Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse kobras Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -7 hours ago

Tuiniers

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse mense,

Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.

Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.

Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.Kweekhuis

Winter gepeuter 

Kweekhuisie

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 08/04/2020 - 08:26

Frik

Jy kan ook beet wortels en ertjies nou plant. Ek gaan rank en stoel ertjies insit. Ek dink ook ons gaan `n lang en koue winter hê.

 

Groetnis

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 08/04/2020 - 11:38

Hier langs die berg raak dit te koud en nog winderig daarby vir buite plant, so kan nie saam gesels nie. Gister die suikerboontjies getrek, plant gewoontlik waar die uie was so klompie vir 2de oes. Boontjiesop n groot winter gunsteling. Het so klompie Lappiesboontjies, heirloom kultivar,ook ñ droeë boon, maar Von nie so erg oor hulle nie.

Tuin gaan net sodra ek manne het kompos inwerk, rotavate en hawer saai. Hawer is goed vir nematodes beheer, vir die wat dalk wonder hoekom. Begin lente word dit ingewerk vir groen bemesting.

Tamatie steggies kry mooi wortels, die gaan in emmers kom, binne kweekhuisie vir winter. Die staan nou al lank leeg, het probeer ontsmet, Rooi spinnekoppies het die oorhand gekry, en organiese beheer, Neam oil, wou nie meer nie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 09/08/2020 - 18:18

Die tamatie steggies van 4 maande gelede begin nou vrugte gee. Die "heirloom" brandywine verkleur. So paar Star 2000 groenbone, Komkommer is nie lus vir die lewe nie, het darem so paar gepluk, slaaiemmer weer goed gewerk. En n emmer Mangetout, pers en groen.

Tamaties

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 09/08/2020 - 18:28

Ai Herman, dit lyk sommer lekker en skougehalte netjies ! Ek is ongelukkig nie 'n groente-tuinier nie, net 'n klompie plante en blommetjies hier op ons kompleks-erfie. Verder "boer" ek maar by Food Lovers Market vir die nodige !

Maar, mooi is mooi !

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Sun, 09/08/2020 - 19:23

Sal wat wil gee om `n tonnel op te sot.

My winter tuin was was ietwat van `n misoes. Lyk my ek het my slag verloor of ek doen iets verkeerd

Ertjies het daar 3 plante opgekom geen oes.

Wortels groei geil so daar sal iets van kom

Beet so kol kol opgekom maar `n skaduwee van ander jare

Radyse dit was nou `n sukses maar nou ja jy kan net soveel gebruik en ek kan baie weggee

Kool die is darm nog so effe aan die gang....

Het 2k/m mushroom kompos laat aflewer en gaan dit inwerk.

Sal maar kyk hoe dit gaan anders gaan die grasperk groter word

Groetnis

0

Groei daai tamaties so mooi in n pot? Daai boom pies lyk Baie gesond. Ek maar n chillie planter. Ek en vroulief hou van ons chutney. Ek het laas jaar Chinese cabbage geplant en moet se dit het mooi gedra. Dit nogals nie n slegte Kool vir eet.
0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/08/2020 - 11:22

Len, dankie, ek het bietjie van n obsessie met n deurmekaarspul. Hier het eendag n man my werksaamhede en werksplek bekyk toe raak hy kwyt " I do detect a bit of OCD here" . So Slowstrike, dit is nie net jy wat n pyn in die gat is nie.

Johanpe, ja die tamaties, en als in die kweekhuisie word in 20l verfblikke geplant. Ek doen moeite met die plantgrond. Die houers hang aan toue so ent bo die grond. Op die manier kom miere nie by die plante uit nie, hulle kom vestig luise, en karring in die grond om die wortels. Daar hang n Jalapeño in n 5l blik, onderstebo geplant en al 3 jaar oud, raak nou so effe van n Bonzai.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/08/2020 - 11:58

... jy maak melding van tamatie-steggies. Dit is vir my 'n vreemde konsep aangesien ek maar bekend is met tamatie-saailinge. Maar ek is ook nie bekend met tamaties wat in tonnels verbou word nie en aanvaar dit is geheel en al ander variëteite as die oopgrond-variëteite.

Vertel 'n bietjie meer van die steggie-prosedure. Is dit 'n groeipunt wat afgeknip word? Doop jy dit eers in 'n hormoon (soos indol-bottersuur) om wortelgroei te stimuleer? Waarin wortel jy die steggies alvorens jy dit plant in 'n houer? Gebruik jy 'n tuisgemaakte groeimedium of koop jy 'n spesifieke medium?

Ek sal nogal graag my hand aan so-iets (op klein-skaal) wil waag.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 10/08/2020 - 12:02

Herman (en andere), ek dink daardie verhittingstelsel van jou verrig wondere!!!

Ek het NIKS wintergroente soos etjies ens die jaar geplant in my hok nie, en net bietjie spinasie, slaai, koljander (die blaartjies vir Linda!!) wortels gehad, wt basies deurgeloop het van die somerseisoen.

Die slaai is van die kartelblaar pers, groen ens., en dis van somer se plante wat saadgeskiet het, se opslagplantjies, en dit werk baie goed vir my.

Ek is besig om my sproeiersisteem te verander in my planthok, maar vorder stadig. Die winter was effe sterk hier, en die koudste in 10 of meer jare.

Ek het ook so ongeveer 450kg sampioenkompos angeskaf, en is besig om plantbakke te kry vir nuwe aanplantings. Het darem al weer wortels gesaai, en beplan in hierdie week Poolse boontjies asook Poolse komkommers in grond te kry, alhoewel die grond nog kous is, behoort dit op te kom want oorspronlik is Pole maar effe kouer streek.

My een probleem wat ek nou ervaar is dat die kareeboom te GROOT geword het, en te veel skadu gooi op tuin. Gelukkig het die boom 2 stamme en ek sal net een helfte laat afsaag. Ek sien nie kans om die werk self te doen nie, die stam is omtrent 45cm in deursnit en boonte se takke is op die stadium amper 10meter hoog!!

Nou-ja, as ek nie noi tuin toe gaan nie, word daar NIKS vandag gedoen nie!!

Groete al met die tuinpaadjie af!!

Frans

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/08/2020 - 12:39

Chris, die steggies maak ek van die uitloopsel wat hier vanaf die okselknop groei. Kies die wat wil wegspring en groei, nie die wat dadelik blommetjies het nie. By tamatie verbouers word die groeipunte normaalweg afgeknip sodat die plant nie te bosserig raak en te veel groeikrag daar mors nie. My tamaties is nie tonnel varieteite nie, inteendeel, meestal historiese kultivars. Hier is een wat homself gekweek het, vruggies so groot en lyk soos Olywe. Dra trosse wat letterlik somtyds n honderd op het. Die moet ek met steggies plant want hulle word bestuif van plante in die omgewing so die saad sal verbaster wees.

Die steggie knip ek af sodra dit sowat 100mm gegroei het, knip die onderste twee blare af en sit eenvoudig in n botteltjie met so 2cm water. Die moet op n warm plekkie gehou word. Ek het so klein broeikassie gebou wat die temperatuur mooi konstant op 20 grade hou. Die worteltjies is na n paar dae sigbaar, ek los dit so, ruil net water gereeld, totdat dit n redelike bos wortels gemaak het, jy sal sommer sien dit is reg vir uitplant. Die plante word dan direk in die 20l houers verplant, vir binne kweek huisie. As dit nog te koud is vir direk buite plant, sal ek dit in sakkies uiplant.

Die plantmengsel word gemaak van kokosneut hare, mens koop dit in so saamgeperste blok, riviersand, kompos, en leemgrond waarin ek so bietjie fosfaat en hierdie fancy controlled release kunsmis sit. Kry dit by skoonseun, hulle gooi dit vir die Pekaneut bome.

Frans, goed om van jou te hoor !!! Gesels later, my finger nou moeg getik.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 10/08/2020 - 14:24

Als reg Chris, hoop jou steggies groei !!

Frans, jy is darem skaars hoor. Jy moet vertel van die Poolse komkommers en bone, kyk of gaan dit hier groei. Ek glo nogals daaraan om self saad te oes, in my leke opinie glo ek dat daar dalkies tog n klimatisering plaasvind, en die in die plant se gene oorgedra word. Van die saad kom ek agter raak effe "primitief" bv van my wortels het n harder en minder smaakvol wortel geword. 

Probleem hier met die bome is hulle wortels wat die tuin oorvat. Jaarliks moet ek die afkap wat kom indring, hier is groei treurig, of amper gladnie met boomwortels naby.

Wou jou nog vertel. Ek het n rally tent laat maak van die een by jou gekry, met 2 kante wat met ritse vasheg. Al n hele ruk gelede, maar moet nog die pale laat maak. Sodra ons eendag n lekker lang trip doen, dan gaan dit gebeur. Weereens dankie.

So ruk gelede het iemand hier genoem van jaartboontjies, wonder wie was dit, sal graag van die saad wil probeer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/08/2020 - 15:29

Hemel, julle manne is darem nou regtig verveeld om tot sulke uiterstes te gaan !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/08/2020 - 16:29

... die Brackenfeller bedoel met sy laaste insetsel? Alhoewel ek nog nooit geboer het nie, staan ek nog altyd "boots & all" in die landbou en die moontlikheid van 'n  ou klein plastiektonneltjie in my erf het my nog altyd gefassineer.

My ma se broer het só 'n kweekhuis in die Strand gehad. Ek is baie gebel oor plaagbeheer-probleme, want die mikro-klimaat in só 'n tonnel is nie net bevorderlik vir die betrokke plante se groei nie, maar ook vir swamsiektes en sekere insekplae (veral rooispinnekop).

Nou wonder ek of Neef en Frans ook sulke probleme ervaar.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 10/08/2020 - 16:59

Chris, ek het in die amper 3 vol seisoene met my toegemaakte kraaltjie waar ek plant, basies geen probleme met siekte of plae nie.  As jy op hierdie draad teruggaan na bladsy 2/3 sal jy my gedoente sien. Herman se kweekhuis is "beter gehalte"!!!! My grootste probleem is om bye binne die hok te kry - ek probeer hulle nou maar lok met klomp roosmarynsteggies wat in plastiek houer geplant is, en nou wortels gemaak het en begin blom.Ek sal DV vanjaar my pampoene goete eerder in ander deel plant waar ek in die grond self plant, maar net die spulletjie met voëlnet toegespan het. Die muisvoëls doen baie skade hier aan my se groente!!!, seker omdat dit so lekker lyk!!

Herman, die Poolse komkommer en boontjies is van saadjies wat van kennisse afkom wat gereeld Poland toe gaan . Hulle is vandaar afkomstig. Ek het gevind die komkommers floreer eerder na Maartmaand wanneer dit koeler hier word. Ek is nou al by my 5de of sesde pakkie self ge-oesde saad van die boontjies - hy begin as groen, en kleur later geel. Ek het fotos op bladsy 2/3/4 êrens van hulle.

Ek het die jaartboontjies vir afgelope 12 jaar, seker al. Jammer jy is so vêr, anders kon ons plan maak. Anders moet ek maar probeer pos? Ek het baie lank terug vir WilleWillemien (Willie) wat in Jaansburg bly, klompie jare terug saad so gepos. Weet nie of dit deesdae daar sal uitkom nie!!!

Ek is wragtag bly daai tent kon tot iets kom!!!, en hoop jy sal dit ook nuttig kan gebruik.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 10/08/2020 - 17:54

Sielkundige probleme :  

Johanpe, voor ek gaan visvang of groente plant, moet ek nog eers by hierdie geestestoestand uitkom  -  ek is nog nie daar nie, maar my vrou verskil !

Ek lê maar eerder onder my karavaan en maak of ek besig is en kan dan rustig 'n uiltjie knip.  Andersins hou ek my besig om water van my een tenk na die ander te pomp of ek hou graag die KreepyCrawly in die swembad se hand vas.  As dit vervelig raak, skoffel ek 'n bietjie in die twee blombeddings  -  dis die naaste wat ek aan tuinmaak kom.

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 12/08/2020 - 16:46

Herman, ek trek net die draad weer nader terwille van my antwoord op die jaartboontjies.

Frans

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus