6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 minutes ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -5 hours ago

Robben eiland

Submitted by Frikadel on
Forums

More oggend baie vroeg vat ek en die Tannie die pad in die rigting van Plettenbergbaai en dit nogals met die platkar, geen scooter waarmee jy draad kan spring of n Hilux vir ompaaie nie, so padblokades en my minlike smile moet maar die ding doen.

As ek volgende week stillerig is, stuur tog n pakkie Springbok biltong vir my en n potjie Ingrams hakke en elmboog room vir die Tannie want ek hoor as Kopdoek jou vang word jy summier daarheen verban met geen keuse van n boete nie!

Pretoria

Slowstrike

Wed, 29/07/2020 - 19:54

Bly julle is veilig daar.

`n Onlangs afgetrede kollega was twee weke terug in Ramsgate vir 10 dae Soontoe en terug sonder enige permitte.

Was een keer gestop en sy het hulle sommer uitgekaas en vertel sy is `n pensionaris en is oppad huis toe. Kyk ek ken haar as `n moerige tannie as sy op haar man skreeu om op te hou raas luister tot die buurman en loop slaap

Geniet jou vrylating uit Gauteng 

Centurion

Voortrekker

Sat, 01/08/2020 - 08:22

Ek was een keer so 30 jaar gelede op Robben Eiland vir 'n naweek.  Dit was saam met ons Voortrekker groep en ons het in 'n gebou gebly wat langs 'n "bunker" en kanon was.  Die bunker was 'n hoogtepunt want dit is so 3 verdiepings onder die grond met 'n paar skagte en gangetjies.  Van daardie kanonne is darem baie groot - onder die grond is 'n paar verdiepings of vlakke waar ammunisie gestoor en gelaai was.

r

Ek en die Tannie het vandag teruggekeer van Plett af met geldige permitte van die eiendomsagente wat ook bekragtig is deur die SAP.

As die kinders saam was sou daar groot moelikheid gewees het.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus