maskers opgesit word. Een van hulle het glo hardop gesê, gin dier kan leef met so n stink asem nie. Sy gaan hulle, dit is nou haar kinders, n kontrak gee om om te sien na die diere se bekke. Nou soek al die diere glo tandeborsels en Colgate tandepaste. Ook hier het sy reeds n plan in plek, haar kleinkind Slapgat kan die kontrak kry om dit te verskaf. Oom Kaspaas het toe belowe hy gaan lorrievragte vol bestel. Man was almal bly om dit te hoor. Dit blyk toe te wees dat die ouens nooit agtergekom het hulle asems stink nie, met die maskers het hul nou eers agter gekom dat dit eintlik erg is. Hulle sê mondhigiëne gaan nou vir hulle baie hoog op hul prioriteitslys wees. Almal het ook n gordel met n bottel hand sanitizer gekry omdat wasgeriewe nie so beskikbaar is daar in die wildtuin nie, aan die anderkant van die gordel gaan n sak hang met n bottel mondspoelmiddel wat hul ook nou na die asemprobleem gaan order, so hul gaan nou amper soos cowboys lyk, sê hulle. 
  Oom Kaspaas sê, hul is reg vir die toeriste, hul kan nie wag om ons weer almal daar te sien nie. Hy het gesê ek moet groete sê vir julle en julle moet veilig bly. Oom Kaspaas vertel hy het met n oupa hier in Suid Afrika gepraat, n sekere Dan Cloete, hy het vier kleinkinders oorsee, twee in Singapore, die dogtertjie nege en n kleinseun van sewe en dan twee Ausies, dogtertjie agt en seuntjie ses. Oom Kaspaas sê hy is self n oupa van vele en hy ken daai verlange. As jul weer Suid Afrika toe kom moet jul kom hallo sê. Oom Kaspaas sê sy oupahart verlang nou ook sommer na julle. Groete ook aan julle daar in die verre lande. 
 Oom Kaspaas moes toe aflui, hy is nou al oud en moet nou gaan slaap sê hy, môre het hy weer n vol dag met nog skoling.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 29/05/2020 - 10:15

Dagsê vriende.

WILDTUIN NUUS (VERVOLG)
VARS UIT KASPAAS SE BEK.
Praat ek gister met Wille Willem en hy sê ons moet saam n conference call doen met Oom Kaspaas. Hy wil graag n paar goed by hom hoor. So doen ons toe ook so gisteraand.
Wille Willem vra, oom Kaspaas, eergisteraand het jy vir Jors gesê die ouens het maroelas gevreet en jy moet hul fight gaan uitsort, wat het eintlik toe gebeur.
Hy vertel, hul het mos nou ook n kroeg gekry die, Die Maroela Tepel, daar word nou allerhande brousels in drank omskep. Hy vertel dis nogal n “grand “plek met snooker tafels en veerpyltjies, die lot. Het selfs n dobbel masjien maar die ding betaal peanuts, dis net Ape en Bobbejane wat daarop speel. Die kroeg behoort aan Dr. Vuma en sy vrou Mal Emma. Die naam het sy gekry oor haar rooi overall en kepsie wat sy daar in die wildtuin dra. Ja, sê oom Kaspaas, het die kind nou n snaakse uitkyk op die lewe.
Maar sê hy, omdat ek President is van die diereryk in die wildtuin laat ek die kroeg toe maar sodra die diere hulle soos mense gaan begin gedra, maak hy die plek toe. Willem sê, Hang Oom Kaspaas, jy slaan n lae hou maar in elk geval, vertel my van die bakleiery. Hy vertel toe. Man, Olifant en Renoster het snooker gespeel en elke keer as dit Olifant se beurt is om te speel lê hy met sy slurp so oor die tafel en dan skelmpies sal hy n bal in die gat druk met sy slurp of n bal in sy slurp opsuig. Renoster vang hom toe “red handed “ en slaat sy snoeker stok stukkend oor Olifant se rug. Olifant vererg hom vir Renoster en met sy slurp druk hy Renoster se oë toe en slaan hom in die ribbes. Toe is die gort gaar, Renoster storm op Olifant af en slaan hom n kort opstopper op sy kakebeen dat jy net sien tande spat . Olifant staan so terug, maak sy slurp so reguit soos n geweer se loop, korrel so met sy een oog toegeknyp en blaas. Man ek sê jou, dit lyk of hy met n masjiengeweer skiet soos wat daai balle daar uitkom, Renoster weet nie wat tref hom nie. Hy koes vir n vale.
Olifant gryp vir Renoster aan die horing en probeer dit afbreek. Renoster trek sy lip so tuit van die pyn maar hy slaan terug en spring op Olifant se slurp, die keer is dit Olifant se beurt om te kreun, intussen het ou Klikbek die kwêvoël uitgevlieg en die Sherrif gaan haal, dis nou Sarel Seekoei, en die het n ruk gevat, hy kon nie kies watter hoed pas by sy uitrusting nie. Die kom toe daar aangestap met n knopkierie as wapen. Daar gekom het hy onmiddelik die geveg stop gesit. Renoster se een oor is halfpad afgeskeur en bloei, en Olifant het twee tande vermis en die bloei ook. Hulle maak vrede en skud toe pote en toe ek loop, hoor ek Olifant sê vir Renoster, is jy nie lus vir darts nie? Intussen hoor ek dat Keesie se seun aansoek gedoen het om Deputy sheriff te wees.
Ek sê, oom Kaspaas, dit lyk my al jul staatsinstellings is nou in die familie. Ja, jong, sê hy dit is maar n redelike toutrekkery, selfs by hulle is daar ook maar binne gevegte onder die ouens.
Hy sê hulle vorder nou fluks met die diere se opleiding. Die polisie help met die beheer van die mense en verkeer. Hulle begin Maandag by stage 5 in die wildtuin. So almal skarel nou om al hul aankope gedoen te kry. Hy sê, hulle het ons fyn dopgehou, hulle gaan nie onverhoeds gevang word nie.
Die ouens pot glo op met die drank en sigarette. Die skollies koop nou aaptwak dat dit lyk of die goed uit die mode gaan raak. Van die diere begin al hul maskers vrywilliglik dra alhoewel dit eers van Maandag af verpligtend gaan wees. Die tandarts praktyke en dokter spreekkamers pop ook nou orals op. Ewe skierlik is almal nou mediese kenners. Elke tweede bobbejaan is nou of n Dr. of een of ander hoogsgeleerde. Hy het te vertelle dat sy broer Ou Dok, hy is mos n Sangoma, n klomp mense aangestel het om vir hom muti te gaan oes daar in die wildtuin, vir die kinders se onthalwe beduie hy toe, dit is nou allerhande worteltjies, uitjies, sade, boombas en alles wat medisinale waarde het. Daarmee sê hy, gaan hy n "killing" maak met hierdie virus en sy medisyne. Ek hoop net dit was by wyse van spreke, sê Kaspaas. Maar jul ken vir "Ou Dok" hy is n man met planne.
Oom Kaspaas sê, ou Jors, as jy nou n interessante kontrepsie wil sien moet jy kom kyk na die tandartse se toerusting. Daar is stoele wat omtrent enige dier kan vat. Een bobbejaan klim op n bicycle wat hy moet trap, die dryf met allerhande wiele, pully's en fanbelde die bore en goed aan. Daar is n pompie wat water uit n kan in jou bek kan inspuit met n forse, n ander een suig weer spoeg en water uit. Een pomp kan weer net lug inblaas. Die stoel staan in die vol son. Langs die stoel staan so n driepoot gedoente met n spieël wat jy op alle angle's kan draai en swaai om met die spieël lig in hul se bekke in te skyn. Die doktertjies was ook slim, vir hul oulike en mooi stoelassistentjies aangestel. So nou en dan stap sy net voor die bycicle verby dan trap daai bobbejaan hom dat die pully's fluit. Dan kan die Dr. boor en te kere gaan.
Ja ou broer, hoe meer dae hoe meer dinge, sê Oom Kaspaas. Wag sê hy, ek sal moet gaan, die vrou roep, ons praat weer môre en lui af.
Vreugde en vrede vir julle.

Foto's geleen.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 02/06/2020 - 19:36

Dagsê vriende. 
         WILDTUIN NUUS (VERVOLG)
          VARS UIT KASPAAS SE BEK
  Ai, die Oom Kaspaas darem. Weet hy nou gisteraand te vertelle het dat hulle eerste dag van lock down, n deurmekaar spul was. Met die wat die kinders mos nou die heeldag in die veld is en nie by die skool nie, het hul nou omtrent die hele wildtuin hul speelgronde gemaak. Dit is net n gejol gewees. Van social distancing het daar nie veel gekom  met die kinders saam nie. Hy kon dit nie oor sy hart kry dat die bye hul moet uitmekaar gaan jaag nie, soos ek jul gister vertel het.
  Daar is ook maar groeipyne, maar hul werk daaraan. Hul kry ook goeie terugvoer van die diere oor die lock down.Wag sê hy,  laat ek die phonetjie op speaker sit dan praat jy hier met Kaptein Miskruier. Kaptein Miskruier vertel. 
  My titel het ek eintlik gekry by die myn, ek is eintlik n mynkaptein. Ek is n shaft sinker van beroep. Ek sink die skagte vir die miskruiers. Man sê hy, like die miskruiers nou hierdie reëlings van die maskertjies vir hulle. Dit pas hulle soos n handskoen. Hy kan nie dink dat hul dit nie al lankal gedoen het nie. Om nou mis aan te rol was nog nooit so lekker nie. Die reuke is nou nie meer so erg nie. Om so n myn te vestig vir n kolonie is harde werk. Daar moet skagte gesink word tot by verskillende levels. Daar is incline shafts wat weer na ander levels toe loop. Gange en bergkamers of store word uitgegrou. Daar is verskillende store vir verskillende soorte mis. Leeumis in een stoor, olifantmis in n ander stoor. Hy sê, een van die slegste om mee te werk is hiëna mis. Daai stoor het sy eie ventilasieskag om van die stank ontslae te raak. 
    So is daar ook n kamer ingerig wat hul die kraamsaal noem. Die wyfies lê hul eiers binne-in so n bol. Daar broei hul dan uit en die larwes leef dan van daai mis en word volwaardige volwasse kewers. Kaptein, sê ek, dankie dat jy dit nou so mooi vertel het. Ek het nooit geweet dat miskruiers so georganiseerd is nie.
   Ek vra, hoe kry julle dit reg om so in reverse weer by jul skagte uit te kom. Nee, sê hy, vir hulle is dit maklik, soos wat hul uitbeweeg opsoek na mis, plot hul hul omgewing, die son asook hul rigting, as hul terugkom speel hul dit in reverse, hul breine draai dit self om. Baie soos n GPS.
  Oom Kaspaas sê, wil jy nou meer. Nou weet ek wragties nie of ek alles kan glo nie. Of dink jy nou hy praat bollie Jors?
Sjoe oom Kaspaas, van die rigting hou het ek al gelees en dat hy iets van mining af weet is seker so. Van die aparte kamers weet ek nie so lekker nie. Maar dat hul mis ken kan ek nie misken nie.
Vreugde en vrede.
(Foto geleen vanaf google)

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 04/06/2020 - 13:19

WILDTUIN NUUS : KRUGER PONDE
VARS UIT KASPAAS SE BEK

Oom Kaspaas berig uit die wildtuin uit dat hul ekonomie met die inperking redelik goed op dreef is. Ons dinge werk anders as daar by julle, sê hy. Omdat hul basies almal selfonderhoudend was moes hul dus net noodsaaklike dienste in plek kry. Ons gebruik julle nog altyd om ons aan die gang te hou. Ons het lankal agtergekom dat jul eintlik n klomp ape is, sê hy. Hier in Jan van Riebeeck se tyd al. Toe ons agterkom dat julle ons bejammer en dat julle jul aan ons verkyk , (dit is nou alle diere) het ons die hele diereryk bymekaar geroep vir n konferensie. Nogal daar in Skukuza se wêreld. Dit is hoekom daar tot vandag toe nog baie wild is in daai omgewing. Daardie jare was daar nog nie eers n plek daar nie. Daar was net baie bome en n rivier, dit is maar al hoekom dit daar gehou is. Op die Konferensie is die sogenaamde "DD Stilswye Verdrag" onderteken en het almal opgehou praat. DD staan vir " Die Diereryk" verduidelik hy. Almal was dit eens dat hulle nie onder hierdie "Clan" wil val nie. Almal moet net dom speel en dat hierdie slim mense dan nou maar vir hulle moet sorg. Vir alle diere is daar op elkeen se afsonderlikke tale besluit. In 1898 het die staat dit al n beskermingsgebied gemaak. Op 31 Mei 1926 sê hy maak hul dit toe die eerste Nasionale park.
Ek vra, oom, hoe weet jy al hierdie dinge, sê hy, my oupa hulle het my alles vertel. 1926 was ek self daar. Die eerste drie ou karre met toeriste het ek met my eie twee oë gesien in 1926. Dit was ek wat hul piesangs van hul kamptafeltjie af gesteel het daar in die veld waar hul kamp opgeslaan het. Die res van die inligting moes ek maar google, sê hy. Hy was nie meer heeltemal seker van die datums nie. Van toe af sorg julle eintlik vir ons.
Met die wat die diere selfonderhoudend is was daar egter een ou wat regs getrek het, dit is oom Olifant Wildenboer. Hy het besluit om op n baie afgeleë plek met vrugte te begin boer. Met die wat hy gesien het baie diere breek uit die wildtuin uit, om in aangrensende boere se lande en boorde te kom het hy die "gap" in die mark raakgesien. Hy boer met suikerriet (nogal onder spilpunt), lemoene, piesangs die toetie. Hy besit ook die enigste dierebank in die wildtuin. Ek wou weet wat se betaalmiddel die diere het. Nou jul moet wragties nou nie gaan loop en uitpraat nie. Oom Kaspaas het my die dood voor die oë gesweer. Kruger-ponde fluister hy oor die foon, ja ou seun, nou weet jy ook waar is hulle almal. Die plek word nie verniet Die Kruger genoem nie. My oupa het op die goud afgekom jare gelede, met swak besteding was ons egter tipies bobbejaan, vinnig uit alles uit. Van ons familie werk in die boorde by oom Wildenboer en hy betaal tot vandag toe nog met Kruger ponde. Die hele plaas is omhein met elektriese heining om almal daar uit te hou. Oupa is nou al baie jare afgetree, inteendeel hy het afgetree toe hy die goud ontdek het. Van toe af het hy hom op familiebou toegespits. Nog steeds is dit net hy wat weet waar die goud is. Hy gaan haal net soos wat hy nodig kry, hy sê daar is baaaie. Hy is n skatryk man , die oupa van my. As jy hom sien sal jy dit nooit sê nie. Skatryk, sê ek jou, skatryk.

Vreugde en vrede vir julle.
(Paul Kruger foto vanaf google geleen)
Foto van Kaspaas se oupa deur homself verskaf.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 04/06/2020 - 13:19

WILDTUIN NUUS
VARS UIT KASPAAS SE BEK.

Die afgelope tyd vertel ek op my blog, Jors se Kampvuurstories vir julle wat in die wildtuin aangaan. Dit is nou maar net omdat ons nie in die wildtuin kan ingaan nie. Ek het vir oom Kaspaas gevra om elke dag net n verslaggie deur te gee. Hy is die President van sy diereryk daar.Met sy ministers hou hul die dinge daar aan die gang.
Hulle is nou ook in hierdie lock down. Met die wat hul nou al meer probleme kry met diere wat hul nie aan alles steur nie moet sy weermag en polisie van tyd tot tyd ingryp. Vervoer is nogal vir hul n probleem. Veral as hul vinnig by knelpunte moet uitkom. Hierdie week het hy dit aangespreek, sy Generaals ingeroep en hul opdrag gegee om n berede mag op die been te bring.
Met die Generaals weer terug in die veld, is n klomp bobbejaanlede gestuur om twee honderd Zebras te loop vang. Sommer dadelik is ou Breker, hy het die naam gekry in die trop omdat hy so bakleierig is, ewenwel hy is aangestel om die zebras in te breek. Hy is n ou wat n gegewe perd in die bek kan kyk. Sommer gou gou het hy n takkraal saamgefĺans en die zebras daar laat injaag. Soos n wafferse cowboy het hy dan die Zebras een een met n gooitou uitgevang en met n paar bobbejane hom daar in n ander ronde kraal ingesleep. Wat n gesig was dit nie as hul so in gelid aan die tou trek, en hierdie zebra met die tou om sy nek steek so viervoetig vas en weier om in daai kraal in te gaan nie. Dit is net stofwolke soos wat hul spook. Daarna het hul met twee rieme n teuel met n stok gemaak en die in die zebra se bek ingedruk en met nog n riem om sy kop vasgemaak.
Ou breker het dan die zebra bestyg en rats, net soos wat n bobbejaan kan wees, op die zebra se rug gespring. Nou kyk ,maklik is dit verseker nie. Die zebra skop met albei sy agterpote hoog in die lug in op met sy kop hier naby die grond. Zebras is bekend daarvoor, hierdie gestoei gaan dus ook met n hele paar poepe gepaard. Ou Breker laat hom nie afsit deur hul taai in die bekgeit nie. Hy breek hul een vir een in. Dan word die onervare ruiters elkeen n zebra gegee en word hul opgelei om hom te ry.
Oom Kaspaas sê dit was n paar dae toe het hy twee honderd zebras, elk met n ruiter. Hulle was n mag om mee rekening te hou. Hy het ook n blitspatrollie op die been laat bring. Vir hulle het hy twintig maer ligte, klein van postuur bobbejane opgelei as jocky's. Hul het elkeen n Cheeta gekry om hul dagtake te gaan uitvoer. Hul kon sonder om in verkeer vas te sit vinnig vinnig by n toneel uitkom.
Daar is ook n klompie Valke aangestel om alles met n skerp oog uit die lug dop te hou en sou hul probleme op die grond sien, die ouens op die grond so in te lig.
Oom Kaspaas reken sy dinge val nou mooi in plek.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 05/06/2020 - 09:27

Dagsê vriende. 
                     WILDTUIN NUUS
          VARS UIT KASPAAS SE BEK.
  Het hy nou gisteraand te vertelle dat hy een van die kleinkinders moes tandarts toe vat. Op Jors se Kampvuur Stories nou die dag vir jul vertel hoe lyk dit by n dieretandarts se spreekkamer. Gaan lees dit daar sodat jul mooi kan verstaan wat hier aant gebeure is. 
   Oom Kaspaas en sy ministers het nou elkeen n olifant gekry as vervoermiddel. Op sy rug is so n kleinerige paleisie met allerhande bling bling blinkgoedjies aan hom. Binne is  n rusbank, hy het selfs n seildakkie. n Slim bobbejaan het die drywerspos gekry. Hy is die "chauffeur". Met sy keps en wit handskoene en n stok stuur hy daai olifant net waar hy hom wil hê.
  Jors, vra hy, het jy al ooit op n olifant se rug aan die slaap geraak, dit is die lekkerste slaap wat jy kan kry. Julle moet kom kuier, ek stel my "chauffer" en olifant tot jul beskikking. Die staat sal betaal. Jy sal verbaas wees hoe sag beweeg n olifant deur die bos, jy kan baie naby al die ander diere kom.
   Waar was ek nou weer, o ja. Ons is toe daar weg tandarts toe. Almal met hul maskers op. Sê, nogal, ek wil graag sien hoe gaan die tandarts aan haar tande werk as sy n masker op het. Daar aangekom het hy ons  afgelaai en hy het die olifant daar naby gevat om te wei.
    Was dit n bedrywige spul daar by die tandarts. Sy is daar besig met n leeu. Ou broer, n leeu is al moeilik soos wat dit is, gee hom tandpyn, dan kyk jy hoe moeilik kan hy raak. Kort kort slaan die doktertjie hom met n knopkierie n bietjie katswink dat sy kan werk. Dan skree die stoelassistent vir Keesie om daai bicycle te trap wat al die bore en goete aandryf. 
     Ons is toe daar weg, die kind se tand moes toe getrek word. Die wisseltandjie is saam terug huis toe. Die doktertjie het nogal gesê sy kan sien dat sy gereeld tande borsel, haar tandjies is mooi. 
   Op pad terug sal jy nie glo hoe skerp veldmuise se reuksintuig is nie. Hulle het daai tandjie uitgeruik.Hulle tou agter ons aan in hul honderde. Die "chauffer"het sy hande vol gehad dat die olifant nie die muise doodtrap nie. By die huis gekom, sê ek vir die kind, kom ons laat hul bie op die tand. Het toe n baie goeie en suksesvolle veiling gehou. Hy is vir n volle   sikspens se goud verkoop. 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 06/06/2020 - 10:17

Dagsê vriende.
                       Oefenkoors. 
   Gedink ek wil jul vertel van iets wat gebeur het na "lock down level 5"
Almal het mos oefenkoors ontwikkel in hierdie grendeltyd. Die mense was heeltemal koorsig, ek dink dit is hoekom hul ouens se koors meet by die plekke voor jy mag ingaan.
   Toe oefeninge toegelaat word het al wat leef en beef begin oefen tussen ses en nege. Menigte van hulle kon jy sien se vetjies kom nie van vandag af nie. Daai lywe was eerder onderworpe aan n klompie jare van "oefenvrye" dikvreet vergrypinge.
   Die kinders se ou Universiteits T -hemde word uit hul kaste geleen. Skierlik is Pukke ,Vis en Reitzhuis hempies  in oorgroot menigte op straat aant oefen. Daai T-shirtjie trek soos n tweede vel oor die rolle, die onderste soom word met twee hande vasgegryp en met mening grondwaarts getrek om hom oor die boude te kry. Die woord PUKKE lyk nou te koddig met sulke lang letters. Die bopunt van die K begin net onderkant die nek en eindig by die V van die bene.
   Stap jy agter hulle is dit n gesig wat jy nie die heeltyd wil sien nie. Dit is asof jy die binnegevegte van twee Sumo stoeiers onder n doek dophou. Stap jy verby, moet jy mos die verkeer dophou want jy gaan mos nou van bane verwissel. As jy flikkerligte gehad het kon jy hul gebruik het. Om veilig te wees dink ek dit toe goed om veilig te speel, ek het nog my lisensie met hanseine gekry en ek wil verby gaan, so ek wys met my regterarm en versnel om veilig verby te gaan. Die fout wat ek gemaak het is om met my linkerarm te wys ek wil weer in die linkerbaan inkom. Toe ek langs haar kom kon ek eers net die PU van  PUKKE sien, toe ek die tweede K sien, ag ek dit sal veilig wees om nou na links oor te beweeg en wys met my linkerarm ek gaan links draai. Daai tannie ken ook nog haar handseine en het dadelik gesnap waarmee ek besig was. Hoe sy van omtrent 0 tot 15 kilometer per uur toe versnel het weet ek nie, ek het net gevoel my kop wyk skerp links uit terwyl my lyf nog reguit vorentoe beweeg het. Die volgende oomblik lê ek plat op die teer en dit voel of ek deur n stoomroller getrap word. Daai tannie het nou vir my dik gebliksem. Sy steur haar nie aan "social distancing " nie.
   Terug by die huis wil die vrou my nie glo as ek vir haar vertel ek het in n Stopteken vasgeloop nie. Weet julle hoe lyk twee potblou dikgeswelde oë bokant n maskertjie. Almal wil nou weet wat het gebeur, die stopteken storie het nie gewerk nie, nou sê ek maar net ek het gaan stap en was in n ongeluk.
   Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 08/06/2020 - 09:09

Dagsê vriende,
                       FACEBOOK.
   Wie sal  graag wil weet waar kom die naam vandaan? Blykbaar vanaf colleges en universiteite wat dit saamgestel het vir studente, in boekvorm, om mekaar beter te leer ken vroeër jare. Toe kom n slim ou, Mark Zuckerberg en sy pelle en ontwikkel dit verder vir selfone. Wat nogal kommerwekkend is, is die feit dat hy so maklik n deel van baie mense se lewens geword het. Tot in die binnekamers van mense se huise. By party tot binne in hul persoonlikhede en binne hul persoonlike ruimtes.
   Ja selfs soveel so dat hy persoonlikhede aangetas en verander het. Daar lê hy dan nou en krap aan jou nuuskierigheid en ons is mos nou eenmaal gebôre om nuuskierig te wees. Of liewer om te ontdek. 
   Baie gou het mense dan die waarde van FB raakgesien en besef hul kan dit tot voordeel van hulself of tot voordeel van besighede gebruik. 
   Daar word die storie vertel van n groot tandepasta vervaardiger wat n pos oop gehad het vir n ingenieur. n Jong mannetjie, pas afgestudeer doen aansoek met sy graad sonder enige ondervinding. Met sy onderhoud gee hy te kenne dat hy hul omset met 10% sal laat styg binne die eerste twee maande na sy aanstelling, hy is egter geheimsinnig en wil nie sê hoe hy dit gaan regkry nie. Die onderhoudvoerders hou egter van die manier hoe hy dink en stel hom aan. Binne twee maande is hul omset met 10% verhoog. Al wat hy gedoen het is om die tandepastabuisie se gaatjie 10% groter te maak. Jou buisie was dus vinniger leeg en jy het daai bietjie meer op jou borsel gesit sonder dat jy dit werklik agter gekom het.Dus moes jy vinniger weer aankoop.
   Hy het nou soos hul sê, buite die box gedink. Nou merk ek iets op FB en ek wonder. Elke tweede ou in die Vrystaat of dorp verkoop nou koffie van n baie bekende vervaardiger. Koffie wat nou net by hul Best Before Date verby is. Soos in n paar dae. Hul makeer niks, vra my, my vrou het ook van dit gekoop. Hierdie massas koffie kan tog sekerlik nie agv. die grendeltyd gewees het nie. Nou sê my kop vir my, as jy die huidige vervaardigingsproduk op die produksielyn backdate en hom reg bemark, gaan jy teen n afslagprys baie verkoop en nuwe kliënte van jou produk bewus maak deur n tipe van deur tot deur verkope en FB. n Maand verder stel jy die datum reg, die sogenaamde ou produk is uitverkoop. Jy het ingehaal op twee maande se swakker verkope en daar is nou meer kliënte wat jou koffie gaan soek. 
   Ek wonder maar net oor die een. Daar kan tog nie nou ewe skielik so baie ou koffie van een vervaardiger in die mark wees nie en dit omtrent in elke dorp. 
  Daar is slim ouens wat weet hoe om met ons koppe te smokkel. As die smokkelaars met drank en sigarette kon smokkel, kan hul seker met ons koppe en  koffie ook. Dit lyk vir my hierdie goed is n kop ding. Wie van julle sou dalk  almal in kopdoeke belang stel? Vra maar net.
  Nou gaan ek eers vir my en die vrou n koffietjie maak. 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 09/06/2020 - 14:12

Dagsê vriende,
                        FACEBOOK.
Gister vir jul op Jors se Kampvuurstories vertel waar kom FB vandaan en hoe mense afhanklik raak van hom. Ek het jul ook daar vertel van die tannie wat my teen die teer vas geklap het toe ek gaan stap het. Ek het mos met handsyne beduie ek wil by haar verby gaan. Sy was n bietjie rond en vetterig. 
   Ek moet nou eers verskoning vra dat my storie vanoggend laat is. Jul sal my nie glo nie, ek het weer met my stappery agter daai tannie beland. Ek het maar vir my eie veiligheid net agter haar gebly. Dit is hoekom ek laat is. Sy stap nie vinnig nie.
Kyk die ouens kan nou vir jou lekker  "stir" op FB. Behoort maar net aan n groep of twee dan sien jy hoe vinnig die manne n fight pick. Interessant dat dit die meeste van die kere deur dieselfde persone begin word. As hul nie in n reaksie op iemand se plasing n snedige opmerking maak nie plaas hul iets wat hulle voor hul siele weet gaan reaksie uitlok. Dan dryf hul die gesprek trompop in n fight in.
    Nog n ding wat my pla is die vals nuus wat mense versprei.Veral nou oor hierdie tyd. Jy weet nie wat om te glo nie. Ek meen nou, die ding oor bottelstore wat weer gaan toemaak. Ek het nou gister n hele werksdag verloor soos wat ek bakkievragte drank aanry. Ek grap sommer hoor. Maar dit is wat die ouens doen. Nog n ding omtrent hierdie nuus is mense wat goed uit die argiewe gaan uitgrou en dit dan plaas, nogal met foto's as sogenaamde vars nuus. Nee wat, n mens is n stupid ding. 
     Nou die dag vertel n vriend my van die groep wat gevra het mense moet vir so en so bid wat krities in ICU lê. Hy en sy gesin het dit so dan op hul gebedslys geplaas. Twee weke daarna het hy gehoor die persoon is oorlede, niemand het hom ingelig nie. Intussen het hul onwetend elke dag vir die persoon se herstel gebid. Hy was kwaai ontsteld daaroor.
  Nee, n ou kan nie alles glo wat jy hier lees nie. Selfs my eie stories moet jul maar partykeer met n knippie sout vat.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 10/06/2020 - 08:26

Dagsê vriende,
                              Winter.
Wat n ding om oor te skryf. Word jy op n koue wintersoggend wakker is daar n paar goed aant gebeure. In die eerste plek moet jy eers jou brein ontdooi kry om aan die dink te kan kom. Dit kan nogal n rukkie vat. Dan begin jou brein met jou liggaam stoei. Die brein sê, staan op, die liggaam weier. Naderhand kom die twee darem tot n soort van n ooreenkoms. Nog net tien minute lê sê die liggaam en die brein stem halfhartig maar tog teësinnig in. Verstryk die tien minute, dan word daar weereens onderhandel. Nou besef die liggaam hy kan darem nie sy luck push nie en hul besluit op nog n "net vyf minute" onder die komberse.
  Na daai vyf minute verby is, is dit asof daar n brand uitbreek in daai bed. Ewe skielik brand hy jou en moet jy net daar uitkom. Daar word opgevlieg. Elke tweede sin wat jy nou of hoor of self uiter is "ek/ons gaan laat wees."
   Nou gebeur daar baie dinge gelyk. Die dooie lyf van netnou is weg. Die ledemate  probeer nou alles gelyk doen. Die brein stuur nou instruksies vir hulle, soveel so dat hulle twee en drie dinge gelyk wil en moet doen. Dit is nou net daar waar dinge verkeerd kan loop. Daai twee verskillende sokkies, agterstevoor sweetpakbroek, met pantoffels in die motor klim ,dit is die dinge wat nou maklik kan gebeur. Nou moet jy kop hou met almal se sê en vragoed in die gesin. Die kinders soek, die ma soek en die pa soek. Nou hoor jy "  waar is my taak, ons gaan laat wees". In die kombuis klink dit of daar vir elke lid van die gesin n chef besig is om kos voor te berei. Een vrou kan onmoontlik nie soveel geraas opskop nie.
  Almal roep en praat hard, nie juis geprekke nie. Klink meer soos afslaers wat iets opveil. 
   En skielik besef ek, die kinders is al groot, het nou al hul eie kinders. Ek kan maar nog n bietjie lê. 
Ek is nou in die winter van my eie lewe. En tog mis ek dit.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 12/06/2020 - 08:40

