Ek vra by voorbaat om verskoning dat hierdie onderwerp nie kamp-verband is nie, maar ek is só beïndruk dat ek dit wil verkondig en dit verdien om verkondig te word.
Om 17:15 vandag (Saterdag) skakel ek die Stad Kaapstad om 'n waterlek op die sypaadjie voor ons huis te rapporteer. Ek kry 'n keuse om op Afrikaans, Engels of Khoza bedien te word en die konsultant vra of ek my munisipale rekeningnommer byderhand het. Ek verskaf dit en word onmiddelik op my naam genoem en ek hoef geen verdere besonderhede te verstrek nie - alles voor hom op sy skerm - waarmee kan ek help ? Ek verduidelik die nie-ernstige waterlek en 30 minute later om 17:45 hou die munisipaliteit se vragmotor voor my huis stil ! Die twee werkers bestudeer die probleem en omdat dit nie 'n groot, ernstige lek is nie, vra hulle toestemming om môre (Sondag) die nodige herstelwerk te kom doen. Ek stem in want dit is toe al donker en die lekplek is nie 'n ernstige lek nie. Die nou diens !
Ek is altyd verstom hoe ons vullisverwydering gedoen word, selfs op Kers- en Nuwejaarsdag ! Ons kry twee weke gelede 'n boodskap dat Covid-19 die vulliswerkmag lamgelê het en dat verwydering met twee dae vertraag sal word. Toe daag 'n privaat-vullis verwydering trok en personeel op wat op bystand was om die vullis te verwyder. Dis mos nou wat ek noem vooruit beplanning !
Met die onlangse Eskom beurtkrag van Fase 2, kry ons 'n boodskap dat Stad Kaapstad reserwekrag opwek by 'n hidrokragopwekker by Steenbrasdam en inwoners sal net Fase 1 beurtkrag moet hanteer. Iemand beplan en doen iets reg !
Ek is nie naïef nie, alles loop nie altyd so vlot nie, maar waar erkenning verdien word, moet dit uitbasuin word.
Len, ek het op news24 gesien…
Len, ek het op news24 gesien dat Kaapstad voorbereid is, en dat daar minder ernstige krag onderbrekings behoort te wees. Tien uit tien vir die stadsraad, en beplanners.
Moet erken, al is Sasolburg onder anc beheer, is meeste diens lewering hier redelik aanvaarbaar, veral noodsaaklikhede soos water en vullis verwydering. Ongelukkig het ons ook klagtes, maar, dit is die algemene pad instandhouding, straat ligte, die wat werk, brand 24/7, ens.
En ek stem saam, mens kla baie vinnig, maar komplimente is skaars.
Brits komplimente ???
Môre almal
Dit moet fantasties wees om sulke diens te kry. Ek beny julle wat in DA land bly.
Ter plaatse val alles inmekaar. Ten minste word ons 'n keuse gegee as mens iets aanmeld, wil julle ligte, water, of geteerde strate sonder gate hê!!! Dan verskaf hulle sommer die antwoord ook vir jou--- hou op kla, ons het julle geld gemors en ook by VBS belê.
Groete
Daspoort ...
Hier af in die straat is daar 'n waterlek wat nou al vir weke in die pad af loop. Vra op die Nood WhatsApp groep of dit al gerapporteer was "Ja" is die antwoord, ek gaan in op die Web en gerapporteer dit ook daar. Dit is nou al weke en nog geen iets is daaraan gedoen nie ?
En ons word aangehits om water te bespaar, ek maak niks nat nie maar die water loop in die pad af
.
Kan nie die selfde
Ek weer kan nie die selfde se hier in petrol dorp nie ons service delivery van municipality een woord pateties vir drie weke geen vullis verwydering gedoen nie ons blok tot 4 dae en nagte sonder krag gesit as jy vrae wat aangaan se hulle vir jou we are busy with investigation





Len...
.... ek is ook baie dankbaar om 'n inwoner in die Overstrand Munisipaliteit (lees: Groter Hermanus-gebied) te wees. Ons ontvang puik diens in alle opsigte. Ons wyk-raadslid gaan uit sy pad uit om ons inwoners van Kleinmond tot diens te wees. Sonder om politiek by die gesprek te betrek kan ons ons ou skoene agterna gooi vir ons DA-beheerde stadsraad.
Selfs ons plaaslike polisie verdien net pluimpies.