Dagsê vriende,
                    WILDTUIN NUUS
         Soos verskaf deur Wille Willem.
 Die diere het nou al glad n koerantjie of, soos hulle in die Laeveld noem, Die Laeveld Skinderaar. Hy word op goedkoop toilet papier gedruk. Daar kan jy nou alle gebeure en geskinder lees. Vertel Karolis, dis nog n familielid van Kaspaas, van sy skoonseun wat nou glo n Garage oopmaak in die Kruger, hy noem hom " Boggom Motors". Hy sê, man jy kan alle karre daar koop van n Stoots Mobiel tot die nuutste Farrari’s. Ek sê, jy bedoel seker nou n Oldmobile, nee seg die man dis n stoots mobiel, die kar het geen enjin, jy moet hom stoot. Amper soos n kaskar. Ek sê ja, ek het ook jare terug so n kar gehad, maar hy het n enjin gehad wat nie altyd so lekker wou werk nie, dan moes my meisie hom stoot. Sy was nie lank my meisie nie. Ek het hom verkoop, met hom sou ek nooit n vrou kry nie.
    In elk geval, een jaar is daar n klomp arabiere wat deur die wildtuin kom toer met hul kamele. Kees, dis nou die Garage eienaar van Boggom Motors het glo n kar ingeruil van n Arabier so geel/bruin Kameel. Loop hy en vertel die kar is so lig op petrol, kan die hele woestyn oorkruis sonder om sy lippe aan n petrol pomp te sit. Het glo lugreëling en so simpel kar radiotjie  “ Rally “, onthou julle daai draadlose, die goed kan net n radio stasie opvang 500 meter van jou huis af nogal Radio Skoonveld. Ohh en die “cubby hole “ is stukkend. Ou Kees se die Arabier koop toe n bosveld Farrari maar die ding start met n slinger en Kees gee die verkeerde slinger en toe daai Arabier die slinger draai slaat hy sy kneukels velaf op die grond. Kees sê, hy kon sweer daai Arabier het Grieks gepraat vir n rukkie en toe weer oorgeslaan na sy babbel taal .
    Ander nuus, die slim Dokter Vuma het die probleem met die maskers vir Krokodille opgelos, hulle loop nou almal met slaapsakke as maskers, net gate aan die kante gemaak vir hul pote. Die olifante het gekla oor die twee kurkproppe in hul neusgate, hul bekke het glo droog geword van die asemhaal deur hulle. Hul slurpe is ook nou in slaapsakke. Glo nie baie ingenome met die nuwe uitvindsel maar Vuma sit voet voor stok, dis die maskers of dis  “Off to China “ vir julle. Hulle soek jul ivoor daar. Sy is amper net so streng soos ons eie Kopdoek. Het julle geweet Olifante is bang vir muise?  Ou Olifant bly oornag in die skuiling daar by Skukuza en sien n muis. Hy bel die reception, maar hy kan om die dood nie muis sê nie en vra vir Roelf Ratel wat aan diens is, ken jy vir Tom en Jerry, die cartoon ? Nee, jammer sê Roelf ons het nie n Tom hier nie maar kan ek vir Leon Leeu vra om te kom help. Olifant smyt die foon neer in Roelf se oor en besluit hy gaan op Space Book die Hotel n  slegte resensie gee .
   Nuus wat nou net ingekom het .Spikkel skilpad se winkel is beroof deur twee gemaskerde Slakke.Toe die polisie ampenaar Spikkel vra wat gebeur het was Spikkel se antwoord, ek weet nie, dit het te vinnig gebeur. Maar as jul vinnig maak sal jul hul nog kan vang. Hy beduie daar in n rigting in en sê, hulle is in n slakkepas daai kant toe. Nodeloos om te sê, hulle is toe nie gevang nie.  “Bele“ die polisie minister het gesê dat kriminele nou meer aktief is omdat daar so min mense in die Park is. Gister het n trop Olifante n vragmotor geskaak  wat op pad Letaba to was met n besending kamme. Die polisie fynkam glo die area, maar dit het nog niks opgelewer nie. Daar was ook n nare geval waar Visarende die Aasvoëls se nes uitgebrand het en “Bele “ sê hy weet wie die skuldiges is, hy is nie onder n Kalkoen uitgebroei nie. Maar ook hulle is nog soek en so vry soos n voël.
    Groete daar aan die mense, kan nie wag om julle weer te sien nie, sê Vollie Volstruis van die  nuus redaksie.
Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus